NA­MI­BIË OP SY BESTE

Weg! Namibië - - INHOUD - TEKS EN FO­TO DEUR XE­NIA I­VA­NOFF-ERB

Die Mes­sum­kra­ter

Vroeg in Maart 2014 het ons nuus ont­vang dat daar re­ën­buie ge­val het in die stre­ke noord en oos van Hen­ties­baai.

Ek en my man, Georg, be­sluit toe om vroeg die Son­dag­og­gend die pad te vat in ons Lan­dy. Ons ry op in die Mes­sum­ri­vier en eet ont­byt by ’n kop­pie in die mid­del van die Mes­sum­kra­ter, waar hier­die fo­to ge­neem is.

Dit voel al­tyd as­of hier­die woes­tyn­land­skap­pe an­der­wê­relds is. Die ge­o­lo­gie ver­an­der el­ke paar mi­nu­te, en ek’t ook nooit ge­weet dat daar so baie wel­witschi­as in dié om­ge­wing groei nie.

Ons sien ook rots­te­ke­nin­ge, en die­re soos vol­struis, se­bra, gems­bok en spring­bok (selfs o­li­fant­spo­re).

Van die kra­ter ry ons ooswaarts in die rig­ting van Brand­berg, en keer eers laat Son­dag­aand te­rug huis toe – 540 km la­ter! Dit klink na mal­lig­heid, maar dit was el­ke ki­lo­me­ter werd.

Georg Erb be­sit S­wa­kop Tour Com­pa­ny. Hy lei k­lein toer­groe­pe (mak­si­mum vier men­se) vir na­tuur­lief­heb­bers en fo­to­gra­we in die woes­tyn rondom S­wa­kop­mund.

swa­kop­tour.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.