MA­GIE ver­stop SO

Se­bas­ti­aan Swart is met Hirschsprung se siek­te ge­bo­re. Op ses maan­de oud het hy al 10 pro­se­du­res on­der­gaan. Ma­riZel­le, Se­bas­ti­aan se ma, wil hê nu­we ou­ers moet weet net hoe le­wens­be­lang­rik daar­die eer­ste ba­ba­poef ná ge­boor­te is.

Baba & Kleuter - - VERHAAL - DEUR YO­LAN­DI JOR­DAAN BA­BA & KLEUTER

Da­de­lik ná haar ba­ba se ge­boor­te het sy al be­sef iets is ver­keerd. Hy het on­op­hou­de­lik ge­huil en sy maag het daar­die eer­ste dag glad nie ge­werk nie.

“Ek het som­mer ge­weet iets is nie reg nie,” ver­tel Mari-Zel­le Pot­gie­ter (20) van Wit­bank.

Klein Se­bas­ti­aan (nou 18 maan­de) het ook geel braak­sel op­ge­bring en sy ma­gie was ge­swel.

“Dit was vir ons sleg om hom so te sien. Die pe­di­a­ter het eers ge­dink hy het vrug­wa­ter ge­sluk,” ver­tel Mari-Zel­le.

Net voor hul­le huis toe is, op dag drie, het hy ’n paar drup­pels ge­poef.

By die huis het dit nie be­ter ge­gaan nie. Mari-Zel­le en Chris­ti­aan (20), Se­bas­ti­aan se pa, was be­kom­merd.

“Ons het nie ge­weet wat aan die gang is nie; ons was baie on­rus­tig. Se­bas­ti­aan het die he­le week lank aan­hou­dend ge­skree en sy ma­gie was steeds ge­swel. Ons was raad­op,” ont­hou Mari-Zel­le.

Hul­le het Se­bas­ti­aan pe­di­a­ter toe ge­neem om te pro­beer vas­stel wat met hul seun­tjie skeel. Hirschsprung se siek­te kan nie voor ge­boor­te ge­di­ag­no­seer word nie. Dit kan slegs met ’n bi­op­sie van die rek­tum ge­di­ag­no­seer word.

DOK­TER TOE

Die pe­di­a­ter het Se­bas­ti­aan laat op­neem en ’n maag­spoe­ling voor­ge­skryf wat ty­de­li­ke ver­lig­ting ge­bring het. Die ge­sin­ne­tjie is te­rug huis toe ge­stuur.

“Ons was eg­ter steeds be­kom­merd en toe Se­bas­ti­aan twee dae la­ter weer be­gin skree, is ons na ’n an­der pe­di­a­ter toe.”

Die twee­de dok­ter het ’n pro­se­du­re voor­ge­skryf wat ’n ba­ri­um­klis­ma ge­noem word. “Ty­dens hier­die x-straal-pro­se­du­re word ’n ba­ri­um-vloei­stof in jou rek­tum ge­spuit wat jou ko­lon uit­voer so­dat die ko­lon se pro­fiel dui­de­lik te sien is,” ver­dui­de­lik Mari-Zel­le.

Die pe­di­a­ter kon sien dat daar iéts met Se­bas­ti­aan se dik­derm fout was, maar was nie se­ker pre­sies wat nie. Hul­le is na ’n spe­si­a­lis by die Kloof-hos­pi­taal in P­re­to­ria ver­wys.

DIE DIAGNOSE

Mari-Zel­le ver­tel dat die spe­si­a­lis een kyk na die x-stra­le ge­gee en ge­sê het hy is 99 per­sent se­ker Se­bas­ti­aan het Hirschsprung se siek­te.

“Die pro­fes­sor wou eg­ter sy diagnose met ’n bi­op­sie be­ves­tig.”

Die re­sul­ta­te van die bi­op­sie het ge­wys daar is geen se­nu­sel­le in ’n seg­ment van die dik­derm nie – ’n te­ken van Hirschsprung se siek­te wat veroorsaak dat daar­die seg­ment nie be­hoor­lik kan saam­trek om van in­houd ont­slae te raak nie.

“Ek het hier­die nuus glad nie ver­wag nie en was skrik­ke­rig, want ons het uit die aard van die saak niks van die siek­te ge­weet nie,” ver­tel Mari-Zel­le.

Se­bas­ti­aan, wat toe steeds on­der nar­ko­se was, het da­de­lik ’n ko­lo­sto­mie on­der­gaan. Hier­die pro­se­du­re be­hels dat ’n deel van die dik­derm deur die maag ge­trek word so­dat dit

Uit­ein­de­lik kan hul le­we as nor­ma­le gesin be­gin. Van links: Mari-Zel­le, Se­bas­ti­aan en Chris­ti­aan Swart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.