REISDAGBOEK: SO­LI­TAI­RE NA OUTJO

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS EN FO­TO’S JA­CO VAN NIE­KERK

Ja­co en Dasha van Nie­kerk ry­loop kaal­voet deur Na­mi­bië

Ja­co van Nie­kerk en sy Rus­sie­se vrou, Dasha, het laas­jaar kaal­voet ge­ry­loop van die Kaap tot in Zam­bië. Hier is uit­trek­sels uit hul­le reisdagboek deur Na­mi­bië.

23 OK­TO­BER 2014 So­li­tai­re na S­wa­kop­mund

Half­ses is ons op en aan die pak. Gis­ter­aand het ons na­by Na­ba­seb – tus­sen Mal­ta­hö­he en So­li­ta­ti­re – langs die C14 ge­slaap.

Ses­uur is ons ge­reed om e­nig­iets wat op die pad be­weeg, af te trek. Hier is nie baie ver­keer nie. Ons wag ’n half­uur en be­sluit om vin­nig tee en ont­byt te maak ter­wyl daar nog niks ver­by­kom nie. Ons sluk ons ont­byt af en brand ons ke­le met die tee. Maar niks kom ver­by nie. Die son kom la­ter oor die ber­ge op en ons be­gin bak.

Ons hoor ’n dreu­ning. Ver­vaard vlieg ons op en stof ons af van waar ons langs die pad op ons rug­sak­ke ge­sit­lê het. Die dreu­ning gaan bo-oor ons. ’n K­lein vlieg­tui­gie.

Voor tien kom ’n Land Ro­ver aan­ge­kruie. Dit be­hoort aan N/a’an ku sê, ’n or­ga­ni­sa­sie wat met wild­re­ha­bi­li­ta­sie werk. Die vrou stop en laai ons op. Die vry­wil­li­gers in die Land Ro­ver kyk ons met groot oë aan. Ons lyk en ruik se­ker erg bos.

So­li­tai­re is te veel van ’n toe­ris­te­plek vir my. O­ral is bus­se wat hor­des leep­oog toe­ris­te af­laai wat dan doel­loos deur al die snuis­te­rye snuf­fel. Ten min­ste is die ap­pel­tert waar­voor die plek be­kend is, is wrag­gies lek­ker, en ek en Dasha smul elk­een aan ’n homp daar­van vir mid­dag­e­te. Ons kies eg­ter gou koers na die bord­jie wat Wal­vis­baai aan­dui, 230 km ver weg. Nie lank nie of ’n bak­kie met Duit­se S­wit­sers stop vir ons. Hul­le is jonk en lus vir a­von­tuur, en ons ge­niet me­kaar se ge­sel­skap. Hul­le wil ook uit­breek en nie net die deur­ge­trap­te plek­ke sien nie.

In Wal­vis­baai sit ek en Dasha sit op ’n ban­kie en kyk na die koue see. Ons is 2 100 km ge­le­de uit die Kaap weg.

Tot dus­ver het ons nog niks vir ver­voer be­taal nie, en reeds ho­pe a­von­tuur be­leef. Ten spy­te van die moeg­heid voel ek lus vir die reis wat voor­lê.

’n Vrien­de­li­ke man gee ons ’n ge­leent­heid tot bui­te die dorp, van waar ons duim­gooi na S­wa­kop­mund. Nóg ’n vrien­de­li­ke man stop langs ons en be­duie ons moet in sy Corol­la klim. Ek vra of ons moet be­taal. Hy lag. Na­tuur­lik, dis mos hoe dit werk. Ek sê hom ons het al die pad van die Kaap ver­niet ge­ry. Hy skud sy kop en be­gin ry. Hon­derd me­ter ver­der stop hy en stoot te­rug. Steeds kop­skud­dend sê hy ons moet klim, hy sal ons gra­tis vat.

S­wa­kop­mund is gro­ter as wat ek my­self voor­ge­stel het. My pa s­tuur ’n SMS van P­re­to­ria af dat ons Ske­le­ton Be­ach Hos­tel moet pro­beer. Daar ge­kom, is ons dank­baar om die tent in die een hoek van die erf op te slaan en ’n lek­ker warm stort te vat. Ons het ver ge­kom vir dié stort!

