REISDAGBOEK: VIS­VANG TEEN DIE S­KE­DEL­KUS

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE EN FO­TO’S H.P. JOR­DAAN

H.P. Jor­daan en sy vrien­de vaar on­der die ka­bel­jou in

Ry saam na Hen­ties, en ver­der noord teen die S­ke­del­kus op – na wa­ters waar fa­bel­ag­ti­ge groot ka­bel­joue ho­pe­lik op jou hoek wag.

Jy weet dis tyd vir Hen­ties toe gaan wan­neer jou in­ner­li­ke grot­man be­gin mor.

En wan­neer Na­mi­bië se vis­wa­ters roep, dan ant­woord jy die roep­kreet.

In Ok­to­ber 2014 ver­trek ons as groep uit die Oos-Kaap en druk deur Wind­hoek toe in een skof. Daar is ne­ge van ons in t­wee bak­kies – ’n Ma­z­da Drif­ter en ’n VW A­ma­rok. Dié deur­druk Wind­hoek toe is be­plan: Dis Ok­to­ber­fest en ons wil deel in die fees­vie­rin­ge (en eis­bein en sau­er­kraut...). Daar ge­kom, vang ons ook nog die Cur­rie­be­ker­eind­stryd en sien hoe die WP die Leeus klop.

Nie ’n sleg­te be­gin vir ons va­kan­sie nie!

Nou vir St. No­w­he­re

Wan­neer jy af­draai net an­der­kant U­sa­kos en die D1918-grond­pad vat na Hen­ties, be­gin jy krie­wel­rig raak: jy’s nou na­by.

In Hen­ties koop ons al ons voor­ra­de vir die dae wat voor­lê, en brand dan tek­kie teen die sout­pad (C34) na St. No­w­he­re so­wat 104 km ver­der teen die kus op.

Ons is vir 11 dae in­ge­boek by ’n self­sor­ghui­sie ge­naamd Groot­drink (daar’s an­der hui­se ook te huur in St. No­w­he­re, en ’n kamp­plek).

Na­dat ons af­ge­pak het, is daar tyd vir lyn nat­maak. Ek, my pa Boel, broer Jay­son en nog ’n pa en seun, Ja­co en Pie­ter van der West­hui­zen, is in die A­ma­rok en ry na ’n plek ge­naamd Rich­ters­veld net suid van St. No­w­he­re. Die res van ons groep – Her­man Neeth­ling, Ger­rit Goo­sen, S­to­ney S­teen­kamp en Jo­han Ven­ter – is met die Ma­z­da noord, na Blare.

Die wa­ter lyk mooi; die weer is per­fek. Ek dink dis die eer­ste keer dat ek met op­ge­rol­de moue in Na­mi­bië kon vis­vang – dis ge­woon­lik koud!

Langs die S­ke­del­kus moet jy ge­duld hê. Die vis is al­tyd hier; par­ty dae loop din­ge net sta­di­ger as an­der. Maar van­dag stel die see nie te­leur nie: ons is vas van die eer­ste in­gooi af. Ons b­ring jong ka­bel­joue in, as­ook ’n paar ge­vlek­te lui­perd­haaie en hond­haaie. Ná son­on­der is ons te­rug Groot­drink toe en hoor ons het die eint­li­ke ak­sie ge­mis.

By Blare was die gróót ka­bel­joue aan die byt en al­mal het goeie vis­se ge­vang – par­ty het selfs hul­le eie re­kords ver­be­ter.

S­to­ney het die vis van ’n leef­tyd ge­vang – ’n 18,47 kg-ka­bel­jou!

Die uur van die ka­bel­jou

Skie­lik raak din­ge me­de­din­gend: Die pa-en­seun­span­ne in die A­ma­rok teen die Ma­z­da­man­ne. Die vol­gen­de dag ry ons op na die U­ga­b­ri­vier, so­wat 20 km noord van St. No­w­he­re, met die plan om sta­dig van daar ons pad te­rug te “vis” af na Blare.

Die vis byt goed, maar nie ui­ter­ma­te nie. Pie­ter vang wel ’n jong elf – dis iets wat jy sel­de hier vang.

Langs die S­ke­del­kus word die vis in re­de­li­ke vlak wa­ter ge­vang en dis dik­wels be­gin­ner­hen­ge­laars – wat nie so ver kan in­gooi nie – wat die mees­te of groot­ste vis­se vang. Baie van die vis­spe­sies “wei” vlak ag­ter die laas­te bran­der.

Dít is die re­de hoe­kom men­se ver­sot raak op Na­mi­bië as vis­vang­plek. Dit word ’n ge­sins­ak­ti­wi­teit, en a­ma­teurs en ge­sou­te ou­ens kan saam vis­vang.

By Blare het ons ka­bel­jou ge­kry, maar niks om oor te twiet nie. Dis nou tot­dat my pa teen sonsondergang iets groots vas­ge­kap

het. Hy het ge­dink dis ’n haai, maar toe hy na­by kom, sien ons dis ’n ka­bel­jou! Dit was sy groot­ste ka­bel­jou nóg in Na­mi­bië – ’n 102 cm lan­ge een.

Wel­kom by die Me­ter­klub, Pa!

Op soek na die Die­sel­en­jin

Oor die vol­gen­de paar dae is klei­ne­ri­ge ka­bel­jou aan die or­de van die dag, maar ek ver­skuif my aan­dag na s­teen­bras, met my lig­te ge­rei (sien kas­sie: Vis­vang 101).

