KAAL­VOET KIN­DERS

Baba & Kleuter - - REDAKTEURSBRIEF -

Hier by Ba­ba & Kleu­ter is ons al­tyd trots Suid-A­fri­kaans, maar in Sep­tem­ber is ons nog ’n bie­tjie trot­ser, want dis im­mers Er­fe­nis­maand en ons kry mos spesiaal ’n dag af om te braai. (As­of ’n mens ’n ver­sko­ning no­dig het.)

Ek het my on­langs op vakansie in Duits­land ver­gaap aan die jong kin­ders wat so al­leen o­pen­ba­re ver­voer ge­bruik. By een mol­trein­sta­sie in Ham­burg het ’n groe­pie dog­ter­tjies op­ge­klim met nat ha­re en hand­doe­ke om die nek. Die oud­ste was se­ker ne­ge en die jong­ste vyf. Hul­le het vro­lik sit en ge­sels (se­ker oor waar hul­le so lek­ker ge­swem het) en so vier sta­sies la­ter weer af­ge­klim. Son­der ’n groot­mens in sig. Ek het vir ’n oom­blik sleg ge­voel dat my kin­ders, wat al veel ou­er is, be­slis nie so iets sal kan doen waar ons in Jo­han­nes­burg woon nie.

“Het jul­le ge­sien die dog­ter­tjies het t­rein ge­ry om te gaan swem?” vra ek toe aan my twee sproet­ge­sig­gies, want ek het ge­sien hul­le loer na die mei­sies. Hul­le knik. “Sal jul­le dit doen?” vra ek. “Nee, dis te koud vir swem. Dit lyk dan of dit gaan re­ën,” kom die antwoord.

Wat my kin­ders op­ge­val het, was nie die trein­ry­e­ry nie, maar die feit dat die kin­ders op so ’n koue dag gaan swem het.

En toe voel ek skie­lik glad nie meer sleg nie. El­ke plek het maar sy u­nie­ke stel na­de­le: ’n Noord­duit­se kind kan nou wel al­leen t­rein ry, maar sy weet eint­lik glad nie wat so­mer is nie. Foei­tog. Die kin­ders daar ken ook nie van kaal­voet speel nie, ter­wyl my kin­ders (selfs in die win­ter hier!) by­na heel­dag kaal­voet is.

Die Suid-A­fri­kaan­se leef­styl en men­se bly maar vir my die lek­ker­ste; niks teen die Duit­sers nie – ek’s im­mers met een ge­troud. Ek sê maar net ...

Lees ook ’n bie­tjie S­han­da se ar­ti­kel op bl. 30 oor hoe kin­ders in an­der kul­tu­re groot­ge­maak word. Van die prak­ty­ke klink s­lim, an­der plein vreemd, maar al­mal be­slis in­te­res­sant.

Ek won­der of oor­se­se kin­ders ook die ou­tyd­se spe­le­tjies ken wat ons al­mal as kin­ders ge­speel het. Net om se­ker te maak dié spe­le­tjies sterf nie uit nie, het ons ons tien guns­te­lin­ge ge­pu­bli­seer ( bl. 90).

Ken jou kin­ders hul­le? Dis lek­ker al­ter­na­tie­we vir Po­ke­mon ...

Maar as jul­le nou eers swan­ger is, klink sul­ke spe­le­tjies waar­skyn­lik nog ver weg. Vir ou­ers-in-wor­ding hou MyS­limKind en Ba­by Sen­se op 15 Ok­to­ber ’n swan­ger­skap - en ou­er­skap­slyp­skool op die dak van die Me­dia24-sen­trum in Kaap­stad. Die og­gend­ses­sie (9:00 tot 12:00) is vir ver­wag­ten­de ou­ers en die mid­dag­ses­sie (13:00 tot 16:30) vir ou­ers met kin­ders van een tot drie jaar oud. Dit kos R265 per per­soon (ete in­ge­sluit) vir twee praat­jies deur voor­aan­staan­de ou­er­skap­des­kun­di­ges en ’n digitale in­skry­wing op Ba­ba & Kleu­ter vir drie maan­de. Vir be­son­der­he­de oor die sprekers en die on­der­wer­pe, be­soek ge­rus www.my­smart­kid.com. Net ter­loops, die praat­jies is in En­gels. Ho­pe­lik sien ons jul­le daar. Groe­te, tot vol­gen­de maand,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.