SENTRAALNAMIBIË

Weg! Namibië - - INHOUD -

101 bly­plek­ke - van die S­ke­del­kus tot die Ka­la­ha­ri, S­wa­kop­mund tot Wind­hoek, en Sos­sus tot Go­ba­bis

Hen­ties­baai en S­ke­del­kus – S­pitz­kop­pe – O­ma­ru­ru en Eron­go – O­ka­han­dja – S­wa­kop­mund – Wal­vis­baai – Na­mib-Nau­kluft- na­si­o­na­le park – Wind­hoek – Dor­da­bis – Go­ba­bis – K­ho­mas-ho­ch­land – Re­ho­both – Uhlen­horst – So­li­tai­re – Ses­riem, Sos­sus­vlei en Nau­kluft­berg – Mal­ta­hö­he – Ma­rien­tal – S­tam­priet – Go­chas – Ara­nos en Ka­la­ha­ri – Bet­ta en Du­wi­sib

HEN­TIES­BAAI EN DIE S­KE­DEL­KUS

St No­w­he­re

Dis 110 km noord van Hen­ties­baai en baie ge­wild on­der vis­ser­man­ne.

Kam­pe­ring kos R350 p.n. (tot 5 men­se; R60 per ek­stra per­soon). 5 Self­sor­ghui­se (met gas­stoof, ys­kas): R600 per nag (tot 4 men­se, bun­ga­lows) of R1200 per nag (tot 8 men­se, gro­ter huis). Ek­stra men­se: R150 per dag. Hier­die ta­rie­we is bui­te sei­soen. Ty­dens piek­tyd – De­sem­ber en Ja­nu­a­rie – geld an­der kamp­ta­rie­we ook. K­lein win­kel­tjie op die per­seel – hout, vleis en ys be­skik­baar. GPS S21.38123 E13.77015 Kon­tak 00 264 81 124 0879; 00 264 81 252 9422; st­no­w­he­re@mt­cmo­bi­le.com.na

Kaap Kruis-re­ser­vaat

Die kamp­ter­rein is so­wat 1 km noord van die rob­ko­lo­nie. Toe­gang vir dag­be­soe­kers R60 p.p. en R10 per kar.

By die kamp­plek is 5 plat­forms met ef­fen­se be­skut­ting teen die wind. B­ring jou eie drink- en was­wa­ter. Geen krag. Kos­te: R100 p.p. en gra­tis vir kin­ders o.16 jaar. GPS S21.76256 E13.96351 Kon­tak 00 264 64 694 037;

00 264 81 311 9438

Ca­pe Cross Lod­ge

Dit is 60 km noord van Hen­ties, net bui­te die Kaap Kruis-re­ser­vaat. Hier is 21 kam­peer­plek­ke, met be­skut­ting teen die wind. Krag­pun­te, op­was­plek en toe­gang tot ’n sit­ka­mer met ’n TV.

Kamp kos R500 per staan­plek p.n. (vir tot 4 men­se). Die lod­ge het ’n mu­seum­pie, ge­skenk­win­kel en re­stau­rant. Ka­mers is R2 230 vir dub­bel­ka­mer p.n. Kin­ders 3-11 jaar: R558 (sluit ont­byt en aand­e­te in). GPS S21.75565 E13.97126 Kon­tak 00 264 64 461 677;

ca­pe­cross.org

Myl 72-kamp­ter­rein

Dis 36 km noord van Hen­ties – baie ge­wild ty­dens De­sem­ber-Ja­nu­a­rie, maar an­der­sins so leeg soos Loftus wan­neer dit sleg gaan.

Ont­hou dat die S­ke­del­kus ’n woes­tyn­ge­bied is: hier groei nie bo­me nie. B­ring jou eie ska­du­wee en wind­mu­re saam (en ek­stra­lang tent­pen­ne...). Kam­pe­ring kos R100 p.p.

en R50 per kind tus­sen 8 en 15 jaar oud (kin­ders on­der 8, gra­tis). Cha­lets: R700 p.n. vir 4 men­se wat deel. Hier’s wa­ter­pro­ble­me; jy koop d­rink­wa­ter teen R1 per li­ter. Om te stort kos R5. GPS S21.87877 E14.07120 Kon­tak 00 264 61 400 205

Iet­sie­meer Be­ach Hou­se

Hier­die luuk­se self­sorg-gas­te­huis is aan die ein­de van Eros­straat in Hen­ties­baai – jy kyk uit oor die see.

Dis ver­al ge­skik vir gro­ter groe­pe wat saam wil bly. Huur 3 en sui­te­dub­bel­ka­mers vir R3 500 p.n. (m.a.w. 6 men­se wat deel), of die he­le kom­pleks – 10 dub­bel­ka­mers, m.a.w. vir 20 men­se – teen R8 500 p.n. Die huis word daag­liks skoon­ge­maak. GPS S22.13272 E14.28999 Kon­tak 00 264 81 124 4847 (Ma­ri­an­ne); iet­sie­meer.com

Buck’s-woon­wa­park

In Hen­ties­baai – nie teen die see nie, maar be­skut teen die wind dank­sy die muur wat reg rondom ge­bou is.

Die beste plek om te kam­peer, ver­al as jy bui­te sei­soen hier op­daag. Hier is 45 staan­plek­ke. R300 per staan­plek (in De­sem­ber en Ja­nu­a­rie, an­der­sins R250) vir tot 4 men­se p.n., daar­na R45 p.p. ek­stra. GPS S22.11192 E14.28180 Kon­tak 00 264 64 501 039 (Estel­le); buck­camp@mweb.com.na

Na­mib Sho­re-hui­se

Ont­vangs is by Dol­fyn­straat 303, Hen­ties­baai. Hul­le be­stuur 8 hui­se op die dorp. Self­sorg kos va­n­af R180-R230 p.p. wat deel in ’n drie­slaap­ka­mer­huis. Gro­ter hui­se is ook be­skik­baar. Kon­tak 00 264 64 500 182 (Ma­rie); nams­ho­re@i­way.na

Jak­kals­putz

Dit is 9 km suid van Hen­ties­baai – be­sig ty­dens hoog­so­mer, maar stil an­der­sins. Kam­pe­ring kos R100 p.p. en R50 per kind tus­sen 8 en 15 jaar oud (kin­ders on­der 8, gra­tis). Geen wind­be­skut­ting – b­ring jou eie. GPS S22.19029 E14.31039 Kon­tak 00 264 61 400 205

S­PITZ­KOP­PE

S­pitz­kop­pe-kamp

S­pitz­kop­pe is so­wat 55 km noord­wes van U­sa­kos. Dit is een van die mooi­ste plek­ke in die land, ver­al vir land­skap­fo­to­gra­fie (maak se­ker jy be­soek die Boog­rots en Boes­man­pa­ra­dys). Die so­wat 20 staan­plek­ke is ver uit­me­kaar en elk­een het ’n vuur­maak­plek en ’n put­toi­let ag­ter ’n riet­skui­ling. Dit kos R120 p.p. Hier is a­blu­sie­ge­rie­we (met warm stor­te) by die in­gangs­hek, as­ook ’n kroe­gie, waar jy ’n koue Ta­fel kan be­stel.

Maal­tye moet voor­af be­stel word (ont­byt: R85). Hier is ook ’n paar cha­lets – R370 p.p. Dag­be­soe­kers be­taal R40 p.p. en R50 per kar. GPS S21.83977 E15.20162 Kon­tak 00 264 64 464 144 (Bo­na);

s­pitz­kop­pe.com O­MA­RU­RU EN ERON­GO

Eron­go Pla­teau Camp

Dit is so­wat 36 km suid­wes van O­ma­ru­ru. ’n Mens het ’n mooi uit­sig van dié ui­ters ne­tjie­se kam­peer­plek af – R110 p.p. (Kin­ders 6-11 jaar be­taal R70 elk; on­der 6 jaar gra­tis).

