S­WA­KOP­MUND & WAL­VIS­BAAI RESTAURANTGIDS:

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS SOPHIA VAN TAAK FO­TO’S SAM R­EIN­DERS

Van eis­bein tot room­ys: Hier is 21 van dié t­wee kus­dor­pe se beste eet­plek­ke

‘Be­spreek ’n ta­fel voor teen die ven­ster by S­wa­kop­mund se Jet­ty 1905 en kom sit en kyk hoe die dag s­poed ver­loor. Laat­mid­dag kom ’n paar lig­te vlieg­tuie ge­woon­lik vir uit­sig­vlug­te ver­by en dren­tel toe­ris­te hand-aan-hand kaai­langs. B­ring jou ka­me­ra, dis een van Na­mi­bië se mooi­ste uit­sig­te.’ – bl. 54

S­wa­kop­mund en Wal­vis­baai is be­kend vir lang stran­de, boot­vaar­te, Duit­se ar­gi­tek­tuur... en lek­ker kos. Ons het by die beste eet­plek­ke gaan aan­sit.

Om in S­wa­kop­mund te kui­er en nie die Duit­sers se kook­kuns te ge­niet nie, is soos om E­gip­te te be­soek en an­der­pad te kyk wan­neer jy ver­by die pi­ra­mi­des ry. Hier’s die top­drie- Duit­se eet­plek­ke.

S­wa­kop­mund Brauhaus

Wan­neer ’n mens by die Brauhaus in­stap, wil jy som­mer los­trek en die Suid­wes­ter­lied uit vol­le bors sing. Dis ’n ti­pies Duit­se kui­er­plek wat al ja­re aan­kom en selfs ná ’n brand in 2010 gou weer sy ge­sel­li­ge glo­rie her­win het. Dis is ’n on­op­ge­smuk­te re­stau­rant waar jy vir mid­dag- of aand­e­te, of som­mer net vir ’n tap­bier (so­wat R40-50), kan aan­klop.

Op die spys­kaart is Duit­se dis­se soos kas­sler­tjops, rooi­kool, ert­jie­sop met ge­rook­te wor­sies, ka­pok­aar­tap­pels, schnit­zel, bock­wurst, brat­wurst...

En al­les lyk wa­ter­tand: Die wilds­vleisste­ak (R135), die pan­ge­braai­de ko­ning­klip met pie­ter­sie­lie-aar­tap­pel­tjies, slaai met ’n suur­le­moen-en-bot­ter­sous (R125) of ’n sap­pi­ge fi­let met sp­ät­z­le (ei­er­noe­dels) en ’n béar­nai­se­sous (R155). En los tog ’n gaat­jie vir die ap­fel­stru­del met vla (R50) – ek glo vas daar’s ’n Duit­se ou­ma­tjie in die kom­buis wat dit bak.

Ek’t t­wee keer te­rug­ge­gaan Brauhaus toe vir die Ste­ak Ma­da­me (R105) – ’n k­lein fi­lets­te­ak met rös­ti (aar­tap­pel­koe­kies) en ge­stoom­de as­per­sies wat blink van die bot­ter! Dít, saam met ’n Er­din­ger-weiss­bier (R42) of ’n glas goue Ca­melt­horn-tap­bier... ’n Mens snap dan die Brauhaus se leu­se: “Hop­fen und Malz, Gott er­halt’s!” – mag die Va­der hop en mout be­waar!

Die Brauhaus is ge­wild on­der toe­ris­te so­wel as S­wa­kop­mun­ders; be­spreek voor­af. Waar? In die Ar­ka­de, Sam Nu­jo­ma­laan, S­wa­kop GPS S22.67789 E14.52568 Oop 10 vm.-2.30 nm. en 5 nm.-9.30 nm. Ge­sluit op ’n Son­dag. Kon­tak 00 264 64 402 214;

swa­kop­mund­brau­haus.com

K­ücki’s Pub

Moe­nie dat “Pub” jou mis­lei nie. Hier’s wel ’n kroeg (t­wee, eint­lik), maar K­ücki’s is al se­dert 1981 be­kend vir sy geu­ri­ge aand­e­tes en die gees­drif waar­mee men­se hier kom aan­sit.

