DAG 17
MAAK KAARTJIES VIR OUPA EN OUMA
Kies verskillende kleure papier, stempels, verf, geparste blomme, gom en kryte en laat jou kinders hul verbeelding gebruik. EKSTRA IDEE As jy kans sien vir ’n groter avontuur, kan jy ’n wit T-hemp vir oupa en ouma koop sodat die kinders dit met materiaalverf kan versier.