Ver­blyf by die gas­te­plaas (Farm Ei­leen) langs­aan kos R770 per per­soon wat deel, met maal­tye (kin­ders on­der 12 kry af­slag). Hul­le aan­vaar nie kre­diet­kaar­te nie. Vra oor stap­roe­tes en Boes­man­te­ke­nin­ge. GPS S21.53281 E15.76121 Kon­tak 00 264 64 570 837 (Ri­ta, gas­te­plaas); of 00 264 61 221 567 (Con­nie, kamp);

www.eron­go.i­way.na

Ri­ver Gu­est­hou­se

Die kamp­ter­rein lê teen die (meestal) droë loop van die O­ma­ru­ru­ri­vier in O­ma­ru­ru. Dit kos R110 p.p. en R40 ek­stra as jy ’n staan­plek met ’n krag­punt wil hê (6 staan­plek­ke, tot 10 men­se per staan­plek). Hier is bon­dels brand­hout te koop (R35). Gas­te­ka­mers va­n­af R750 p.n. vir 2 (met ont­byt). Swem­bad en kroeg. GPS S21.42018 E15.95956 Kon­tak 00 264 64 570 274;

ri­ver-gu­est­hou­se.com

E­rin­di

Hier­die pri­vaat­re­ser­vaat is so­wat 60 km suid­oos van O­ma­ru­ru. Die Camp E­lep­hant-kamp­ter­rein is langs ’n wa­ter­gat én hier is ’n goed toe­ge­rus­te win­kel.

Die 30 staan­plek­ke het elk sy eie ska­du­net, luuk­se a­blu­sie­ge­rie­we, twee­plaat­stoof én ys­kas – spog­ge­rig! Kam­pe­ring kos R700 per staan­plek p.n. (vir tot 6 men­se) en R100 p.p. ek­stra. Camp E­lep­hant self­sorg-cha­lets: R1 500 p.p. wat deel; R590 p.p ek­stra. R295 per kind on­der 12. Luuk­ser bly­plek ook be­skik­baar – gaan kyk op hul­le web­werf. GPS S21.54539 E16.38775 Kon­tak 00 264 81 145 0000;

e­rin­di.com

O­KA­HAN­DJA

O­ma­to­zu Lod­ge

So­wat 25 km noord van O­ka­han­dja, na­by die B1. Kamp (4 staan­plek­ke): R130 p.p., R65 vir kin­ders 6-11 jaar oud (gra­tis vir kin­ders jon­ger as 6).

Krag­pun­te, warm­wa­ter­stor­te, en el­ke staan­plek het ’n a­blu­sie­ge­rief. Sa­fa­ri­ten­te kos va­n­af R650 p.p. wat deel, met ont­byt en aand­e­te. Hier’s ook ’n swem­bad, la­pa en kroeg. GPS S21.76311 E16.85009 Kon­tak 00 264 81 643 7100 (Chris); o­ma­to­zu.com

S­WA­KOP­MUND

Al­te Br­üc­ke

Dit is teen die see by die mon­ding van die S­wa­kop­ri­vier.

Kamp (met krag­pun­te) kos R320 p.n. (vir die eer­ste 2 men­se, daar­na R90 elk, mak­si­mum 6 men­se). Kin­ders 5-12 jaar be­taal R70 elk. Cha­lets va­n­af R510 p.p. wat deel; Kin­ders 5-12 jaar: R310 elk. GPS S22.68638 E14.52531 Kon­tak 00 264 64 404 918;

al­te­bruc­ke.com

Ti­ger Reef

Reg langs Al­te Br­üc­ke, selfs na­der aan die see. Hier is 23 staan­plek­ke, met krag­pun­te. Kamp kos R140 p.p. (maar R220 per staan­plek ty­dens spits­sei­soen, wat ge­woon­lik De­sem­ber en Ja­nu­a­rie is). Kin­ders o.12: R40 elk. R90 per ek­stra kar. GPS S22.68716 E14.52413 Kon­tak 00 264 81 791 0133 (CJ);

camp­si­te@lig­ht­hou­se­group. com.na

Be­ach Lod­ge

Dis by Vo­gels­trand in die noor­de van die dorp am­per by Myl 4 – die a­dres is S­tint­straat 1. ’n Ge­sins­ka­mer vir 4 men­se kos R2 640 p.n. (met ont­byt). Kin­ders o.12 kry af­slag. GPS S22.63377 E14.52547 Kon­tak 00 264 64 414 500;

be­a­chlod­ge.com.na

Ho­tel Zum Kai­ser

Dis on­der in Sam Nu­jo­ma­laan; sta­p­af­stand na Die Mo­le en die kaai. Boe­tiek­ho­tel met 21 ka­mers (sluit 3 ge­sins­ka­mers in). Eet by die Bistro Zum Kai­ser op die per­seel.

Va­n­af R503 p.p. (met ont­byt) vir SAOG-bur­gers. Hul­le is deel van die Ta­le­ni A­fri­ca-groep – sien ta­le­ni­a­fri­ca.com vir spe­si­a­le aan­bie­din­ge by dié ho­tel en van die an­der lod­ges (as pak­ket­toe­re). GPS S22.67879 E14.52281 Kon­tak 021 930 4564;

ho­tel­zum­kai­ser.com

Cen­tral Gu­est­hou­se

Hier is 7 ne­tjie­se ka­mers met DStv – hul­le het ook vei­li­ge par­ke­ring en Wi-Fi. In die mid­de­dorp (L­ü­de­rit­zstraat). Ka­mers kos va­n­af R660 p.p. wat deel (met ont­byt), kin­ders on­der 12 kry af­slag. GPS S22.67896 E14.53068 Kon­tak 00 264 64 407 189;

guest­hou­seswa­kop­mund.com Dié gas­te­huis is op die rand van die dorp – jy sien die woes­tyn van­uit jou ka­mer­ven­ster. ’n Dub­bel­ka­mer kos R950 p.n. (met ont­byt). Kleu­ters jon­ger as 5 bly gra­tis, en kin­ders tus­sen 6 en 14 be­taal half­prys – mits hul­le saam met hul­le ou­ers in die ka­mer slaap. Hier’s par­ke­ring en ’n se­ku­ri­teits­wag is 24 uur aan diens. GPS S22.67595 E14.54549

Stay @ S­wa­kop

Kon­tak 00 264 64 403 138;

stay-at-s­wa­kop.com

Ho­tel Pen­si­on Rap­mund

Dié k­lein ho­tel in Bis­marck­straat het vei­li­ge par­keer­plek. Dis in die hart­jie van S­wa­kop­mund, na­by Die Mo­le (en dus die see). En sui­te-dub­bel­ka­mer: R960 p.n. Ge­sins­ka­mer: R1 368 (met slaap­plek vir 5) GPS S22.67762 E14.52392 Kon­tak 00 264 64 402 035;

ho­tel­pen­si­on­rap­mund.com

Fis­chrei­her-gas­te­huis

Dié gas­te­huis (in Fis­chrei­her­straat) is sta­p­af­stand van ’n swem­strand. Jy kan jou was­goed hier laat doen.

Dit kos R434 p.p. wat deel. Kin­ders 5-12 jaar be­taal R119 elk en 13-18 jaar R242 as hul­le met hul­le ou­ers deel. (Pry­se sluit ont­byt in.) GPS S22.64480 E14.53064 Kon­tak 00 264 64 462 930;

fis­chrei­her.net

S­wa­kop­mund Luxu­ry Sui­tes

’n Ge­rief­li­ke, styl­vol­le plek – die ka­mers het lug­ver­sor­ging en DStv – in die mid­de­dorp na­by die vuur­to­ring (tus­sen To­bi­as Hai­ny­e­koen Bis­marck­straat).

Ka­mers kos va­n­af R650 p.p. wat deel (self­sorg) en bed en ont­byt va­n­af R750 p.p. wat deel. GPS S22.67708 E14.52435 Kon­tak 00 264 64 463 298;

swa­kop­mund­luxu­rys­ui­tes.com

Foot­prints

Van die ka­mers het ’n bal­kon en bo-op die dak is ’n hout­dek met braai­ge­rie­we, en ’n kroeg met ’n see-uit­sig. Dis by Tur­ma­lin­straat 100 in die noor­de van die dorp. R950 p.n. vir 2 men­se (met ont­byt). GPS S22.63716 E14.53051 Kon­tak 00 264 64 403 042 (Lor­rai­ne); foot­prints2­swa­kop.com

Ske­le­ton Be­ach Back­pac­kers

Be­kos­tig­ba­re bly­plek, ver­al vir jong­men­se op reis. Ka­mers kos R420 p.n. vir 2 men­se (eie bad­ka­mer en TV) of R140 p.p. in ’n groot ka­mer waar jy bad­ka­mer deel. ’n Self­sorg­kom­buis is tot al­mal se be­skik­king. Dis by Mo­ses Ga­roeb­straat 14, net 200 m se stap na die see! GPS S22.66564 E014.52798 Kon­tak 00 264 81 287 0420 (Erika); ma­gi­cbus@i­a­fri­ca.com.na Dis op ’n plaas so­wat 12 km uit S­wa­kop­mund – volg die B2 uit die dorp.

