DAG 14
SPEEL MET WATER
Maak ’n emmer vol water en gee jou kind ’n verfroller en kwas. Laat hom prentjies op ’n sementoppervlak verf en kyk hoe die hitte dit laat verdwyn. Of gee hom ’n gietertjie om die tuin mee nat te maak, en vertel stories oor die dorstige kabouters en feetjies wat onder die plante op die druppeltjies wag.
EKSTRA IDEE Gee sommer ’n lessie oor waterbesparing terwyl julle tuin natmaak.