DAG 1

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE -

As dit by nu­we ba­bas kom, voel som­mi­ge din­ge vir ons na­tuur­lik, ter­wyl ons an­der al­gaan­de aan­leer. Dan­kie tog vir “goed­voel”-hor­mo­ne soos ok­si­to­sien, wat hier­mee help. Dis teen­woor­dig ter­wyl ons swan­ger is en word in groot hoe­veel­he­de vry­ge­stel ter­wyl ons kraam. Hier­die won­der­li­ke hor­mo­ne sorg dat jy ge­luk­kig en lief vir jou nu­we ba­ba voel so­dat jul­le kort voor lank ’n heg­te band deel.

Die goed­voel-hor­mo­ne is ook daar­voor ver­ant­woor­de­lik dat jou melk af­sak en help om die eer­ste bors­voe­ding-pro­beer­slag na­tuur­lik te laat voel.

WAT JY KAN DOEN Sorg dat jy jou ba­ba na­by aan jou hou. Sit met jou ba­ba in jou arms, praat met en sing vir haar. So sal jy jou nu­we ba­ba gou leer ken en be­ter ver­staan. Bors­voed jou klein­ding wan­neer sy hon­ger is en bly som­mer van die be­gin af weg van die hor­lo­sie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.