REISDAGBOEK: O­VAM­BO­LAND & CAPRI­VI

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS TI­AAN RA­BE FO­TO’S MEI­RING DE VILLIERS EN TI­AAN RA­BE

Op mo­tor­fiet­se deur die noor­de

Ti­aan Ra­be en Mei­ring de Villiers het Noord­oosNa­mi­bië op hul­le mo­tor­fiet­se ver­ken, as­ook de­le van Botswa­na en Zam­bië. Hier­die is uit­trek­sels uit hul­le toer­dag­boek.

Ná maan­de se be­plan­ning en toerusting reg­kry het ek en Mei­ring steeds nie reg­tig ge­weet wat vir ons voor­lê nie. Ons sou din­ge vat soos dit kom en het geen ver­blyf voor­af be­spreek of ’n pre­sie­se roe­te vas­ge­maak voor­dat ons ver­trek nie. Dis mos ver­on­der­stel om ’n a­von­tuur te wees!

Ons het die mo­tor­fiet­se – my KTM 950 Ad­ven­tu­re en Mei­ring se BMW 1200 GS – met ’n sleep­wa tot in Wind­hoek ver­voer.

Ons sou eers vir se­we dae lank toer deur Noord­oos-Na­mi­bië, die Capri­vi, ’n bie­tjie Botswa­na en dan langs die Zam­be­si­ri­vier op­ry tot by Mon­gu in Wes-Zam­bië. Ná ’n week in Mon­gu sou ons dan in d­rie dae rie­me neer­lê te­rug tot in Wind­hoek, en dan te­rug Kaap toe in ’n dag.

Noord­waarts

Die fiet­se is swaar en on­ge­mak­lik ge­laai en dit voel as­of ’n mens nie jou sit kan kry nie. Maar ná die eer­ste 40 km be­gin dit be­ter voel. Die re­a­li­teit tree in: Ons is uit­ein­de­lik op ons ro­ad trip!

Van Wind­hoek ry ons met die B1 tot in O­ka­han­dja waar ons die tenks, as­ook ek­stra pe­trol­kan­ne­tjies, vol­maak.

Net voor O­tji­wa­ron­go draai ons af na regs op die C22 na O­ka­ka­ra­ra en kort daar­na is dit tyd vir die eer­ste grond­pad – die D2512. Dié vat ons tot by die Wa­ter­berg-pla­to- na­si­o­na­le park waar ons mid­dag­e­te eet voor ons ver­der ry na Groot­fon­tein. So­wat 50 km noord van Groot­fon­tein draai ons van die B8 af op die C44 in T­sum­kwe se rig­ting.

Dis ’n breë pad en ons kan ge­mak­lik 100-120 km/h hand­haaf. Ná 100 km be­sef ons dat ons T­sum­kwe nooit voor don­ker gaan be­reik nie. Ge­luk­kig dui ons kaart aan dat daar ’n kamp­plek na­by is. Die son sak en ons stop by ’n man­sap­teek (sje­bien) langs die pad om bier te koop.

Toe ons by die af­draai vir die kam­peer­ter­rein kom, wys die bord dis nog 6 km op ’n baie san­de­ri­ge pad waar­op ons fiet­se gaan suk­kel. Ons volg dus eer­der weer die groot­pad, en stop by ’n paar men­se om raad te vra. Hul­le be­duie ons moet net aan­hou, want daar’s nog ’n kamp­plek na­by. Só be­land ons by O­ma­ta­ko, waar ’n baie lek­ker kamp­plek deur San (Boes­mans) be­dryf word. Gou word lek­ker saam ge­kui­er om die vuur, en ons ge­niet selfs ’n warm don­kie­stort.

Die bat­te­ry is in sy Run­du

Die vol­gen­de og­gend is my KTM se bat­te­ry mors­dood. Dít na­dat ek juis die bat­te­ry laat na­gaan het voor ons ver­trek uit die Kaap. Maar nou ja, ge­luk­kig het ek k­lein jum­per- ka­bel­tjies saam­ge­vat en na min moei­te kom die KTM aan die gang.

