MEN­SE: TOM­MY COL­LARD

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS SOPHIA VAN TAAK FO­TO’S SAM R­EIN­DERS

’n Man wat el­ke dui­ne­dier­tjie ken

’n Woes­tyn­toer saam met Tom­my Col­lard van Tom­my’s Tours and Sa­fa­ris is ’n uit­ste­ken­de ma­nier om ’n og­gend in S­wa­kop­mund te ver­wyl. Vir Tom­my lééf die Na­mib, en hy ken el­ke ge­dier­te­tjie se a­dres.

“Wat ’n Boes­man al­les op die grond kan lees... it will blow your boots off,” praat Tom­my Col­lard bo die ge­brul van sy Land Ro­ver 101FC – ’n om­ge­bou­de B­rit­se weer­ma­gam­bu­lans uit die 1940’s. Hy kap die trok­kie in twee­de, voel of die glas­fles vol le­wen­di­ge meel­wurms en tok­tok­kies nog reg­op staan langs die rat­hef­boom voor­dat hy in ’n seep­glad­de meng­sel van En­gels en Duits ver­der praat:

“Dit was die Boes­man­ba­tal­jon wat my in ’78 leer spoor­sny het. ’n Boes­man lees die woes­tyn­sand soos ’n koe­rant – hy kan vir jou sê ‘hier het ’n jak­kals laas­nag ’n muis ge­vang’ ”.

Tom­my se kop swiep heen en weer soos ’n soek­lig. In 18 jaar van woes­tyn­toe­re het hy glo nog net 3 dae af ge­had. Se­we dae ’n week is hy op sy knieë in die sand – dié dat hy die Na­mib se dier­spe­sies soos ou vrien­de ken.

S­wa­kop se laas­te hui­se is nog in sig toe hy stil­hou, uit­spring en voor­oor buk op soek na iets op die grond. Hy buig nog la­er, hurk en trek met sy vin­ger ’n sir­kel in die sand. “Kom kyk,” wink hy.

Ons tui­mel uit die am­bu­lans. Tom­my be­gin die sand bin­ne sy sir­kel met lang ha­le weg­vee. T­wee sloot­jies vorm en tus­sen hul­le bly staan ’n fyn to­rin­kie sand­kor­rels.

“Dis die buis­spin­ne­kop se nes­sie – hy’s lank en dun, lyk soos ’n wors­hond. Maar hy’s skaars so groot soos ’n spel­de­kop.”

Hy breek die puntjie van die to­ring ver­sig­tig af so­dat ons kan voel. Die dig­te meng­sel van spin­ne­web en sand­kor­rel­tjies voel pap en sag, soos ’n re­pie sy­kous.

Tom­my is vol fei­te oor die woes­tyn, maar dis eer­der sy grap­pies wat jy ont­hou: “Hier in die Na­mib be­te­ken ’n re­ën­val van 100 mm dat die re­ën­drup­pels 100 mm uit me­kaar val. Dis dróóg. As ’n pad­da hier wil leer swem, doen hy dit op die in­ter­net.

“Ja, hier rond is wa­ter die cur­ren­cy of li­fe. Ek het nog nooit ’n man wat deur die woes­tyn kruip, hoor smeek vir ’n bier nie.”

En dan: “As jul­le ie­wers ’n rooi vlag­gie sien, sê my. Ons het vir el­ke ver­kleur­man­ne­tjie ’n rooi vlag ge­gee.” Dít laat selfs die fleg­ma­tie­se tie­ners in ons toer­groep reg­op sit... maar net vir ’n oom­blik, voor­dat hul­le Tom­my se terg-oë in die tru­spie­ël­tjie vang.

Die vol­gen­de vonds is ’n Na­mibduinad­der. “Kom hier, jou kor­rel­kop!” mom­pel Tom­my ter­wyl hy soos ’n hond ag­ter die slang aan­gra­we. Dan het hy hom – ’n ad­der­tjie van skaars t­wee we­ke oud, so lank soos ’n li­ni­aal.

Hy hou die slan­ge­tjie ver­sig­tig ag­ter sy kop vas. “Hoe­veel keer is jy al ge­byt?” vra ie­mand. Tom­my dink kas­tig diep. “Soos dit na­der aan ses­tig kom, hou jy op met tel...”

Aan­vank­lik is die toe­ris­te stug, kla hul­le kry koud en wil nie el­ke nou en dan uit­klim nie. Maar met­ter­tyd steek Tom­my se le­wens­lus al­mal aan en na­der­hand sal jy sweer ons kyk na ’n trop leeus wat

pas ’n buf­fel plat­ge­trek het el­ke keer as Tom­my uit­wip en ag­ter iets aan­skar­rel – die men­se in die am­bu­lans vlieg op, koek teen die rui­te saam en praat vol ver­won­de­ring in f­lui­ster­stem­me:

“He must ma­ke a TV se­ries a­bout his ex­pe­rien­ce he­re...” “Y­e­ah, he’s just li­ke Be­ar Grylls...” Die son het Tom­my se kaal, se­ning­ri­ge be­ne goed ge­kleur en hy dra nie skoe­ne nie. “Wat ge­beur as iets jou byt?” vra ’n toe­ris be­sorgd. “Dan vrek ek,” ant­woord hy on­ge­ërg. Dié be­rus­ting is op­val­lend. Dis as­of hy aan­vaar het dat die woes­tyn­ge­dier­tjies wat al vir so lank sy be­staan ver­se­ker, ook waar­skyn­lik een­dag sy dood gaan be­te­ken. Maar dis sy roe­ping dié, dit kan nie an­ders nie.