Jy kan tuis­ge­maak­te Duit­se wor­sies en sa­la­mi hier koop. Kamp: R120 p.p.p.n. (met krag) Gas­te­ka­mer: R700 p.n. vir 2 men­se, ont­byt in­ge­sluit. Self­sor­gron­da­wel: R600R880 p.n. (slaap­plek vir 2-4 men­se). GPS S22.64033 E14.63610 (af­draai) Kon­tak 00 262 64 403 264;

so­phi­a­da­le.org

Sophia Da­le Ba­secamp

Go­a­ni­kon­tes O­a­sis

Go­a­ni­kon­tes is 40 km oos van S­wa­kop langs die loop van die S­wa­kop­ri­vier. Slaap hier as jy vroeg­dag by die Maan­land­skap en wel­witschi­as wil wees. Kam­pe­ring: R80 per staan­plek per nag, plus R90 p.p. An­der slaap­plek va­n­af R600 per bun­ga­low p.n. (2 men­se, sluit ont­byt in).

Kin­ders kry af­slag. Dag­be­soe­kers kan hier kom braai – R40 p.p. toe­gang; R20 vir kin­ders. Hier is hout te koop (R40 per bon­del) en ’n kof­fie­win­kel. GPS S22.66858 E14.81748 Kon­tak 00 264 64 405 976 (Kat­ja);

go­a­ni­kon­tes-o­a­sis.com

WAL­VIS­BAAI

1932 Hou­se

Dis in ’n stil buurt na­by die Wa­ter­front – Agt­ste straat Wes 26. Die ka­mers is styl­vol in­ge­rig, en het Wi-Fi en DStv. Hier’s ook braai­ge­rie­we en ’n swem­bad.

Dub­bel­ka­mer: R415 p.p. wat deel. En­kel­ka­mer: R650 p.p.p.n. Woon­stel: R900-R1 320 p.n. (met slaap­plek vir 2-4). Pry­se sluit ont­byt in. GPS S22.96510 E14.49130 Kon­tak 00 264 64 274 850;

www.1932hou­se.com.na

La­goon Cha­lets and Ca­ra­van Park

Hul­le is skaars 500 m van die strand­meer af by Agt­ste straat Wes.

Hier’s speel­plek vir die kin­ders, ’n re­stau­rant en die kamp­plek­ke is be­skut teen die wind. Kamp kos R200 per nag per staan­plek (tot 4 men­se), en self­sorg-cha­lets R530-R800 per nag (slaap tot 6 men­se). Daar is ook back­pac­ker-styl ver­blyf in ka­mers wat R300-R400 per nag kos (vir tot 4 wat deel). Goeie waar­de vir geld. GPS S22.98056 E14.48656 Kon­tak 00 264 64 217 900 (Ca­rol/ Ni­co); la­goon­cha­let­s­ca­ra­van­park. w­he­re­to­stay.na

La­goon Lo­ge

Hier­die gas­te­huis word deur vrien­de­li­ke Fran­se be­dryf en is teen­aan die Wal­vis­baai­strand­meer by Ko­vam­bo Nu­jo­ma­ry­laan 88. Ka­mer vir 2: R1 580. Ge­sins­ka­mer (2 vol­was­se­nes, 2 kin­ders on­der 12 jaar): R2 200 Pry­se sluit ont­byt in. GPS S22.97180 E14.48776 Kon­tak 00 264 64 200 850;

la­goon­lo­ge.com.na NA­MIB-NAU­KLUFT­NA­SI­O­NA­LE PARK

Ver­skeie kamp­plek­ke

Hier­die kamp­plek­ke val al­mal bin­ne dié park se noor­de­li­ke ge­bied – m.a.w. die de­le waar­deur jy ry wan­neer jy met die C14, C28 of D1982 van die bin­ne­land na S­wa­kop en Wal­vis ry. Baie men­se haas hul­le­self oor hier­die skyn­baar leë woes­tyn­vlak­tes, maar as jy eers af­draai en be­gin aan­dag gee gaan jy wild sien – en van die kamp­plek­ke (soos Mi­ra­bib en Bloed­kop­pie) kan mak­lik ’n hoog­te­punt van jou toer raak.

Hoe­wel som­mi­ge van hul­le met ’n 4x2 be­reik kan word, is dit raad­saam om eer­der ’n 4x4 te ry. Dié kam­pe het min ge­rie­we – ge­woon­lik net put­toi­let­te. B­ring jou eie drin­ken was­wa­ter (ry ook som­mer jou vul­lis weg). Kamp kos R80 per nag vir tot 4 men­se, daar­na R90 per groep van 5 of meer. Jy moet ook park­toe­gang be­taal – R30 p.p. en R10 per kar. Die ter­rei­ne is meestal on­be­man; kry per­mit­te by die MET­kan­toor in S­wa­kop­mund. Hu­sab­berg: GPS S22.64515 E14.99598 Bloed­kop­pie: GPS S22.84721 E15.37940 Groot Tin­kas: GPS S22.85407 E15.47502 Vo­gel­fe­der­berg: GPS S23.05381 E14.98920 Ga­nab: GPS S23.09685 E15.51271 Ho­meb: GPS S23.63744 E15.18209 Mi­ra­bib: GPS S23.45265 E15.36020 K­riess se Rus: GPS S23.30433 E15.49396 Aru­vlei: GPS S23.33918 E15.67557 Kui­se­bca­nyon: GPS S23.34193 E15.74477 Kon­tak 00 264 64 404 576 (S­wa­kop-MET-kan­toor, vra om deur­ge­sit te word na Per­mit­te);

rdau­sas@met.na (haar naam is Re­nat­he, en sy weet als wat in hier­die kan­toor aan­gaan)

WIND­HOEK

D­ü­stern­brook

Dit is so­wat 50 km noord van Wind­hoek van die B1 af. Kamp kos tus­sen R135 en R165 p.p. (ver­skil­len­de ge­rie­we; sluit be­wa­rings­ta­rief in) en an­der ver­blyf va­n­af R459 p.p. (ont­byt in­ge­sluit). Jy sien heel­wat wild met die in- en uit­ry na dié plek. Hout te koop R40. GPS S22.26960 E16.90061 Kon­tak 00 264 61 232 572;

du­e­stern­brook.net

Sun Kar­ros Daan Vil­joen

Dit is so­wat 20 km wes van Wind­hoek, langs die C28, ge­leë bin­ne die Daan Vil­joen-wild­re­ser­vaat.

Hier is 12 ruim staan­plek­ke op gras (met krag­pun­te, en die a­blu­sie­blok is heel luuks): R120 p.p. Cha­lets: va­n­af R795 p.p. (met ont­byt). Kin­ders 6-12 jr. be­taal R300 elk. Jy moet ook R40 p.p.-park­toe­gang en R10 per voer­tuig be­taal. Hier’s ’n goeie re­stau­rant, swem­bad en Wi-Fi. GPS S22.53811 E16.94359 Kon­tak 00 264 61 232 393;

sun­kar­ros.com

DOR­DA­BIS

Mon­tei­ro

Dit is 11 km suid van Wind­hoek; langs die B1. Kamp teen R100 p.p. Kin­ders on­der 10 jaar: R70 p.p. Self­sor­g­cha­lets va­n­af R550 p.p. wat deel.

Ook sa­fa­ri­ten­te en ’n self­sor­ghuis met 3 slaap­ka­mers. Swem­bad. GPS S22.70053 E17.08153 Kon­tak 00 264 81 140 0981;

mon­tei­ro­na­mi­bia.com

Ho­tel T­hu­le

Hier­die mooi ho­tel sit op ’n kop­pie en kyk uit oor Wind­hoek. Die 25 en sui­te-ka­mers het lug­re­ë­ling en DStv – Wi-Fi ook be­skik­baar. Dit kos R1 620 per nag vir ’n ka­mer vir 2 men­se. Ge­sins­ka­mer (2 vol­was­se­nes, 1 kind on­der 12): R2 203; R583 per ek­stra kind. Pry­se sluit ont­byt in. GPS S22.55234 E17.09797 Kon­tak 00 264 61 371 950;

ho­telt­hu­le.com

K­lein Wind­hoek Gu­est­hou­se

’n S­tan­daard­ka­mer vir 2 kos R910 p.n. (met ont­byt) en ge­sins­ka­mers (4 men­se) va­n­af R1190 (met ont­byt).