Die oor­spronk­li­ke ei­e­naar, K­ücki ( Wolf­gang) Ku­hhirt, het al ja­re ge­le­de S­wa­kop­mund vir sy an­der bly­plek, die Ros­tock Ritz De­sert Lod­ge (langs die C14 na So­li­tai­re) ver­ruil. Maar dank­sy ’n stuk J400 Ja­bi­ru­vlieg­tuig­wrak wat bin­ne-in die re­stau­rant teen ’n muur “bots’’, sal K­ücki nie som­mer ver­geet word nie.

K­ücki het een og­gend in Fe­bru­a­rie 2009 ty­dens ’n er­ge don­der­storm in Wind­hoek op­ge­styg, net om kort daar­na op die gholf­baan neer te stort. Hy kan nie veel daar­van ont­hou nie en dit het lank ge­vat om van sy be­se­rings te her­stel, maar dees­dae vlieg hy weer. (Ons het vir K­ücki ’n paar dae la­ter by Ros­tock Ritz raak­ge­loop. “Ja,” het hy droog op­ge­merk, “ek wou nog al­tyd ’n ho­le in one ge­had het.”)

Die Duit­sers hou van vleis en die por­sies hier is mené­re. Hoe lyk dit met ’n 500 g-knof­felste­ak vir R148? Nog nie ver­sa­dig nie? Be­stel dan die 1 kg-weer­ga­we (R270) en sê koe­baai meraai vir hon­ger­te.

Hier is sap­pi­ge schnit­zels (va­n­af R94) en ste­aks (pe­per, T-been, spring­bok, gems­bok...) en ge­roos­ter­de vark met rooi­kool (R113), en vark­rib­be­tjies (R112). Maar vir ’n kul­tuur­gier soos min is die eis­bein met sau­er­kraut (R117) die reg­te keu­se. ’n Mens skrik jou boeg­lam wan­neer die kel­ner die bord voor jou neer­sit – daai vark­sken­kel is so groot, jy moet op­staan om hom ge­sny te kry.

En jy hét mos ge­kom om iets an­ders te er­vaar, ver­geet dus van aar­tap­pel­sky­fies of rys en be­stel eer­der sp­ät­z­le, rös­ti of brat­kar­tof­feln. Laas­ge­noem­de is die beste braai-aar­tap­pels wat jy ooit sal te­ë­kom!

Af­ge­sien van die Duit­se ge­reg­te dis K­ücki’s ook lek­ker see­kos op: be­stel ses vars oes­ters (R79) of die ge­rook­te salm met pe­per­wor­tel en roos­ter­brood as ’n voor­ge­reg (R69). Die swaard­vis met suur­le­moen­bot­ter (R118), tu­nas­te­ak met ge­roos­ter­de groen­te (R102) en pan­ge­braai­de ka­bel­jou (R106) het my mond laat wa­ter, en as jy iet­sie van al­les wil proe, be­stel die see­kos­bord (R287) met steur­gar­na­le, oes­ters, mos­sels, ca­la­ma­ri, kreef én ’n por­sie vis, of bou­il­la­bais­se met vars skulp­vis (R263). Ver­wag báie knof­fel!

’n Por­sie vars S­wa­kop­mund­se as­per­sies (R84) vir die ta­fel, voor­ge­sit met pie­ter­sie­lie-aar­tap­pels, is al­tyd ’n uit­ste­ken­de i­dee. K­ücki’s het ’n goeie wyn­lys, met be­ken­de Bo­land­se kel­ders. Waar? To­bi­as Hai­ny­e­kostraat 22, S­wa­kop GPS S22.67988 E14.52538 Oop Daag­liks 5 nm.-9.30 nm. (Dan sluit die kom­buis, maar die kroeg is nog oop.) Kon­tak 00 264 64 402 407; kuckis­pub.com

‘Hier speel geen ag­ter­grond­mu­siek nie,‘so­dat die men­se kan ge­sels’, ver­dui­de­lik die ei­e­naar van Wil­li Prob­st­bak­ke­ry.’