Tom­my ont­hou ’n nag toe hy ’n vriend wat hom­self om die le­we wou b­ring, gaan haal het en woes­tyn-in ge­ry het. Dit was die beste troos waar­aan hy kon dink, dié stil plek waar ’n mens tot ver­haal kan kom. Daai nag het hy be­sef: die woes­tyn het íets, ’n kal­me­ren­de be­ko­ring wat meer men­se moet er­vaar. Dít was die ont­staan van sy Li­ving De­sert Tours.

Tom­my trap skie­lik rem, smyt sy deur oop en skree: “Ba­ba­ver­kleur­man­ne­tjie!” Waar? Waar? Ons sien niks. Dan tel hy ’n vaal kol van die grond af op – ons al­mal het dit vir ’n klip aan­ge­sien.

Die Na­ma­kwa-ver­kleur­man is die vin­nig­ste ver­kleur­man­ne­tjie in die wê­reld en baie ge­wild as troe­tel­dier. Dis ’n be­skerm­de dier­tjie, maar nog­tans word hul­le hier in Na­mi­bië ge­steel en vir tot R7 000 per broei­paar op die swart­mark ver­koop. Dis hoe­kom Tom­my al die ver­kleur­man­ne waar­op hy af­kom, met mi­kro­sky­fies merk as deel van sy en dr. Kry­stal Tol­ley van Kaap­stad se Na­si­o­na­le Bi­o­di­ver­si­teit­in­sti­tuut se po­ging om die on­wet­ti­ge han­del in dié dier­tjies hok te slaan.

“El­ke mi­kro­sky­fie het ’n u­nie­ke nom­mer, en ek kan die ver­kleur­man­ne wat ons ge­merk het, op Google Earth volg. Ek kan sien in wat­ter ge­bied ’n spe­si­fie­ke ene rond­be­weeg, en ook smok­ke­laars reg­oor die aard­bol vas­trek.

“By ge­boor­te weeg hy skaars t­wee gram – uit­ge­groei kan hy oor ’n ki­lo­gram weeg. ’n Vol­was­se een sal al­les eet wat hom nie eer­ste pro­beer eet nie,” ver­tel hy in­ge­no­me.

Nou ver­staan ons hoe­kom die fles gog­gas saam­ge­kom het, en dié ou­tjie kry ’n paar vet meel­wurms vir ont­byt.

Ek won­der hard­op of ons van­og­gend ’n rooi-ro­man gaan sien, die goed gee my die hor­rie­piep. Tom­my wys na sy glas­fles: “Ek’t al rooi-ro­mans ge­vang wat net-net in só ’n fles pas. Vir die eer­ste 20 se­kon­des pro­beer jy hóm vang, daar­na pro­beer hy jóú vang.”

Ek is ver­lig om te hoor hul­le is nie gif­tig nie. “Maar sal ’n mens ’n re­ak­sie hê as een jou byt?” wil ek steeds weet.

Tom­my se oë von­kel: “Jong, jy sal ’n vuil broek hê!”

’n Ent­jie ver­der vang hy ’n vin­ger­dik, g­lib­be­ri­ge glad­de­ak­ke­dis. “Die Fit­zSi­mons­gra­wen­de glad­de­ak­ke­dis is en­de­mies tot die Na­mib.” Tom­my grin­nik toe die poot­lo­se ak­ke­dis­sie hom ewe braaf aan ’n kneu­kel byt en daar bly hang.

Vol­gen­de aan die beurt: ’n Swart­sker­pi­oen. Tom­my gryp hom net on­der die an­gel en tel die dier dan lief­de­rik met sy an­der hand op. Die s­ker­pi­oen pro­beer sy dik stert met al­le mag af­krul na die vin­gers wat hom vas­vat, ’n vet wit drup­pel gif sy­pel uit die an­gel.

“Die Pa­ra­but­hus vil­lo­sus kan tot ’n jaar lank son­der kos oor­leef. Sou hy jou steek, is jou kans op oor­le­wing so goed soos nul. Sy gif tas jou he­le lig­gaam aan – sen­tra­le se­nu­stel­sel, hart, a­sem­ha­ling...”

’n Paar dap­pe­res tree na­der om te voel hoe die s­ker­pi­oen se poot­jies op jou arm voel. Maar toe Tom­my hom weer op die sand laat los, spring al­mal ’n paar me­ter weg. Be­hal­we ’n Hol­lan­der wat al­les een stryk deur ver­film, dooie si­gaar tus­sen sy lip­pe vas­ge­knyp.

’n Klom­pie woes­tynspek­vre­ters het in­tus­sen na­der­ge­hop. Hul­le ken al vir Tom­my en weet hy het al­tyd ’n meel­wurm by­der­hand. Toe hy sy palm met ’n paar van die lar­wes op uit­hou, kom sit hul­le vrees­loos op sy arm en sy kop. Tom­my her­in­ner my aan St. Fran­cis van As­si­si met sy die­re­vrien­de. Ek sal nie ver­baas wees as hy ook ’n An­der se stem hier op­tel nie.

Ek kyk in­ge­dag­te hoe die vo­ël­tjies met sna­wels vol wurms weg­vlieg toe Tom­my sag langs my praat: “Ja, hier’s ’n gro­ter teen­woor­dig­heid as wat ek jul­le ooit kan wys.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.