Self­sorg en meer luuk­se op­sies be­skik­baar. Swem­bad, Wi-Fi. GPS S22.56325 E17.09921 Kon­tak 00 264 61 239 401;

klein­wind­hoek­guest­hou­se.com

Ho­tel Pen­si­on Chris­toph

Dis in die stad (Hei­nitz­burg­straat 33), 10 mi­nu­te se stap na die sa­ke­kern.

Hier’s ska­du­par­ke­ring en ’n swem­bad, en ka­mers loop uit op die tuin. Dub­bel­ka­mers kos R936 p.n. (met ont­byt). GPS S22.57554 E17.09065 Kon­tak 00 264 61 240 777 (A­man­da); chris­toph@a­fol.com.na

X­wa­ma Cul­tu­ral Vil­la­ge

Ge­leë in Wind­hoek se Ka­tu­tu­ra­buurt. Hier’s ’n re­stau­rant wat tra­di­si­o­ne­le kos­se be­dien, ’n cu­ri­o­win­kel en gas­te­ka­mers. Bed en ont­byt va­n­af R620 per ka­mer vir 2 wat deel. R450 vir ’n en­kel­ka­mer (met ont­byt). GPS S22.52326 E17.03212 Kon­tak 00 264 61 210 270;

x­wa­ma.com

A­rebbusch Tra­vel Lod­ge

Op die punt van Golf­straat, langs die Eros-lug­ha­we. Ge­rief­lik as jy net wil oor­slaap, ver­al vir kam­peer­ders wat nie wil suk­kel nie. Kamp kos R115 p.p. en ka­mers va­n­af R940 p.n. vir 2 men­se, bed en ont­byt. Re­stau­rant. GPS S22.61175 E17.08641 Kon­tak 00 264 61 252 255;

a­rebbusch.com

O­li­ve Gro­ve Gu­est­hou­se

By Pro­me­na­den­straat 20, Wind­hoek. Hier’s ’n plon­spoel en re­stau­rant. Dub­bel­ka­mers kos va­n­af R680 p.p. (ont­byt in­ge­sluit). Kin­ders 6-12 jr. be­taal half­prys. GPS S22.55384 E17.09064 Kon­tak 00 264 61 239 199;

o­li­vegro­ve-na­mi­bia.com

Ri­ver Cros­sing Lod­ge

Ge­leë langs die B6 (lug­ha­we­pad) so­wat 3 km bui­te Wind­hoek. Per­de­rit­te en wild­kyk­rit­te be­skik­baar. C­ha­let vir 2 va­n­af R1785 p.n. (met ont­byt). Kin­ders on­der 4 bly gra­tis. GPS S22.60210 E17.14301 Kon­tak 00 264 61 305 173;

www.ri­ver­cros­sing.com.na

Vi­ney­ard Coun­try B&B

Dit is so­wat 3 km oos van die stad langs die B6. Die 8 kam­peer­plek­ke het elk hul­le eie a­blu­sie-een­heid. R125 p.p. plus R50 per staan­plek per nag. Self­sorg­een­he­de: R350 p.p. wat deel (2 en meer men­se wat deel). Bed en ont­byt R325 p.p. wat deel (ge­sins­ka­mer, wan­neer 3 of meer men­se deel). GPS S22.58869 E17.14214 Kon­tak 00 264 81 124 3620;

vi­ney­ar­d­coun­try­stay.com

He­ja Ga­me Lod­ge

’n Ge­sins­vrien­de­li­ke plek so­wat 16 km oos van Wind­hoek met swem­bad, re­stau­rant, wilds­rit­te, perd­ry (Son­dae) en ka­meel­rit­te. Die 50 en sui­te-ka­mers het DStv en lug­re­ë­ling. Dit kos va­n­af R896 per dub­bel­ka­mer (met ont­byt). GPS S22.53672 E17.19359 Kon­tak 00 264 61 257 151;

www.he­ja­lod­ge.com

Trans Ka­la­ha­ri Inn

So­wat 22 km oos van Wind­hoek, reg langs die B6 op pad lug­ha­we toe, in die Kapps­ber­ge. Kam­pe­ring: R250 per staan­plek per nag (tot 4 men­se). Dub­bel­ka­mer (met lug­ver­sor­ging) va­n­af R840 p.n. of R650 (son­der koe­lig­heid­jie...). Gra­tis Wi-Fi, en hier’s ’n ga­we re­stau­rant en swem­bad. GPS S22.55024 E17.27803 Kon­tak 00 264 61 222 877;

tran­ska­la­ha­ri-inn.com

K­lein A­rend­hoff­kamp­plek

Dit is so­wat 20 km bui­te Wind­hoek met die B6 (lug­ha­we­pad) – vat die Kapps Farm-af­draai. Kam­pe­ring met krag­pun­te en braai­plek kos R100 p.p. en R50 vir skool­gaan­de kin­ders (o.7 ver­niet). Sa­fa­ri­ten­te vir 2 men­se kos R500 p.n. (kin­ders kan op die vloer slaap). Bed en ont­byt be­skik­baar va­n­af Mei­maand. GPS S22.54273 E17.26115 Kon­tak 00 264 61 259 804 (Gus­ta­fi­ne); ku­ta­ko@i­way.na

N/a’an­ku­sê

Volg die B6 ooswaarts uit Wind­hoek vir 24 km. Draai dan noord op die MR53 vir 27 km. Hul­le het tans ’n spe­si­a­le aan­bie­ding vir SAOG-bur­gers: R950 p.p. wat deel (met ont­byt).

An­der­sins kos dit va­n­af R1 760 p.p. wat deel (met ont­byt en aand­e­te). Kin­ders o.12 be­taal half­prys en o.3’s is gra­tis. As dag­be­soe­ker kan jy ook bloot lek­ker maal­tye kom eet in hul­le re­stau­rant. N/a’an­ku­sê is ’n die­re­re­ha­bi­li­ta­sie­plek en bied ver­skeie be­sig­ti­gings­toe­re. Jy kan bv. kyk hoe hul­le o.a. rooi­kat­te, leeus, lui­perds, wil­de­hon­de én jag­lui­perds voer (be­spreek voor­af ). Daar’s ook ’n An­cient Skills-Boes­man­toer. GPS S22.36479 E17.37933 Kon­tak 00 264 81 859 4608;

n­aan­ku­se.com

On­de­ka­rem­ba

Dit is 6 km wes van die Ho­sea Ku­ta­ko-lug­ha­we langs die B6. Die On­de­ka­rem­ba-gas­te­plaas werk saam met na­by­ge­leë N/a’an­ku­sê (sien bo) en is ’n goeie ba­sis vir jou be­soek in­dien jy eer­der wil tent op­slaan of meer be­kos­tig­ba­re bly­plek soek.

Die nu­we O­maan­da Om­bi­di­re­ser­vaat lê op die stuk grond tus­sen N/a’an­ku­sê en On­de­ka­rem­ba. Kam­pe­ring: R130 p.p. Kin­ders o.12 kamp gra­tis. Gas­te­ka­mers: Va­n­af R855 p.p. wan­neer 4 men­se deel (sluit ont­byt en aand­e­te in!). Daar is spe­si­a­le dag­ta­rie­we as jy net hier wil kom laag­lê voor jou vlug te­rug huis toe. GPS S22.48319 E17.41099 Kon­tak 00 264 62 540 424;

on­de­ka­rem­ba.com

Arn­hem­grot

So­wat 115 km suid­oos van Wind­hoek, soos die kraai vlieg. Kamp (3 staan­plek­ke) kos R130 p.p. (Kin­ders 5-11 jaar be­taal R100 elk). Ver­blyf in self­sor­g­cha­lets kos R700 p.n. (2-4 men­se). T­wee grot­toe­re per dag: R100 p.p. vir ’n kort toer en R150 vir ’n lan­ger toer. GPS S22.70983 E18.10337 Kon­tak 00 264 62 581 885 (Ju­lia)