Wil­li Probst-bak­ke­ry­en-ka­fee

Die Wil­li Probst-bak­ke­ry is deel van heel­wat Wal­vis­baai­ers se daag­lik­se roe­ti­ne. Klan­te groet me­kaar op die naam, en jy sien hoe die kel­ne­rin vir die man-met­koe­rant kof­fie met room b­ring son­der dat hy dit eens be­stel het, en hoe ’n groe­pie Por­tu­ge­se vrien­din­ne – soos op el­ke an­der og­gend – stip­te­lik om 10 vm. op­daag en by “hul­le” ta­fel gaan sit.

Hier speel geen ag­ter­grond­mu­siek nie, “so­dat die men­se kan ge­sels”, ver­dui­de­lik die ei­e­naar, Astrid Deetlefs. Sy ver­tel hoe haar ou­pa en ou­ma die bak­ke­ry in 1957 be­gin het. “In daar­die dae was hier baie bak­ke­rye en ka­fees in Wal­vis­baai. My ou­pa, Wil­li, was ’n bak­ker wat sy re­sep vir ’n vol­ko­ring­brood van Duits­land af saam­ge­bring het. Dit was nie lank nie, toe s­melt al die bak­ke­rye saam om die groot aan­vraag na brood – ver­al van die vloot – te be­vre­dig... maar in die 1980’s het su­per­mark­te in Wal­vis be­gin oop­maak, en el­ke su­per­mark het sy eie brood ge­bak. Dit was die bak­kers se dood­skoot.”

Ge­luk­kig het die Probst-fa­mi­lie se eie bak­ke­ry dank­sy die re­stau­rant-deel van die on­der­ne­ming dit oor­leef en tot van­dag toe word ou­pa Wil­li se brood steeds hier ge­bak, as­ook lang Fran­se bro­de en al­ler­han­de rol­le­tjies.

Oor mid­dag­e­te klop kan­toor­wer­kers aan vir ’n bord huis­kos: ge­braai­de le­wer-en-uie, ’n kas­sler­tjop of t­wee, s­tro­ga­noff met noe­dels (R75), brat­wurst en aar­tap­pel­slaai (R40)… Hier’s Duit­se wor­sies, tien soor­te o­me­let­te en heer­li­ke troos­goed uit jou kin­der­dae soos kof­fie met mal­va­lek­kers (R12).

Die bak­ke­ry se be­leg­te brö­t­chen – daar­die oop- ge­sny­de brood­rol­le­tjies met ver­skeie lek­ker­nye – is le­gen­da­ries. Jy kan kies uit 78 ver­skil­len­de soor­te!

As jy ’n eg Duit­se hap­pie wil proe, be­stel ’n brö­t­chen met rau­chfleis­ch (rou, ge­rook­te bees­vleis) en ’n hard­ge­kook­te ei­er of ’n paar rin­ge­tjies rou ui op.

Wil­li Probst bak ook koek – van doop- en ver­jaar­dag- tot trou­koe­ke. Hoe­veel ei­ers ge­bruik dié kom­buis in ’n maand? Astrid maak ’n boe­re­som: “R30 000 se ei­ers in ’n maand. En om­trent 600 kg meel per week. Ons bak 2500 brö­t­chen per dag!” Waar? H.v. T­heo-Ben Gu­ri­ra­blaan en 12de Weg, Wal­vis­baai GPS S22.95641 E14.50470 Oop Ma.-Vr. 6.30 vm.-5.45 nm., Sa. 6.30 vm.-2 nm. Ge­sluit op ’n Son­dag. Kon­tak 00 264 64 202 744;

wil­lip­rob­st­ba­ke­ry.webs.com

K­ücki’s Pub

S­wa­kop­mund Brauhaus

Wil­li Probst-bak­ke­ry-en-ka­fee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.