JOU BA­BA

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE -

HAL­LO, BA­BA!

Jy’s dalk da­de­lik dol­ver­lief op jou ba­ba, maar die kans is goed dat hy nie as ’n skoon­heid ge­bo­re gaan word nie.

“Toe ek my seun­tjie die eer­ste keer sien, was hy nie mooi nie – hy het soos ’n bob­be­jaan­tjie ge­lyk. ’n Paar uur la­ter was hy eg­ter die beeld­skoon­ste ding op aar­de!” ver­tel Petro O­ber­hol­ster van Ka­ka­mas.

Som­mi­ge ba­bas se ge­sig­gies is skeef­ge­druk en hul kop­pies iet­wat mis­vorm weens die druk­king wat hul­le in die ge­boor­te­ka­naal er­vaar het. Baie ba­bas is ver­rim­peld of het rooi mer­kies of wit pui­sies wat na ’n paar dae ver­dwyn. Jou aap­stert kan ook fyn haar­tjies o­ral op sy ly­fie hê en met lááng na­els ge­bo­re word! Die haar­tjies ver­dwyn ge­woon­lik bin­ne ’n paar we­ke en die na­els kan jy by­dam met die na­el­knip­per­tjie wat jy in jou hos­pi­taal­tas saam­ge­bring het.

’n Pe­di­a­ter sal jou ba­ba bin­ne die eer­ste 24 uur on­der­soek om se­ker te maak al­les is nor­maal. “Vra dat jou ba­ba die eer­ste paar uur nie ge­bad word nie, want die ver­nix (die wit vet­la­gie op ba­ba se vel) is baie goed vir ba­bas,” is die raad van sus­ter Het­tie Gro­vé van E­ver­green Pa­ren­ting in S­prings.

EER­STE VOE­DING

Die i­de­a­le tyd vir die eer­ste bors­voe­ding is reg ná die ge­boor­te, want dan heg jou ba­ba die mak­lik­ste aan jou bors.

“Ba­bas is in die eer­ste twee uur van hul le­we bui­te die baar­moe­der baie wak­ker; be­nut dit dus,” sê Het­tie. Sy be­veel aan dat jou ba­ba heel­tyd by jou bly en dat jul­le reg ná die ge­boor­te vel-teen-vel­kon­tak be­hou om­dat dit die oor­gang vir jou ba­ba mak­li­ker maak.

Ba­ba moet bloot in ’n hand­doek toe­ge­draai en op jou bors ge­plaas word. Hy sal dan met sy hand­jies, nog nat van die vrug­wa­ter, aan jou bors raak, en dit maak dit la­ter vir hom mak­li­ker om jou bors te vind.

“Jou ba­ba se reuk­sin­tuig is on­ge­loof­lik sterk net ná ge­boor­te en hy kan sy pad bors toe ruik. Hy word ook met ’n sterk krui­prefleks ge­bo­re en as hy op jou maag ge­plaas word, sal hy na jou bors kruip,” sê Het­tie.

EER­STE VUIL DOEK

“Nie­mand het my ge­waar­sku dat my ba­ba se eer­ste poef swart sal wees nie. Ek het so groot ge­skrik: Ek dag ek het my ba­ba iets aan­ge­doen,” ver­tel Adi Tay­lor-Fiel­der van Kaap­stad.

Ba­bas se eer­ste stoel­gang lyk in­der­daad vreemd: Dis pik­swart en baie taai en word me­ko­ni­um ge­noem. Het­tie be­veel aan dat dit so gou moont­lik skoon­ge­maak word want as dit eers droog is, is dit moei­li­ker om skoon te maak en kan ba­ba se vel­le­tjie seer­kry.

EER­STE MEDISYNE

Ba­bas word reg ná hul ge­boor­te in­ge­spuit met Ko­na­ki­on, wat vi­ta­mien K be­vat. Dit be­vor­der bloed­stol­ling en keer dat ba­ba be­gin bloei. By som­mi­ge hos­pi­ta­le word die Ko­na­ki­on met mon­de­lik­se vi­ta­mien K-drup­pels ver­vang, sê Het­tie.

EER­STE SLAPIE

Ná die eer­ste twee uur kan ba­ba baie sla­pe­rig wees, wat ge­reel­de voe­ding moei­lik maak en dus ba­ba se bloed­sui­ker kan laat daal. “Die mees­te ba­bas slaap dan taam­lik diep, maar as ba­ba met sy vel­le­tjie teen jou­ne bly lê, sal hy wel wak­ker word om te voed dank­sy jou geur en die geur van die vrug­wa­ter. Hou hom dus by jou,” sê Het­tie.

EER­STE GEWIGVERLIES

Moe­nie skrik as jou ba­ba se ge­wig aan die ein­de van die eer­ste dag min­der is as met sy ge­boor­te nie; dit is nor­maal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.