RE­DAK­TEURS­BRIEF

Weg! Namibië - - INHOUD -

Dit voel vir my as­of Na­mi­bië el­ke jaar net die­per on­der ons vel kom lê hier by Weg. Die 2015-gids het als van pak­wen­ke vir vars­lug­vra­te wat die Vis­ri­vier­ca­nyon wil stap en ’n om­vat­ten­de restaurantgids vir S­wa­kop­mund en Wal­vis­baai, tot reis­ver­slae van le­sers wat plek­ke soos Da­ma­ra­land, Ka­o­ko­land en die Capri­vis­trook ver­ken het (per kar, mo­tor­fiets én kaal­voet!).

Dan is daar die rug­graat van die gids: ’n Ver­blyf­gids wat van­jaar meer as 200 bly­plek­ke reg­oor die land lys. Hier­mee kan jy jou he­le va­kan­sie be­plan. (En ja, ons bel al dié bly­plek­ke om se­ker te maak hul­le pry­se en kon­tak­de­tails is reg. Soms, as jy ie­mand op kan­toor vra wat hul­le daar­die dag maak, is die ant­woord: “Ek bel Na­mi­bië.”)

Son­der die on­der­steu­ning van be­sig­he­de wat ad­ver­ten­sies plaas, sou die gids wat jy nou vas­hou nooit die lig ge­sien het nie.

Maar hoe kom Weg by die ad­ver­teer­ders uit? Ja, ons kan hul­le bel, maar dis be­ter om per­soon­lik te gaan blad­skud.

Sa­ne­tha Meintjies is deel van Weg se ad­ver­ten­sie­ver­koop­span. Vroeg in 2015 het sy en haar pa, Koos (73), die lang­pad ge­vat Na­mi­bië toe. Sa­ne­tha om ad­ver­ten­sies te gaan in­sa­mel, en haar pa om se­ker te maak sy kom waar sy moet wees.

“My pa is al­tyd voor­be­reid vir e­ni­ge si­tu­a­sie,” sê Sa­ne­tha. “By Sos­sus­vlei ge­kom, moes ons die band­druk la­er maak om die sand­pad te ry, maar toe ons te­rug op die teer­pad is en weer wil wiel pomp, breek ons pomp se lug­pyp mors­af! Pa maak die pyp reg met duct ta­pe en be­gin weer pomp. Toe breek die pyp wrag­gies op ’n an­der plek! Pa las, en die pyp breek weer – la­ter is die lug­pyp so kort jy kan skaars jou oor daar­mee kie­lie...”

Sa­ne­tha se ou­pa en ou­ma het in Ka­ras­burg ge­woon; dus kom sy al van klein­tyd Na­mi­bië toe.

“Jy voel vry in Na­mi­bië,” sê sy, “jy kan or­dent­lik a­sem­haal, al moet jy soms jou mond toe­hou oor al die sand wat so waai. Dit is hier­die vry­heid wat my weer en weer te­rug­lok.

“In Na­mi­bië be­sef jy dat wa­ter in ’n kraan, of iets soos ys­kas oop­maak en koel­drank uit­haal, ’n voor­reg is.

“Daar is ’n eer­lik­heid en hart­lik­heid om­trent die men­se. Al­mal het ’n sto­rie om te ver­tel – nie e­ni­ge sto­rie nie, maar ’n sto­rie wat jou roer.”

Dan­kie aan al die Na­mi­bi­ërs wat hul­le deur en hart vir Sa­ne­tha en haar pa oop­ge­maak het. Aan die Suid-A­fri­ka­ners en an­der le­sers: Ge­niet jul­le va­kan­sie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.