Ons was van plan om die C44 te volg tot in Botswa­na, maar met die bat­te­ry­pro­ble­me be­sluit ons om Run­du toe te ry.

’n Paar ver­la­te grond­paaie – die D2898 en die D3016 – lei ons te­rug na die B8­teer­pad. In Run­du is my ag­ter­band ook pap… ten min­ste het dit nie ê­rens in die bos ge­beur nie, en ek kon dit som­mer gou by T­ren­ty­re laat reg­maak.

Daar is on­ge­luk­kig nie ’n bat­te­ry vir my fiets be­skik­baar nie, maar ek re­ël dat Nort­hern Bi­kes & Quads van Groot­fon­tein een met ’n koe­rier s­tuur so­dat ek dit die vol­gen­de og­gend in Run­du kan kry. Pro­bleem op­ge­los.

Die eer­ste, beste kam­peer­ter­rein bui­te

Run­du is die Sa­rasun­gu Ri­ver Lod­ge – ’n lek­ker plek op die O­ka­van­go­ri­vier. Hul­le het kamp­plek, koue bier en rus­tig­heid – goeie nuus vir e­ni­ge lang­af­stand­toer­man!

Met nu­we bat­te­ry in die KTM volg ons die vol­gen­de og­gend die D3402grond­pad ooswaarts langs die O­ka­van­go­ri­vier. Ie­wers loop ’n twee­spoor­paad­jie ri­vier toe – ons stop vir mid­dag­e­te.

Din­ge vor­der so rus­tig dat ons la­ter be­sef ons sal moet aan­stoot met die B8­teer­pad. Ons druk uit­ein­de­lik al die pad deur Botswa­na toe – glip deur die grens by Mo­hem­bo en slaap die aand by Drot­sky’s Ca­bins, weer langs die O­ka­van­go­ri­vier, nou so­wat 275 km stroom­af van Run­du.

Ons bly t­wee dae by Drot­sky’s, gaan kyk na die T­so­di­lo-kop­pies se rots­kuns, en gaan op ’n sons­on­der­gang­vaart van Drot­sky’s af – kro­ko­dil­le, vis­a­ren­de, see­koeie en o­li­fan­te, wat ’n be­le­we­nis!

See­koei­pa­ra­dys

Ná ons Botswa­na-draai ry ons weer op ons spo­re te­rug tot in Di­vun­du, maak vol en pak die B8 se 200 km reg­uit­pad oos deur die Capri­vi tot in Kon­go­la.

Van Kon­go­la is dit suid met die C49 (Wat tans ge­teer word. – Red.) na Sang­wa­li. Ons dag raak al weer kort, en die pad al hoe meer dod­gy.

Teen sterk ske­mer be­reik ons ein­de­lik die Ru­pa­ra-kamp­ter­rein in die N­ka­sa Ru­pa­ra- na­si­o­na­le park (voor­heen Ma­mi­li). Heel­nag hoor ons hoe d­rie see­koeie rondom die kamp­ter­rein in die moe­ras wer­skaf. Dís mos nou kamp!

Die vol­gen­de dag volg ons die C49 tot by Ka­ti­ma Mu­li­lo en gaan son­der moei­te deur die grens tot in Zam­bië, waar nog ’n week van a­von­tu­re vir ons wag.

Ons het ge­weet die pad te­rug sou moei­lik – en lank – wees. Maar ’n ou het net so­veel ver­lof en ons wou so veel as moont­lik daar­uit kry.

Ge­luk­kig kom ons son­der voor­val weer te­rug in Wind­hoek aan (heel­pad teer­pad), en ry daar­van­daan weer te­rug Kaap toe.

Die toer was veel meer van ’n a­von­tuur as wat ek en Mei­ring ver­wag het – ho­pe­lik kry ons gou weer tyd vir só ’n toer!

Sien bl. 119 vir bly­plek in O­vam­bo­land en die Capri­vis­trook (bl. 123).

Mei­ring De Villiers en Ti­aan Ra­be

Mei­ring de Villiers en sy BMW 1200 GS trot­seer ’n hout­brug­gie op pad na die N­ka­sa Ru­pa­ra- na­si­o­na­le park (voor­heen be­kend as Ma­mi­li).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.