JOU LYF

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE -

MOEG, MOEG, MOEG

Dis har­de werk en trau­ma­ties vir jou lyf om die le­we te skenk. Moet dus nie ver­baas wees as jy heel­te­mal uit­ge­put, erg be­we­rig, baie hon­ger en ook baie emosioneel voel nie. De­son­danks kan jy suk­kel om te slaap. Le­la­ni van der Mer­we van Dur­ban ver­tel vir haar was die groot­ste ver­ras­sing die a­dre­na­lien­s­torm wat haar ure ná die ge­boor­te nog wak­ker ge­hou het. Jy kan ook angs­tig voel oor al jou nu­we ver­ant­woor­de­lik­he­de.

LYFSEER

Of jy nou nor­maal kraam of ’n kei­ser­snee kry, die kans is goed dat jy die eer­ste dag ná die ge­boor­te lyfseer sal wees. Kraam be­hels im­mers straw­we oe­fe­ning en ’n kei­ser is ’n groot o­pe­ra­sie.

“Ek was die vol­gen­de og­gend kwaai ge­skok toe ek be­sef ’n mol­trein het dwars­deur my vrou­e­de­le ge­ry,” ont­hou Ma­ry­ke S­mit van Mos­sel­baai.

NAGEBOORTEPYNE

’n Mens kan skrik as jy met ba­ba se eer­ste bors­voe­ding kram­pe kry wat soos men­stru­a­sie­py­ne voel – jy het dan ge­dink die be­val­ling is ver­by!

Dit is jou baar­moe­der wat saam­trek om na sy oor­spronk­li­ke groot­te te be­gin te­rug­keer.

Mas­seer jou baar­moe­der ge­reeld; dit sal help dat dit vin­ni­ger saam­trek so­dat jy weer in jou je­ans kan pas. Dit ver­min­der ook die ge­vaar van bloe­ding.

BLOED-VLOED

As­of om te ver­goed vir die ne­ge maan­de waar­in jy nie ge­men­stru­eer het nie, sal jy ná die ge­boor­te kwaai be­gin bloei. Dit word lo­gia of kraam­vloed ge­noem en duur so­wat ses we­ke. Maak maar ge­bruik van daar­die reu­se­doe­ke wat die hos­pi­taal vir jou gee: Ge­wo­ne sa­ni­tê­re doe­kies gaan nie veel be­te­ken nie! Sorg ook vir ’n broe­kie wat vin­nig droog word en ’n ek­stra nag­rok om glip­sies te han­teer.

SEER STEKE

As jy ge­skeur of ’n e­pi­si­o­to­mie (knip) ge­had het, kan die steke dit on­ge­mak­lik maak om te sit. ’n Sit­bad waar jy die plek­kie met die steke ver­sig­tig in lou­warm sout­wa­ter af­spoel, kan ver­lig­ting bring. Droog jou ver­sig­tig af en as dit baie ge­voe­lig is, kan jy ’n pyn­pil vra of ’n ring­kus­sing om op te sit.

Kei­ser­snees­te­ke is na­tuur­lik ook nie ge­mak­lik nie en kan jou ’n paar dae soos die bog­gel­rug van die Not­re Da­me laat rond­loop.

EER­STE TOILETSESSIE

Toi­let toe gaan kan ’n reu­se-uit­da­ging wees, ver­al as jy steke het. Jy sal waar­skyn­lik vind dat jy die eer­ste dag geen stoel­gang het nie, maar pro­beer om ge­reeld toi­let toe te gaan om te keer dat jy hard­ly­wig word.

U­ri­ne­ring is ook on­ge­mak­lik; ge­niet ag­ter­na ’n sit­bad. Na ’n kei­ser­snee sal jy die eer­ste 24 uur waar­skyn­lik nog ’n ka­te­ter in hê.

’N BOE­PIE WAT BLY

As jy ge­dink het jy gaan da­de­lik ná die ge­boor­te weer in jou sty­we de­nim pas – ba­ba en al sy ba­ga­sie is mos uit! – is jy ver­keerd.

Jou ma­gie is nie da­de­lik heel­te­mal plat nie, want jou maag­spie­re het met die swangerskap ge­rek en jou baar­moe­der het ook nog nie na sy oor­spronk­li­ke groot­te te­rug­ge­keer nie. Bors­voe­ding kan jou help om uit­ein­de­lik weer in jou je­ans te pas.

MIN MELK

Dis lo­gies om te dink dat daar op die eer­ste dag ná die ge­boor­te ’n goeie melk­voor­raad be­skik­baar sal wees, maar dis eint­lik glad nie die ge­val nie en jy moe­nie moed ver­loor met bors­voe­ding as jy sien daar kom net ’n klein bie­tjie geel vloei­stof uit nie.

Hier­die vloei­stof, wat ko­los­trum ge­noem word, is ’n baie be­son­der­se, ryk vloei­stof prop­vol teen­lig­gaam­pies wat jou ba­ba be­skerm.

Sit jou ba­ba eg­ter ge­reeld aan die bors, al kom daar bloed­wei­nig uit, want dit sti­mu­leer die bors om uit­ein­de­lik melk te pro­du­seer.

Het­tie be­veel aan dat ba­ba in die eer­ste dae agt tot 12 keer per dag voed. Jou melk be­hoort teen dag drie in te kom. Ge­bruik in­tus­sen die tyd in die hos­pi­taal om se­ker te maak jou ba­ba heg reg aan die bors, so­dat jy nie la­ter seer te­pels kry nie. Vra die sus­ters vir hulp.

Dit het die vol­gen­de dag ge­voel as­of ’n mol­trein sy pad deur al my vrou­e­de­le ge­baan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.