S­teen­bras vang ek wel, maar nie die groot­te waar­na ek soek nie. S­teen­bras het ook die by­naam Die­sel­en­jin hier om­dat hul­le nie nood­wen­dig be­kend is vir hul­le vaart nie, maar eer­der hul­le krag. Daai ont­wy­ken­de groot Die­sel­en­jin spook steeds by my – ek sal weer moet kom en wéér pro­beer.

Be­hal­we die goeie vangs­te – jong ka­bel­jou en s­teen­bras – vang ons ook jong gal­joen. So­dra die wa­ter ef­fens troe­bel is, vat die gal­joe­ne die mos­se­laas met oor­ga­we.

Ons sien on­ge­luk­kig ook iets hart­seers: Ou­ens wat met bloed­wurm (wat an­ders is as dít wat ons bloed­wurm noem in SuidA­fri­ka) hen­gel. Hul­le het sak­ke en sak­ke gal­joen en s­teen­bras uit­ge­trek.

Nie net is dit on­wet­tig om met bloed­wurm te hen­gel in Na­mi­bië nie (jy mag dit nie eens in jou be­sit hê nie), maar die ma­nier waar­op bloed­wurm “ge­oes” word, is ook ska­de­lik vir die e­ko­sis­teem langs hier­die sen­si­tie­we kus­lyn. En as vis in sul­ke groot ge­tal­le ge­vang – en ge­hou – word, gaan die spe­sie ska­de ly.

Dié ou­ens het han­de vol bloed­wurm in die wa­ter ge­gooi om ’n voer­plek te maak ’n paar uur voor­dat hul­le be­gin vang het. La­ter word hon­der­de vis hier uit­ge­trek. Só ’n stroop­tog kan dae lank duur.

Vier kap­pe, vier vis­se

Die dae stroom ver­by. Al­mal weet nou reeds van die goeie vangs­te by Blare, en die strand daar is so vol men­se dat dit lyk soos elf­sei­soen in Dur­ban. Ou­ens staan skou­er aan skou­er. Maar dis nie vir my nie, dan­kie.

Ek en my pa wyk steeds na die noor­de uit en hen­gel el­ke dag ons pad strand­langs te­rug tot by Ron­de­klip.

Daar­van­daan ry ons te­rug hoof­pad toe en te­rug na St. No­w­he­re.

Op die laas­te dag van ons va­kan­sie is dit vol­maan en spring­ge­ty. Met laag­wa­ter kom ons uit by sand­ban­ke wat an­der­sins on­be­reik­baar sou wees. Skie­lik val als in plek, en ons vang vis soos ’n ou net van kan droom.

Dis pre­sies hoe ek hou van hen­gel: Goeie weers­toe­stan­de, en s­til­ler wa­ters waar min­der ou­ens hen­gel. Ek hou ook daar­van om in die wa­ter in te stap en met my kuns­aas die hoek te kan neer­sit op pre­sies die reg­te plek­kie. Dis ’n meer aktiewe ma­nier van vis­vang. Ek en my pa op die sand­bank, met die stro­me wat soms dreig om ons van ons on­vas­te voe­te te s­poel. Dís hoe dit moet wees!

Gooi na gooi word ons stok­ke krom­ge­trek. Met my eer­ste gooi vang ek ’n 75 cm-ka­bel­jou. Met die twee­de ’n 85 cmeen. Der­de, 88 cm. Vier­de, 80 cm!

My pa ver­loor ’n paar in die pro­ses, maar dit help dat hy los is om ’n fo­to te neem van my vis­se soos ek hul­le vang.

Uit­ein­de­lik kry hy ook beurt om te po­seer met ’n mooi 90 cm-ka­bel­jou.

La­ter vang ek die groot­ste eet­vis wat ek nog in Na­mi­bië ge­vang het, ’n 101 cm­ka­bel­jou. ’n Hon­ger rob, an­der lyne in die wa­ter en die bran­ders wat om my rol – so­veel so dat ek soms skou­er­diep in die wa­ter is – wil my kort­wiek, maar ek kry hom uit.

’n Paar fo­to’s la­ter laat ek die vis weer vry. Dié groot ka­bel­joue wat jy van Sep­tem­ber­maand af hier vang, is broei­vis­se op pad na die kal­mer wa­ters van Wal­vis­baai en Sand­vis­ha­we waar hul­le ei­ers gaan lê. Ho­pe­lik kan ek oor ’n paar jaar hul­le klein­tjies kom vang.

Ty­dens ons va­kan­sie het ons ge­praat dat dit dalk ons laas­te Na­mi­bi­ë­toer sou wees. Dis ver om te ry, als kos geld, en­so­voorts. Maar met vangs­te – en spe­si­a­le tye – soos dié van Ok­to­ber-No­vem­ber 2014 sou dit moei­lik wees om nie te wil te­rug­kom nie.

Ja, wan­neer Na­mi­bië se vis­wa­ters roep, gaan ek ant­woord...

H.P. Jor­daan is ’n re­ken­mees­ter van So­mer­se­tWes. Hier­die is ’n ver­kor­te weer­ga­we van ’n sto­rie wat voor­heen op sy blog rus­hof­blue.com ver­skyn het. Vir slaap­plek in en rondom Hen­ties, sien bl. 109.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.