DAG 9

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE -

As daar raad is wat jy teen dié tyd se­ker al oor en oor ge­hoor het, is dit dat jy moet slaap wan­neer jou ba­ba slaap. Nog uit­ste­ken­de raad van er­va­re ma’s is om saans vroeg in die bed te klim. Die ver­soe­king is nou groot om vin­ni­ge, on­ge­son­de peu­sel­hap­pies te eet. Ont­hou net dat jou lyf nou al die krag no­dig het wat jy by­me­kaar kan skraap.

WAT JY KAN DOEN Pro­beer een mid­dag om saam met jou ba­ba op jou bed aan die slaap te raak. Sorg net dat daar nie los kom­ber­se en kus­sings om en on­der jou ba­ba is nie en dat sy nie van die bed kan af­val nie.

A­nel Kir­sten, ’n di­eet­kun­di­ge van die Paarl, be­veel kos met ’n lae glu­ke­mie­se in­deks aan vir vol­ge­houe e­ner­gie. “Ná ’n ge­boor­te het ’n ma pro­te­ïen soos vleis, hoen­der, vis, ei­ers, sui­wel­pro­duk­te en neu­te as­ook bo­ne en len­sies no­dig. Vi­ta­mien C-ry­ke kos soos ta­ma­ties, le­moe­ne, aar­beie, pa­pa­ja en span­spek help met her­stel. Yster­ry­ke kos is be­lang­rik om­dat jy bloed ver­loor het met die ge­boor­te­pro­ses. Dit sluit in ys­ter­ver­ryk­te graan­kos, le­wer en vleis. O­me­ga-3 be­vat­ten­de kos soos salm, snoek, geel­stert, ma­kriel, sar­dy­ne, vars tu­na en sa­de is ver­al be­lang­rik as jy bors­voed om­dat dit help met jou ba­ba se brein­ont­wik­ke­ling. Sui­wel­pro­duk­te is weer ’n goeie bron van pro­te­ïen, kal­si­um en vi­ta­mien B.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.