GO­BA­BIS

West Nest Lod­ge

Dis 35 km wes van Go­ba­bis en 168 km oos van Wind­hoek langs die B1. Kam­pe­ring R145 p.p. (self­sorg) of R240 p.p. (met ont­byt). Ka­mers va­n­af R425 p.p. wat deel (self­sorg) of R520 p.p. (ont­byt). Swem­bad. GPS S22.44112 E18.69997 Kon­tak 00 264 62 570 343;

wes­t­ne­st­lod­ge.com

Xain Qu­az Rest Camp

Hul­le is 10 km wes van Go­ba­bis langs die B6. Kam­pe­ring kos R80 p.p., self­sorg va­n­af R140 p.p. GPS S22.42466 E18.89403 Kon­tak 00 264 62 562 688 (Da­nie)

Die Dam Trans Ka­la­ha­ri End Re­sort

Aan die rand van die dorp langs die Til­da Vil­joen­dam. Kam­pe­ring en woon­wa­staan­plek­ke is op gras en dit kos R80 p.p. en R40 per kind 3-8 jaar. Self­sorg: R700 p.p. wat deel. Met

ont­byt: R820 p.p. wat deel. Re­stau­rant, mi­ni-gholf. GPS S22.44486 E18.96068 Kon­tak 00 264 62 565 656;

tran­ska­la­ha­riend­re­sort.com

Go­ba Lod­ge & Rest Camp

Aan die rand van Go­ba­bis. Kam­peer­plek­ke is op gras (met krag): R90 p.p., plus R30 per voer­tuig. Kin­ders 7-12 jaar R70 en klein­tjies gra­tis. Self­sorg-rus­kamp­ka­mers (deel a­blu­sie­blok met kam­peer­ders) kos R340 p.n. vir 2 men­se (R420 met ont­byt). Lod­ge­ka­mers va­n­af R790 p.n. vir 2 men­se (R880 met ont­byt). GPS S22.44887 E18.95596 Kon­tak 00 264 62 564 499;

www.go­ba.i­way.na

K­HO­MAS HO­CH­LAND

Ho­ch­land Nest

By die F­rie­de­nau­dam 43 km wes van Wind­hoek langs die C28.

Kamp kos tus­sen R75 en R95 p.p. (meer pri­va­te staan­plek­ke). Lod­ge­ka­mers va­n­af R 1 105 p.p. wat deel (ont­byt, aand­e­te). Jy kan ’n boot­jie hier huur. GPS S22.69296 E16.74515 Kon­tak 00 264 61 257 006;

ho­ch­land­ne­st­na­mi­bia.com

Har­mo­nie

Dit is 90 km wes van Wind­hoek met die C28. Dis ín die berg, maar jy kan die kamp­ter­rein son­der ’n 4x4 be­reik. Slegs 2 kamp­plek­ke (met krag): R70 p.p. Hier’s ’n 4x4roe­te: R150 per voer­tuig. Stap, kyk rots­te­ke­nin­ge of vo­ëls en wild. GPS S22.77959 E16.32910 (af­draai) Kon­tak 00 264 61 681 065 (Mi­ke); har­mo­nie@i­way.na

Mel­ro­se Ga­me Farm

Mel­ro­se is langs die C26, 45 km van Wind­hoek af. Jy kan ’n ka­mer in die op­stal huur of by die Mis­si­on­lod­ge in weel­de bly. Ka­mers kos va­n­af R750 p.p. en sluit ont­byt in.

Die 13 staan­plek­ke het al­mal e­lek­tri­si­teit en kos R120 p.p. Die a­blu­sie­blok­ke is skoon. Koop ’n bon­del hout vir R30. GPS S22.88284 E16.89821 Kon­tak 00 264 61 234 298;

mel­ro­se­ga­me­farm.com

Weis­sen­fels Guest Farm and Vor­tex Wel­l­ness Cen­t­re

So­wat 120 km van Wind­hoek, langs die C26 (op reg­ter­kant). Kam­pe­ring: R150 p.p. Self­sor­g­hut: R350 p.p.p.n. Bed en ont­byt: R570 p.p.p.n. Jy kan hier perd­ry. GPS S23.31731 E16.44958 Kon­tak 00 264 62 572 112;

www.weis­sen­fels­na­mi­bia.com.

Ha­kos-gas­te­plaas

So­wat 135 km van Wind­hoek langs die C26 (net voor jy die Gams­berg­pas kry). Ha­kos het 14 ka­mers va­n­af R560 p.p. (e­tes be­skik­baar). Kam­pe­ring: 4 staan­plek­ke teen R120 p.p. S­ter­re­ky­kers kan op die web­werf gaan kyk vir teg­nie­se in­lig­ting oor die be­skik­ba­re te­le­sko­pe en mon­te­rings. GPS S23.23535 E16.36297 Kon­tak 00 264 62 572 111;

www.ha­kos-as­tro­farm.com

Corona-gas­te­plaas

Ook so­wat 18 km van die C26 af. Die af­draai is rof­weg 29 km van die C26/C14-aan­slui­ting af. Ka­mers va­n­af R998 p.p. (sluit ont­byt en aand­e­te in). GPS S23.39008 E16.16000 Kon­tak 00 264 61 681 045;

corona@i­way.na

Rooi­klip-gas­te­plaas

Rooi­klip is 18 km van die C26 af (draai na die sui­de); dus diep in die gra­ma­doe­las. Jy kan by die gas­te­huis oor­slaap (va­n­af R528 p.p.), of jy kan tent op­slaan by die kamp­plek so­wat 2 km van die op­stal af.

Die 6 staan­plek­ke is in­ge­rig on­der rot­soor­han­ge: R160 p.p. (kin­ders on­der 4, gra­tis). GPS S23.40658 E16.06061 Kon­tak 00 264 61 681 031; 00 264 81 128 7844; www.rooi­klip.i­way.na

Na­mib’s Val­ley of a Thou­sand Hills

Hier is jy nou uit die K­ho­mas Ho­ch­land en op die drum­pel van die Na­mib. Dis moei­lik om die af­draai na dié bly­plek te kry. Die reg­te een van die C26 af: S23.35272 E15.96282.Dié af­draai is rof­weg 11 km van die C26/C14-aan­slui­ting af. Hier is 5 hut­te (R340 p.p.) en 3 kam­peer-plek­ke (R110 p.p.). El­ke staan­plek het sy eie a­blu­sie­ge­rief. GPS S23.39438 E15.93465 Kon­tak 00 264 81 663 8839;

na­mibs­val­ley.com

RE­HO­BOTH

La­ke Oa­nob Re­sort

’n Ge­wil­de oord 7 km wes van Re­ho­both langs die Oa­nobdam.

Hier kan jy boot­ry, vis­vang, roei of 4x4 ry. Kamp kos R70-R140 p.p. Luuk­se cha­lets va­n­af R1 330 p.n. (2 men­se, self­sorg) of ver­blyf in en sui­te-ka­mers R1 300 p.n. (2 men­se). GPS S23.32249 E17.01621 Kon­tak 00 264 62 522 370;

oa­nob.com.na

UHLEN­HORST

Uhlen­horst Sa­fa­ris

Op die mees­te kaar­te lyk dit as­of Uhlen­horst ’n dor­pie is, maar dis net ’n plaas. Dis so­wat 200 km suid­oos van Wind­hoek. Kamp in die voor­tuin: R100 p.p. Lek­ker plaas­ont­byt teen R90 in die cu­ri­o­win­kel. Dub­bel­ka­mer: R700 p.n. GPS S23.69280 E17.96802 Kon­tak 00 264 63 265 336 (Hoe­kus);

www.uhlen­horst.i­way.na

Bit­ter­was­ser

Dis ’n ge­wil­de be­stem­ming vir sweef­vlieg­tuig-en­toe­si­as­te – 20 km suid van Uhlen­horst af.

Dub­bel­ka­mer va­n­af R924 p.p. (ont­byt). Re­stau­rant. Sweef­tuie vlieg ver­al van No­vem­ber tot ein­de Ja­nu­a­rie (ta­rie­we is dan ho­ër). GPS S23.86506 E17.99687 Kon­tak 00 264 63 265 300 (Ger­son); bit­ter­was­ser.com

SO­LI­TAI­RE

Ros­tock Ritz Lod­ge

Die af­draai is 43 km noord van So­li­tai­re langs die C14. Hier is 4 kamp­plek­ke wat ’n a­blu­sie­blok deel. Groe­pe van tot 8 men­se: R128 p.p. ’n Groep van 9-15 men­se: R1 107 p.n. Kin­ders on­der 12 gra­tis.

