Die De Wets van ABOE DHABI

C­han­tel­le en Pie­ter de Wet woon en werk heer­lik in die Ara­bie­se E­mi­ra­te, al braai die son hul­le par­ty dae tot kai­ings ...

Baba & Kleuter - - UIT DIE BUITELAND - BA­BA & KLEU­TER

Son, see, sand … Woor­de wat ’n mens ge­woon­lik met ’n tro­pie­se see­va­kan­sie ver­bind. Vir ons be­te­ken dit die woes­tyn­le­we. Ons woon al by­na ’n jaar in Aboe Dhabi, waar die hit­te jou bin­ne­goed laat s­melt, die be­dom­pig­heid al­les laat op­wa­sem en die stof dik­wels in el­ke kron­kel en kreu­kel gaan lê. Die see is bran­der­loos en die sil­wer­skoon stran­de spog met lê­stoe­le, sam­bre­le en meer le­wens­red­ders as wat no­dig is. On­ge­luk­kig is die le­wens­red­ders nie G­riek­se go­de wat ge­bou is om te hou nie, maar eer­der brand­ma­er man­ne wat die kin­ders da­rem vrien­de­lik help.

Ons kan eg­ter net so ses maan­de van die jaar in die see swem, die res van die tyd sal jy soos ’n ver­ge­te skaap­tjop­pie op die ko­le wees: ver­kool. Nie eens in die nag koel die land af nie. Dit word mak­lik 58 gra­de Cel­si­us in die dag en nie veel min­der as 35 in die nag nie.

Maar al­mal is slag­ge­reed vir el­ke hit­te­golf. Ver­koe­lers is oral en al die win­kel­sen­trums en sko­le is in­ge­rig om die hit­te so draag­lik moont­lik te maak. Daar is heel­wat sport­sen­trums waar die kin­ders steeds kan hard­loop, speel en bal skop – on­der dak, na­tuur­lik.

Ons was maar skrik­ke­rig oor al die ste­reo­ti­pie­se din­ge wat ons van die Mid­deOos­te ge­hoor het, maar is steeds aan­ge- naam ver­ras deur die men­se, die kul­tuur en die al­ge­he­le ver­draag­saam­heid wat hier heers.

My man, Pie­ter, gee we­ten­skap by een van die plaas­li­ke ho­ër­sko­le en hoe­wel daar heel­wat uit­da­gings is – soos taal­ver­war­ring en dis­si­pli­ne-hand­ha­wing– is dit ’n ge­mak­li­ke, span­ning­vrye werk.

Ek gee wis­kun­de by ’n B­rit­se in­ter­na­si­o­na­le skool waar ons eie kin­ders, Le­hja (6) en Pe­trus (4), ook skool­gaan. In my vrye tyd skryf ek. Ek is daag­liks ver­stom oor hoe ge­mak­lik ons kin­ders En­gels by die skool, Ara­bies met van hul maats en A­fri­kaans by die huis praat. Die aan­pas­sing was baie mak­li­ker as wat ek ge­dink het dit sou wees.

Ons moes ’n erf en groot huis ver­ruil vir ’n woon­stel op die vier­de ver­die­ping. Ons moes troe­tel­die­re, ge­reel­de braai-kui­ers en fiets­ry op­of­fer, maar ons het so­veel in die proses ge­wen. Mis­daad be­staan nie hier nie. Ons sluit nie die kar of voor­deur nie. Ek los my re­ke­naar in my oop klas­ka­mer oor na­we­ke. En die kin­ders kry die ge­leent­heid om on­af­hank­lik winkel toe te stap.

Ons koop bil­tong, spek en Mrs Ball’s se blat­jang by die su­per­mark om die hoek en op Yas-ei­land is ’n S­teers wat in ons C­re­am So­da-be­hoef­tes kan voor­sien.

El was voor­af taam­lik be­noud oor die al­ko­hol-si­tu­a­sie, maar my vre­se was ver­niet. Ek kry al­les van Suid-A­fri­kaan­se wyn, B­rit­se je­ne­wer en Ma­li­bu-rum tot selfs Ara­bie­se wit­blits hier. Aboe Dhabi is waar­lik ’n kos­mo­po­li­tie­se stad waar niks on­ver­kryg­baar is nie.

Die le­wens­kos­te is be­trek­lik laag (’n bot­tel­tjie Fan­ta sal jou so­wat R6 uit die sak jaag), maar ver­blyf is by­na on­be­kos­tig­baar. Dit is hoe­kom die mees­te maat­skap­pye ver­blyf aan hul werk­ne­mers ver­skaf.

S­taat­sko­le is gra­tis, maar is slegs vir plaas­li­ke leer­ders. Om­dat die pri­vaat sko­le so­wat vier keer duur­der is as in SuidA­fri­ka, is ons baie ge­luk­kig dat ek af­slag vir ons kin­ders kry. So nie sou ons tuis­on­der­rig moes oor­weeg het en ek dink nie ek is e­mo­si­o­neel s­terk ge­noeg daar­voor nie.

Klein Pe­trus het in die eer­ste paar we­ke na die vroue in hul a­ba­jas (die swart ge­wa­de) ge­wys en ge­skree: “Kyk mam­ma, dis Bat­man!” Le­hja het weer ge­gig­gel om­dat die mans “rok­kies” (kan­doe­ras) dra. Ek is vry om te dra wat ek wil, maar uit re­spek maak ek se­ker my skou­ers en knieë is be­dek en my man is dank­baar dat hy nie e­ni­ge wit kleed hoef te dra nie.

Die men­se is vrien­de­lik, die diens is puik en die land bied vir ons ge­leent­he­de wat ons nie in Suid-A­fri­ka kon kry nie. Dit is nie ’n u­to­pie nie en hier is ook maar ar­moe­de en on­reg­ver­dig­heid. Ons raak ook maar ge­frus­treerd oor se­ke­re din­ge en ver­staan nie al­les nie.

Maar ons is gas­te in die land en pro­beer om al­les met re­spek, ge­duld en baie ne­de­rig­heid aan te pak. Ons was nog nie een oom­blik spyt oor ons be­sluit nie, al mis ons ons men­se tuis. Ons ge­sin leef na­der aan me­kaar as ooit. Ons is ge­sond, ge­luk­kig, ge­se­ënd en ge­na­dig­lik net agt uur se vlieg weg van Suid-A­fri­ka af. C­han­tel­le se boek Be­ly­de­nis van die su­per­ma word in Sep­tem­ber deur La­pa be­kend­ge­stel en jy kan ook haar blog “Slaai son­der bla­re” op Fa­ce­book volg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.