GOETERS & ka­toe­ters

Jy be­sluit op ’n dag jy gaan nie in een van daai teg­no­lo­gies ag­ter­ge­ble­we di­no­sou­rus­se ont­aard nie. Maar met se­ke­re goed moet ’n mens een­vou­dig net v­re­de maak.

Baba & Kleuter - - PA SE STEM - BA­BA & KLEU­TER

Jy gaan ’n cool pa wees. Dis ’n be­sluit wat jy neem ie­wers in daar­die ne­ge maan­de van af­wag­ting se­dert die swan­ger­skap­toets die groot nuus van jul eer­ste­ling se koms aan­ge­kon­dig het. Jy gaan nie sta­dig maar se­ker in een van daai teg­no­lo­gies ag­ter­ge­ble­we di­no­sou­rus­se ver­an­der vir wie die kin­ders hul oë rol nie. Jy be­sit im­mers die nuut­ste PlayS­ta­ti­on­mo­del en iPod, jou by­der­wet­se iMac-re­ke­naar lyk soos iets wat op die S­tars­hip En­ter­pri­se hoort, jy klets op Fa­ce­book en T­wit­ter, jou draf­hor­lo­sie ge­bruik GPS en jou sel­foon kan ba­sies e­nig­iets doen be­hal­we kof­fie maak. En dan kom die kin­ders. Dis nou am­per vyf jaar la­ter en my PlayS­ta­ti­on is so oud dat jy nie meer nu­we spe­le­tjies daar­voor te koop kry nie. Nie dat dit saak maak nie, want wie het tyd vir vi­de­o­spe­le­tjies, met ’n kleu­ter en peu­ter in die huis? iPods, het ek an­der­dag ge­lees, gaan dalk bin­ne­kort van die mark ver­dwyn, want nie­mand ge­bruik dit meer nie. My iMac se be­dryf­stel­sel is ja­re laas op­ge­da­teer. Fa­ce­book en T­wit­ter is ou nuus – en vir In­sta­gram, Tum­blr en S­nap­chat het ek reg­tig nie krag nie. Ek draf dees­dae met ’n plein ou stop­hor­lo­sie en ge­bruik ’n app op my (ou­e­ri­ge) sel­foon om my vor­de­ring te meet. Nog nie heel­te­mal ’n teg­no-di­no­sou­rus nie, maar die ver­steen­proses het be­gin. Kin­ders, daar­en­teen, word skyn­baar ge­bo­re met die ver­moë om teg­no­lo­gie vrees­loos baas te raak. Mia het op twee al ’n ta­bletre­ke­naar ge­kry wat sy in ’n jap­trap be­mees­ter het. Sy kan fo­to’s en vi­deo’s neem en re­di­geer (“Haha, pap­pa! Kyk hoe snaaks het ek jou ge­sig ge­maak!”), spe­le­tjies speel en na lied­jies luis­ter. Em­ma dra nog doek, maar kan reeds met ge­mak tus­sen sel­foon­fo­to’s rond­blaai en dit gro­ter en klei­ner maak – ’n kun­sie wat haar pa eers ’n jaar of twee ge­le­de mor­rend en knor­rend aan­ge­leer het. Selfs my pa, wat ge­woon­lik wei­nig van re­ke­naars en teg­no­lo­gie weet, het skyn- baar be­sluit om sy teg­no-ken­nis ’n bie­tjie op te skerp ter wil­le van die klein­kin­ders.

Toe ons vroe­ër van­jaar in die Ka­roo gaan kui­er, het ou­pa wrag­gies ’n nu­we app op sy foon: ’n pra­ten­de kat wat al­les her­haal wat jy vir hom sê (en on­ge­skik­te toi­let­ge­lui­de maak as hy te veel eet, maar dit daar ge­laat). Mia en Em­ma het die he­le na­week lank vet pret daar­mee. Ou­pa se foon is die bes­te ding se­dert ge­sny­de brood.

“Pap­pa, jy en mam­ma moet ook ’n kat op jul­le fo­ne kry,” gee Mia raad. “Jul­le fo­ne is só ver­ve­lig.”

Die laas­te aand van die kui­er­tjie word die pret eg­ter kort­ge­knip toe ou­pa ’n lig­te skok op sy sel­foon­re­ke­ning ont­dek. Al die vir­tu­e­le kos wat hy en die kin­ders daai kat “ge­voer” het, het toe al die tyd rég­te geld ge­kos. En die kat se peu­sel­hap­pies word in dol­lars ver­koop ...

En tog, selfs die bril­jant­ste teg­no­lo­gie­se goeters en ka­toe­ters kan ’n kind nie vir e­wig be­sig hou nie.

Die af­ge­lo­pe Son­dag is Mia en Em­ma ver­veeld. “Kan ek vir jul­le ’n DVD op­sit?” vra mam­ma, wat pro­beer kos maak tus­sen die ge­kerm deur.

Nee, hul­le is moeg vir Bar­bie en Bar­ney en Do­ra en Paw Pa­trol.

“Wil jy met jou re­ke­naar speel?” vra ek vir Mia.

“Die bat­te­ry is pap,” sê sy ver­wy­tend. “Jul­le het mos ver­geet om dit te char­ge.”

“Maar jul­le het hó­pe speel­goed!” sê mam­ma. “Gaan soek iets om mee te speel.”

Sy is reg. Druip­stert dren­tel hul­le speel­ka­mer toe. “Wag ’n bie­tjie,” sê ek. “Ek het ’n plan.” Ek gaan gra­we iets on­der die s­pul speel­goed uit. “Bui­ten­toe,” be­veel ek. Kort voor lank kan jy die twee luid­keels hoor kek­kel van die lag. Hul­le hard­loop rond, jil en la­waai – en ver­geet vir ’n ruk­kie lank selfs om met me­kaar te ba­klei.

“Dit was nou die cool­ste spe­le­tjie óóit!” sê Mia uit­a­sem toe ons in­gaan om te eet. Ek grin­nik in­ge­no­me en knip­oog vir Elize. En die speel­ding? ’n Dood­ge­wo­ne bal. Die ge­ne­ra­sie­ga­ping is vrees­aan­ja­end. Maar nou ja, dalk moet ek v­re­de maak daar­mee dat ek ook een­dag daar­die pa gaan wees wat op ’n Son­dag­aand die kin­ders bel om hulp te soek met re­ke­naar­pro­ble­me.

Die soort pa vir wie die teg­nos­lim kin­ders hul oë rol.

Ge­luk­kig het ek in­tus­sen uit­ge­vind om ’n cool pa te wees, het niks met teg­no­lo­gie uit te waai nie. My kin­ders gaan heel waar­skyn­lik nie een­dag kan ont­hou wat­ter soort sel­foon of re­ke­naar ek ge­had het nie.

Maar dalk sal hul­le daar­die Son­dag­mid­dae ont­hou toe ons met ’n bal in die tuin ge­speel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.