Hier’s ’n braai­plek met ’n uit­sig wat skrik vir niks. Lod­ge­ka­mers (bui­te sei­soen) va­n­af R1 104 p.p. wat deel (met ont­byt). GPS S23.55960 E15.84262 Kon­tak 00 264 81 258 5722;

ros­tock-ritz-de­sert-lod­ge.com

T­son­dab Val­ley S­ce­nic Re­ser­ve

Die af­draai na hier­die be­son­der­se plek is 9 km noord van So­li­tai­re langs die C14. Die woes­tyn­land­skap­pe hier sal ver­al land­skap­fo­to­gra­we na hul­le ka­me­ras laat gryp.

Cha­lets va­n­af R1 795 p.n. vir ’n dub­bel­ka­mer (met e­tes). GPS S23.87002 E15.83610 Kon­tak 00 264 63 293 383;

t­son­dab.com

So­li­tai­re Coun­try Lod­ge

Die “dor­pie” So­li­tai­re is so groot soos t­wee rug­by­vel­de, maar hier’s pe­trol, kos (re­stau­rant en bak­ke­ry) en slaap­plek – min of meer al­les wat jy ná ’n lang woes­tyn­rit no­dig mag hê.

Kam­pe­ring kos R100 p.p. (R50 vir kin­ders on­der 12). Ka­mers (met lug­ver­koe­ling): R780 p.p. wat deel (R390 vir kin­ders on­der 12). GPS S23.89394 E16.00571 Kon­tak 00 264 61 305 173;

www.so­li­tai­re­coun­try­lod­ge.com

So­li­tai­re-gas­te­plaas

Net bui­te So­li­tai­re. Kamp kos R120 p.p. (3 staan­plek­ke, e­lek­tri­si­teit), R60 per kind on­der 12 jaar. En sui­te-ka­mers (met ont­byt) kos va­n­af R850 p.p. wat deel (R425 per kind on­der 12 jaar). Self­sor­ghuis vir 6 kos R1 700 p.n. Jy kan op be­ge­lei­de jag­lui­perd­toe­re gaan – va­n­af R250 p.p. Swem­bad, re­stau­rant, stap­roe­tes. GPS S23.86488 E16.05858 Kon­tak 00 264 61 305 173;

so­li­tai­re­gue­st­farm.com

A­ba­bis-wild­plaas

So­wat 13 km van So­li­tai­re langs die C14. Kamp kos R100 p.p. ’n Self­sor­ghui­sie (mak­si­mum 5 men­se) kos R1 000 per nag. Ka­mers va­n­af R900 p.p. wat deel (met ont­byt en aand­e­te). Af­slag vir kin­ders. GPS S23.98109 E16.09257 Kon­tak 00 264 63 293 362;

in­fo2@a­ba­bis-ga­e­ste­farm.de SES­RIEM, SOS­SUS­VLEI EN NAU­KLUFT­BERG

Na­mib Nau­kluft Lod­ge

Hier­die mooi plek is 63 km van Ses­riem af. Kamp kos R250 per staan­plek vir tot 4 men­se per nag. Ka­mers va­n­af R980 p.p. (met ont­byt).

Die Soft Ad­ven­tu­re Camp­bly­plek kos R525 p.p. met ont­byt. Daar’s ’n mak­li­ke roe­te­tjie wat jy teen sonsondergang kan stap. GPS S24.01671 E15.94694 Kon­tak 00 264 61 372 100;

na­mib-nau­kluft-lod­ge.com

Na­mib De­sert Lod­ge

Dit is 55 km van Ses­riem af. By die kamp­ter­rein het el­ke ou sy eie boom en krag­punt en die a­blu­sie­ge­rie­we is ruim en net­jies. R150 p.p.

Ry ge­rus een aand lod­ge toe vir ete (so­wat 5 min. pad-af ) en gaan kyk hoe die ver­steen­de dui­ne be­lig word. Lod­ge­ka­mers va­n­af R1 006 p.p. wat deel (met ont­byt, bui­te sei­soen). Eks­klu­sie­we Du­ne Star Camp: R1 169 p.p. wat deel, met ont­byt. GPS S24.11627 E15.90510 Kon­tak 00 264 61 230 066;

gond­wa­na-col­lecti­on.com

A­ga­ma Ri­ver Camp

’n Ge­wil­de oor­nag­plek 49 km van Ses­riem af. Kamp kos R130 p.p. (kin­ders 7-12 jr. be­taal R65 elk). Daar is t­wee eks­klu­sie­we berg­kamp­plek­ke (ver­der weg van die pad af ): R750 p.n. vir tot 10 men­se. Cha­lets kos R995 p.p. wat deel (met ont­byt en aand­e­te); R498 vir kin­ders tus­sen 7 en 12. GPS S24.14522 E15.96084 Kon­tak 00 264 61 224 712;

a­ga­ma­ri­ver­camp.com

Wel­te­vre­de-gas­te­plaas

Hier­die ga­we gas­te­plaas is 47 km van Ses­riem af. Kamp kos R120 p.p. (slegs 4 staan­plek­ke), half­prys vir kin­ders. Ka­mers kos va­n­af R795 p.p. wat deel (met ont­byt en aand­e­te); kin­ders tus­sen 4 en 11 jaar be­taal half­prys. GPS S24.17782 E15.98064 Kon­tak 00 264 63 293 208; 00 264 81 685 3433; wel­te­vre­de­gue­st­farm.com

Ses­riem­kamp

Dis bý die Ses­riem-park­hek. Die voor­deel is dat jy sog­gens vroe­ër by Sos­sus se dui­ne kan kom en laat­mid­dag ook lan­ger kan bly (ver­ge­le­ke met toe­ris­te wat el­ders tuis­gaan, bui­te die park­gren­se). Ont­hou, van Ses­riem af is dit nog 60 km se ry tot by Sos­sus­vlei self.

Hier is 24 staan­plek­ke: R154 p.p.; kin­ders tus­sen 6 en 12 jaar be­taal half­prys; on­der 5 jaar gra­tis. Toe­gang tot die park kos so­wat R60 per per­soon (gra­tis vir kin­ders jon­ger as 16 jaar), plus R10 per kar. Die pad is ge­teer tot by Duin 45, maar die laas­te paar ki­lo­me­ter na Dooi­e­vlei en Sos­sus­vlei is diep sand (slegs 4x4). Daar is wel 4x4-o­pe­ra­teurs wat jou deur die sand sal ry tot by die vleie. GPS S24.48647 E15.79927 Kon­tak 021 422 3761;

ct­book­ings@nwr.com.na

Sos­sus O­a­sis-kamp­plek

Dis 500 m van Ses­riem af, en na­by die pe­trol­sta­sie waar daar ook ’n win­kel is. Hier is 12 staan­plek­ke, met krag, pri­va­te a­blu­sie en ’n af­dak elk.

Dit kos R175 p.p.; R88 vir kin­ders 5-11 jaar (klein­tjies gra­tis). Swem­bad. GPS S24.49104 E15.80320 Kon­tak 021 930 4564;

sos­sus-o­a­sis.com

Sos­sus­vlei Lod­ge

Dis 500 m van Ses­riem af – dié plek om te bly as jy nie ’n kam­peer­der is nie. Ka­mers kos R873 p.p. wat deel (bed, aand­e­te en ont­byt – bui­te sei­soen), af­slag vir kin­ders. Pry­se sei­soe­naal vir SAOG-bur­gers. GPS S24.48378 E15.80250 Kon­tak 021 930 4564;

sos­sus­vlei­lod­ge.com

De­sert Camp

Dit is 5 km van Ses­riem af. Hier is 20 een­he­de (t­wee is rol­stoel­vrien­de­lik). R474 p.p. wat deel (self­sorg, bui­te sei­soen) GPS S24.48683 E15.84900 Kon­tak 021 930 4564;

de­ser­t­camp.com

De­sert Ho­mes­te­ad Lod­ge

Hier­die plek is 32 km van Ses­riem af. Hier’s 20 gras­dak­cha­lets va­n­af R1 050 p.p. wat deel (met ont­byt).

