In­boks

Baba & Kleuter - - SAAM - HEI­DI ERAS­MUS, SAAM­GE­STEL DEUR YO­LAN­DI JOR­DAAN

ENGELVLERKIE-VER­HAAL

So lank al wil ek ’n brief skryf om jul­le te ver­tel hoe dit ná die ar­ti­kel van Ok­to­ber 2013 gaan met my kin­ders. My des­tyd­se neck­bre­at­hers.

Op 30 A­pril 2014 bel ons ver­pleeg­ster my man by die werk met die bit­ter bood­skap: A­ris­ka is dood. In angs­ti­ge stil­te jaag ek en ’n werks­vrien­din huis toe. Ek dink, glo, hoop dat dit ’n groot mis­ver­stand is. Ons hou voor die huis stil en ek hard­loop na ons ka­mer. Haar guns­te­ling­kom­ber­sie is oor haar ge­sig­gie ge­trek. My dog­ter­tjie is dood. Die na­dood­se on­der­soek het be­ves­tig dis wie­gie­dood. In haar sla­pies, rus­tig, on­ge­loof­lik vin­nig.

Om te le­we ná die dood van jou kind is ’n snaak­se, moei­li­ke kon­sep. Ek be­doel nie die fi­sie­ke a­sem­haal-le­we nie, hoe­wel dit ook soms te rof was, maar ek be­doel die le­we waar­in ek weer kan voel, kan er­vaar en nie net “is” nie. Selfs kan lag en ge­niet. Die nor­ma­le din­ge van vroe­ër.

Jy pak dit mi­nuut vir mi­nuut aan. Uur vir uur, en as jy kyk, het jy ’n week ge­maak. Dan twee we­ke en dan ’n maand. En dan is dit die 30ste van ’n maand en ek vries. Huil. Ween. Tot die maand van Fe­bru­a­rie ge­kom het. Pre­sies 10 maan­de la­ter. Ek was so vies dat die dom maand nie 30 dae het nie.

En ek het hier­die keer werk­lik be­sef dat ek nie so kan le­we nie. Ek het ’n ver­drag met my­self ge­sluit. Ek gaan op­staan, my af­stof, my weer kans gee op hier­die een le­we wat ek het, en die be­lang­rik­ste van al­les: A­ris­ka se na­la­ten­skap laat voort­leef.

Met hier­die be­sluit ge­neem, het ek nie lank daar­na nie vir al­mal aan­ge­kon­dig dat daar ’n der­de Eras­mus­sie op pad is.

Die swan­ger­skap het goed ver­loop en op 38 we­ke en vyf dae word ons seun ge­bo­re. Al­drich skree ’n goeie eer­ste skree. Hy weeg ’n s­ter­ke 3,61 kg en is ge­sond. Al­drich is nou 12 we­ke oud en flo­reer.

Hy het sy sus­sie se glim­lag en lag­gie en be­derf ons heer­lik en ge­reeld daar­mee. Ou­boet Wil­lem, wie se tra­gie in Maart 2015 uit­ge­kom het, is ver­sot op sy nu­we boe­tie. Hy wil hom net vas­hou en soen­tjie en wind­jies uit­vryf. Wil­lem is ’n ruk ge­le­de kleu­ter­skool toe. Die eer­ste keer ooit. Hy het dit van dag een af baie ge­niet en vor­der on­ge­loof­lik goed. Hy is mal oor sy maat­jies en praat ons ore lam … En ek is ab­so­luut mal daar­oor dat my ore lam ge­praat word, want vir daar­die stem­me­tjie moes ek am­per vier jaar wag.

Bo: Klein Al­drich Eras­mus (12 we­ke) boet, Wil­lem (5). saam met sy ouIn­las: A­ris­ka (hier 1) is in A­pril 2014 skie­lik oor­le­de.

Al­drich en A­ris­ka se wa­re ver­haal uit ons Ok­to­ber 2013 uit­ga­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.