1 NO­VEM­BER 2014 S­wa­kop­mund

Dasha se kamp­ma­tras­sie lek. Die af­ge­lo­pe paar nag­te maak ons beur­te om op die grond te slaap na­dat ons na­by Aus in ’n kol do­rings ge­slaap het. Ons stap deur die dorp en vra o­ral, en kom la­ter by CYMOT uit, ’n buitelug-en-ys­ter­wa­re­win­kel waar­van ek hou. Daar koop ek ge­noeg rub­ber­vel­le­tjies om die helf­te van ’n ma­tras oor te kan trek; die goed kom van Duits­land en wérk.

Ons bly in die Ske­le­ton Be­ach Hos­tel vir vyf nag­te. Daar ont­moet ons an­der jong­men­se wat die land min of meer soos ons deur­kruis, die meer­der­heid van hul­le Duit­sers.

Al wat vir my moei­lik is, is die weer. Daar hang meestal ’n mis­bank in die lug wat van die koue see af kom. Dit pla eg­ter vir Dasha min.

Ons b­ring ons dae deur deur in die dorp rond te loop en na Duit­se ge­boue te kyk en dan weer by die hos­tel te gaan kos­maak. By ’n slag­huis koop ek Land­j­ä­gers, ’n sa­la­mi wat van gems­bok en spring­bok ge­maak word: Dis lek­ker in slaai, op piz­za, brood, of som­mer net so.

7 DE­SEM­BER 2014 Outjo en A­fri­ka­ner­bees­te

Outjo is ’n ou­li­ke dor­pie. Daar is ’n bak­ke­ry en die stra­te her­in­ner aan ’n reg­te plat­te­land­se dor­pie. O­ral hoor ’n mens die klap­taal van die Da­ma­ras. En as hul­le nie Da­ma­ra praat nie, dan praat hul­le die mooi­ste A­fri­kaans.

Oom De Wet Mou­ton nooi ons om ’n paar dae saam met hom op hul­le plaas – Of­fer – na­by O­ta­vi deur te b­ring. Ek het saam sy dog­ter, An­ni­ka, by Tuk­kies stu­deer, en hy het vir ons ’n ge­leent­heid van Wind­hoek na Outjo ge­gee.

Hul­le boer met A­fri­ka­ner­bees­te, die ein­ste ou­tjies wat van ons voor­ou­ers so in A­fri­ka op­ge­trek het.

Die re­ën kom saam met ons op Of­fer aan. Ons hard­loop gou die groot plaas­huis in waar oom De Wet se pa en ma ons in­wag. Die tan­nie laat ons da­de­lik wel­kom voel en skep vir ons elk ’n bord bees­stert in.

Die vol­gen­de paar dae is he­mels. El­ke mid­dag eet ons die heer­lik­ste bees­vleis­ge­reg­te. Een­dag boer ek ook met A­fri­ka­ners as ek my sin kan kry!

Die plaas is taam­lik groot, maar in hier­die wê­reld het ’n mens ’n moe­wie­se stuk aar­de no­dig om die bees­te te kan dra aan­ge­sien die wei­ding so yl ver­sprei lê. Oom De Wet wys my hoe om ’n goeie bees van ’n swak een te on­der­skei, ver­dui­de­lik die ge­ne­ti­ka, en wys vo­ëls en bo­me uit wat eie aan hier­die wê­reld is. Hy wys my ook ’n miers­hoop wat se­ker 4-5 m hoog is.

Ons har­te is seer toe ons Of­fer ver­laat. Weer eens het die gas­vry­heid van die Na­mi­bi­ërs ons (kaal-)voe­te on­der ons uit­ge­slaan.

Lees Ja­co se blog by be­ar­food­tra­vels. blogspot.com vir meer a­von­tu­re.

GE­AARD. “Ek het maar nog al­tyd van kaal­voet loop ge­hou,” sê Ja­co van Nie­kerk. “My groot­ste vrees vir ho­ër­skool toe gaan was dat ek heel­dag skoe­ne sou moes dra. Dasha, my vrou, het nooit die ge­leent­heid ge­kry om kaal­voet te loop in Rus­land nie. Toe sy men­se in Suid-A­fri­ka kaal­voet sien loop en selfs win­kels toe gaan, be­sluit sy om dit ook te pro­beer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.