Kin­ders kry af­slag. Per­de­rit­te is hul­le groot ding – R650 p.p. vir ’n sons­on­der­gang­rit. GPS S24.63982 E15.96268 Kon­tak 00 264 61 240 020 (He­le­na);

de­sert­ho­mes­te­ad­lod­ge.com

Le Mira­ge De­sert Lod­ge & Spa

Hier­die luuk­se plek is 23 km van Ses­riem af. Tot 30 Ju­nie kos ka­mers va­n­af R1 575 p.p. wat deel (aand­e­te en ont­byt in­ge­sluit). GPS S24.68302 E15.81554 Kon­tak 00 264 61 250 725 (be­spre­kings); mira­ge­lod­ge.com

Litt­le Sos­sus Lod­ge and Camp­si­te

Dis 35 km van Ses­riem af. Die kamp­plek en die lod­ge lê ’n ent­jie van me­kaar af. Hier is 10 staan­plek­ke met af­dak­ke (R100 per staan­plek plus R100 p.p.), krag en eie bad­ka­mer.

’n Win­kel­tjie en swem­bad by kamp­ter­rein. Ka­mers in die lod­ge kos R1 025 p.p. wat deel, met ont­byt. GPS S24.65881 E15.99060 Kon­tak 00 264 64 464 144;

litt­le­sos­sus.com

Be­tes­da Lod­ge

Hier­die is een van die ge­ves­tig­de bly­plek­ke rondom Ses­riem – dis 38 km van Ses­riem af. Hier is 15 staan­plek­ke: R80 p.p. vir kam­pe­ring. Ka­mers in die lod­ge va­n­af R635 p.p. wat deel (met ont­byt) of R795 p.p. wat deel (ont­byt en aand­e­te). Vel-

MAL­TA­HÖ­HE drit­te kos R150 p.p. en jy kan quad ry vir R370 p.p. per uur. GPS S24.61950 E15.99112 Kon­tak 00 264 63 693 253;

be­tes­da­lod­ge.com

Ham­mer­stein Lod­ge

Dis 55 km van Ses­riem af. Kamp kos R161 p.p. (slegs 3 staan­plek­ke).

Lod­ge­ver­blyf va­n­af R598 p.p. (3 men­se wat deel, met ont­byt). R334 p.p. self­sorg. Kin­ders o.6 gra­tis; o.13 half­prys. GPS S24.87310 E16.17821 Kon­tak 00 264 63 693 111;

ham­merst@ham­mer­stein. com.na

T­sau­chab Ri­ver Camp

Hier­die is een van die beste bly­plek­ke in die om­ge­wing. Dit is 70 km van Ses­riem af, maar veel meer as net ’n ver­trek­punt vir ’n be­soek aan Sos­sus­vlei.

Be­spreek vir d­rie dae en ver­ken die aan­lig­gen­de berg­deel van die Na­mib Nau­kluft- na­si­o­na­le park, as­ook T­sau­chab self (ver­al hul­le wil­de­vy­woud en ko­ker­bo­me). Kamp hier vir R140 per staan­plek plus R90 p.p. Die 13 staan­plek­ke is oor ’n af­stand van 15 km ver­sprei, al teen die ri­vier af. Ka­mers va­n­af R450 p.p. wat deel. Hier’s ’n swem­bad en re­stau­rant. GPS S24.44391 E16.17014 Kon­tak 00 264 63 293 416 (Jo­han/Nic­ky); t­sau­chab.com

Neuras

Dit is een van bit­ter­min wyn­pla­se in Na­mi­bië (en dit nog­als min of meer in die woes­tyn!)

Die natuurlike fon­tei­ne hier moet jy sien om te glo. As jy net wil wyn proe, kos dit R185 p.p. in­slui­tend ’n kaas­bord, maar daar’s ook toe­re waar jy deur die he­le wyn­maak­pro­ses ge­neem word – R285 p.p. Jy hoef nie voor­af te be­spreek nie, jy kan maar net in­ry. Dag­be­soe­kers kan hier kom mid­dag­e­te eet (be­spreek tog). Die ne­tjie­se klip­hui­sies kos va­n­af R900 p.p. wat deel (sluit ont­byt en aand­e­te in). Sa­fa­ri­ten­te: va­n­af R450 p.p. wat deel (ont­byt, aand­e­te). Kin­ders o.12 jaar be­taal half­prys, o.3 jaar gra­tis. GPS S24.462113 E16.23687 Kon­tak 00 246 63 293 417;

neuras­wi­nes.com

Nau­kluft-kamp­ter­rein

Dié kamp­plek is in die Nau­kluft­berg, bin­ne die Na­mib Nau­kluft­na­si­o­na­le park. Dit is 120 km van Ses­riem af. Hier is 10 staan­plek­ke on­der bo­me na­by die ri­vier.

Kamp kos R132 p.p. en die park­ta­rief is R60 p.p. Cha­lets: va­n­af R800 p.p. Daar’s ’n taai dag­stap­roe­te of t­wee, maar vat dit rus­tig en loop ri­vier-op tot by die eer­ste ri­vier­poel. GPS S24.26511 E16.23903 Kon­tak 021 422 3761;

www.nwr.com.na

B­üll­sPort

Een van die oud­ste gas­te­pla­se hier rond, en puik vir dag­stap­roe­tes (Ko­ker­boom­kloof is be­son­ders) en perd­ry. Dis 110 km van Ses­riem af. Kamp teen R185 p.p. in die Bull’s He­ad-ter­rein of be­spreek die Old Po­li­ce S­ta­ti­on-ter­rein eks­klu­sief – R924 p.n. Ka­mers kos va­n­af R2 065 p.p. (met e­tes) p.n. GPS S24.14889 E16.36306 Kon­tak 00 264 63 293 371;

bu­ell­sport.com

Mal­ta­hö­he-ho­tel

Dié his­to­rie­se ho­tel is vol sto­ries. Hier is 24 dub­bel­ka­mers en 3 ge­sins­ka­mers (plek vir 6 men­se). Bed en ont­byt: R910 vir dub­bel­ka­mer per nag, of R580 vir ’n en­kel­per­soon. GPS S24.84558 E16.97965 Kon­tak 00 264 63 293 013 (Ar­no);

www.mal­ta­hoe­he-ho­tel.com

Ôa He­ra Back­pac­kers en Kam­pe­ring

Net voor jy by die dorp uit­ry aan die wes­te­kant. Be­kos­tig­ba­re bly­plek vir ou­ens wat hul­le beur­sies dop­hou. Self­sorg in back­pac­ker­ka­mers R140-R160 p.p. Kam­pe­ring kos R70 p.p. Hier’s in­ter­net, as­ook een van die beste aan­den­kings­win­kels in die streek. GPS S24.84425 E16.97351 Kon­tak 00 264 63 293 028 (B­ri­an); o­a­heraa@i­way.na

Die Pap­pot

In die hoof­straat aan wes­te­kant van dorp. Hier’s ga­we men­se en ewe ga­we din­ge om te koop – in­slui­tend vars brood vir jou kampnag­te wat voor­lê.

Kamp kos R80 p.p. en ka­mers R250 p.p. met ont­byt (waar­de vir geld!). Af­slag vir kin­ders. GPS S24.84416 E16.97508 Kon­tak 00 264 63 293 397 (Hen­driet­te); 00 264 81 319 6821 (Man­ne­tjie); pap­pot@i­way.na

E­lim-oa­se

’n Nu­we plek so­wat 4 km oos van die dorp langs die C36.

Ka­mers kos R230 p.p. met ont­byt of R180 p.p. self­sorg. Kam­peer­plek o­pen la­ter van­jaar. Hul­le ver­koop ook bil­tong, en jy kan ook net aan­ry vir lig­te e­tes. GPS S24.82931 E17.01752 Kon­tak 00 264 63 293 030 (Riet­te / Kas­sie); e­lim@i­way.na

MA­RIEN­TAL

Bas­ti­on Farm­hou­se

Dit is so­wat 15 km noord van Ma­rien­tal, op ’n ko­ring-en-mie­lie­plaas. Elk van die 4 staan­plek­ke het sy eie ruim pri­va­te a­blu­sie­blok en ’n groot af­dak oor ’n net­jies ge­pla­vei­de stoep. Kam­pe­ring: R120 p.p. R80 vir kin­ders tus­sen 6 en 18. Self­sorg­ka­mer: va­n­af R350 p.n. (en­kel) tot R900 p.n. (vir ’n ge­sin van 3). Vleis en braai­hout (R25 per sak) te koop.

