Vei­lig vir VER­KEN­NING

Baba & Kleuter - - BABA -

Ba­bas en peu­ters is dol oor ont­dek­king, maar nuus­kie­ri­ge hand­jies en ’n on­vei­li­ge huis is ’n baie ge­vaar­li­ke kom­bi­na­sie. Al is klein on­ge­luk­kies ’n feit van die le­we, is on­ge­luk­ke ook een van die groot­ste oor­sa­ke van dood by klein­tjies on­der vier.

Ba­bas wíl aan al­les vat, kou en dit in hul mond of neus­ga­te steek, of hul vin­gers in oop ga­te druk. Hul­le kan meest­al nie hul hand­jies van die ra­dio, TV-stel en DVD­spe­ler se knop­pies af­hou nie. En niks proe so lek­ker soos die af­stand­be­heer­der nie.

Maar on­ge­ag hoe ver­maak­lik klein­goed se ont­dek­kings­reis in hul nu­we om­ge­wing kan wees, is jou huis ’n plek waar jou ba­ba moont­lik kwes­baar is en waar on­ge­luk­ke kan ge­beur. Daar­om is dit nood­saak­lik om jou huis ba­ba­be­stand te maak selfs voor jou klein­ding be­gin kruip.

En selfs al is jy hóé ver­sig­tig, kan jy nooit jou huis 100 per­sent be­vei­lig nie. Daar­om is dit nood­saak­lik om vas te stel wat­ter on­ge­luk­ke die waar­skyn­lik­ste sal voor­kom en wat jy kan doen om dit te keer. Selfs dán be­te­ken dit nie dat on­ge­luk­ke nie sal of kan ge­beur nie.

Die bes­te ma­nier om jou huis te be­gin be­vei­lig is om op jou knieë in el­ke ver­trek te gaan sit en daar­na te kyk van­uit jou ba­ba se oog­punt.

Só kan jy sien wat hy sal raak­sien en wat hom sal in­te­res­seer – ’n goeie plek om te be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.