Pienkvoet vel se

’n Mens kan nie help om ver­lief te raak op die sag­te van ’n klein men­sie nie. Ver­sorg en pas dit mooi op, reg van die be­gin af.

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE - DEUR YO­LAN­DI JOR­DAAN

Hoe­wel die boon­ste vel­laag van ’n pas­ge­bo­re­ne net so dik soos ’n vol­was­se­ne s’n is, is jou ba­ba se vel­le­tjie veel meer de­li­kaat as jou­ne, sê dr. Li­ze Rei­chert, ’n der­ma­to­loog van Pot­chef­stroom in Noord­wes.

“Die pH (suur­vlak) van ’n pas­ge­bo­re­ne se vel maak dit baie sen­si­tief. Sorg dus dat jy rei­ni­gings­mid­dels ge­bruik wat ma­tig is, ’n neu­tra­le pH het en geen geur- of kleur­stow­we be­vat nie,” is haar raad.

Li­ze waar­sku dat selfs so­ge­naam­de kin­der­vrien­de­li­ke rei­ni­gings­mid­dels soms stow­we kan be­vat wat ba­ba se vel al­ler­gies laat re­a­geer. Lees die e­ti­ket en pak die bot­tel­tjie te­rug as dit die woor­de “co­ca­mi­do­propyl be­tai­ne”of “MIPAlau­reth sulp­ha­te” be­vat.

In dié ar­ti­kel be­kyk ons die diagnose en ver­sor­ging van vyf vel­toe­stan­de wat taam­lik al­ge­meen by pas­ge­bo­re­nes is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.