Ont­byt be­skik­baar. Kof­fie­win­kel en pad­stal op per­seel, en hier’s wrag­gies in­ter­net be­skik­baar. GPS S24.51375 E17.92595 Kon­tak 00 264 63 240 827 (Sa­lomé); bas­ti­on­far­my­ard.com

S­TAM­PRIET

La­pa-Lan­ge Lod­ge

So­wat 34 km suid­oos van Ma­rien­tal op die M29. Hier is 6 staan­plek­ke (met krag): R175 p.p. Ver­skeie an­der bly­plek-op­sies va­n­af R995 p.p. wat deel, met ont­byt. Hier’s ’n lek­ker wa­ter­gat waar jy wild kan kyk. GPS S24.80571 E18.18860 Kon­tak 00 264 63 241 801 (Ei­leen); ga­me­lod­ge­na­mi­bia.com

Ka­la­ha­ri A­nib Lod­ge

Dit is 30 km oos van Ma­rien­tal langs die C20 in S­tam­priet se rig­ting. Kam­pe­ring: R150 p.p. (mak­si­mum 4 men­se per staan­plek). Bed en ont­byt: R1 006 p.p. wat deel. Hier is kort stap­roe­tes (kry kaart by ont­vangs). GPS S24.43030 E18.10051 Kon­tak 00 264 61 230 066;

gond­wa­na-col­lecti­on.com

Ka­la­ha­ri Farm­hou­se

Kam­pe­ring op gras­staan­plek­ke: R150 p.p. (mak­si­mum 4 men­se per staan­plek). Bed en ont­byt va­n­af R1 006 p.p. wat deel. GPS S24.33757 E18.40091 Kon­tak 00 264 61 230 066;

gond­wa­na-col­lecti­on.com

S­tam­priet His­to­ri­cal Gu­est­hou­se

Ge­leë op ’n kop­pie in die dorp, met mooi uit­sig. Dit kos R1 560 p.n. vir 2 men­se – ont­byt en aand­e­te in­ge­sluit. Bed en ont­byt: R1260 vir 2 men­se per nag. GPS S24.34654 E18.40182 Kon­tak 00 264 63 260 013 (Pe­tro);

stam­priet­guest­hou­se.com

GO­CHAS

Wild­moor-na­tuur­kamp

Dit is so­wat 20 km noord van Go­chas langs die C15. Kam­pe­ring: R100 p.p. (sluit hout in). Half­prys vir kin­ders o.12. Jy kan by die op­stal kam­peer waar daar gras is (en toe­gang tot krag – doen na­vraag) of oor­kant die pad teen­aan die kalk­steen­kran­sies. Jy kan ook wild kamp (son­der ge­rie­we) in die Ka­la­ha­ri­dui­ne – doen na­vraag. GPS S24.71773 E18.69789 Kon­tak 00 264 81 240 8811 (An­ja); wild­moor@i­way.na

Au­ob Coun­try Lod­ge

Ge­leë langs die droë ri­vier­bed van die Au­o­b­ri­vier, on­ge­veer 6 km van Go­chas. Kam­pe­ring R110 p.p. en an­der ver­blyf va­n­af R1155 per nag vir t­wee men­se (met ont­byt). Swem­bad, re­stau­rant en la­pa. Jy kan gaan stap in die om­ge­wing. GPS S24.82040 E18.77362 Kon­tak 00 264 61 374 750;

au­ob@ncl.com.na

S­to­ney’s Coun­try Ho­tel

Dié ho­tel is die spil waar­om die dor­pie draai; as men­se hier op­hou bier drink, sal die dor­pie se­ker ook sy deu­re sluit. Kam­pe­ring (krag­pun­te): R80 p.p. Ka­mers: va­n­af R325 p.p. wat deel (met ont­byt). Smul in die re­stau­rant aan die ched­da­melt­schnit­zel of die 500 g-ste­ak. GPS S24.85900 E18.81075 Kon­tak 00 264 63 250 237 (Jo­hann / Lee); go­chas­ho­tel.com

Red Du­ne Camp

Hier­die mooi Ka­la­ha­ri­plaas is 35 km suid van Go­chas langs die C15. Kam­peer op die kruin van ’n rooi­duin: R80 p.p. Luuk­se tent: va­n­af R160 p.p. Ka­mers: va­n­af R250 p.p. Maal­tye be­skik­baar, maar be­spreek voor­af. Die plaas­werf is ’n Wi-Fi-so­ne. GPS S25.13002 E18.94918 Kon­tak 00 264 63 250 164 (Marieta / Pie­ter); red­du­ne­camp.com ARA­NOS EN KA­LA­HA­RI

Bui­te­pos Sa­fa­ris

Volg die M39 (langs die Nos­so­b­ri­vier) suid­oos­waarts vir 130 km van Ara­nos af. Dis op die grens met Botswa­na, min of meer in die mid­del van nê­rens (en or­dent­lik Ka­la­ha­ri).

Bui­te­pos is ’n eks­klu­sie­we ja­gen-fo­tosa­fa­ri­be­stem­ming. Self­sorgs­a­fa­ri­kamp: sa­fa­ri­ten­te vir 2 kos R300 p.n., bun­ga­lows vir 2 kos R800 p.n. en die Du­ne Hou­se (vir 6 men­se) kos R2500 p.n. Die lod­ge is luuks: R2 200 p.p. wat deel (al­le e­tes). Hier’s Wi-Fi en DStv. Sons­on­der­gang­rit R150 p.p. GPS S24.67284 E19.98535 Kon­tak 00 264 63 252 424 (Mar­nus / Tru­die); 00 264 81 127 3530; mar­nus@i­way.na

BET­TA EN DU­WI­SIB

Bet­ta-rus­kamp

Bet­ta is piep­klein. Hier is wel brand­stof be­skik­baar, selfs 50 ppm-die­sel! Kamp kos R80 p.p. (kin­ders o.12, half­prys). ’n S­ka­du­dak­kie, ne­tjie­se a­blu­sie en ’n uit­kyk­dek. Self­sor­g­cha­lets: R275 p.p. C­ha­let met aand­e­te en ont­byt: R450 p.p. GPS S25.38267 E16.42327 Kon­tak 00 264 81 477 3992 (Re­ne); bet­ta@i­way.na

Du­wi­sib-kas­teel

Hier’s ’n pri­vaat-gas­te­plaas as­ook ’n NWR-kam­peer­plek. Kam­peer by die gas­te­plaas kos R100 p.p. en R50 per kind o.12. Ka­mers kos va­n­af R780 p.p. as 3 deel (met ont­byt, aand­e­te) en va­n­af R300 p.p. self­sorg.

’n Vel­drit kos R150 p.p. Die NWR se kamp­ter­rein (by die pad) kos R110 p.p. Toe­gang tot die his­to­rie­se kas­teel kos R55 p.p. GPS S25.25726 E16.54172 Kon­tak 00 264 63 293 344 (gas­te­plaas); www.farm­du­wi­sib.com; 021 422 3761 (NWR); re­ser­va­ti­ons@nwr.com.na

S­pitz­kop­pe Cas­t­le Guest Farm

Nee, hier’s nie ook ’n kas­teel nie! Dis is ’n kop­pie wat bie­tjie soos ’n kas­teel lyk. Hier’s wel die oor­blyf­sels van ’n Duit­se sein­sta­sie.

Dié gas­te­plaas is so­wat 63 km van Mal­ta­hö­he. Dis ’n wer­ken­de plaas, dus kan jy rond­stap en kyk waar­mee die boer be­sig is. Dalk sien jy se­bra, spring­bok, gems­bok en vol­struis. Kam­pe­ring kos R100 p.p. (met krag) en gas­te­ka­mers kos R450 p.p. wat deel, met ont­byt. GPS S25.16453 E16.87820 Kon­tak 00 264 63 293 207 (A­bie);

s­pits­kop@gmail.com

DIE KAM OP DIE KIM. S­pitz­kop­pe se ken­mer­ken­de bui­te­lyn ver­sier jou ho­ri­son in die ver­te wan­neer jy van U­sa­kos na Hen­ties­baai ry, of van Hen­ties in die rig­ting van Uis. Nog be­ter is na­tuur­lik om ’n aand of t­wee rég teen­aan die rot­se te gaan kamp op­slaan. (Toe­maar, die pad soon­toe is gro­ter en mooi­er as die een op ons fo­to!) Be­soek die Boog­rots en Boes­man­pa­ra­dys, en maak se­ker jy staan ge­reed met jou ka­me­ra teen sonsondergang, want dis dan wan­neer die rot­se be­hoor­lik le­we kry. Sien bl. 110 vir ver­bly­fin­lig­ting by S­pitz­kop­pe. FO­TO XE­NIA I­VA­NOFF-ERB

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.