WENK

Baba & Kleuter - - BABA -

Tel jul­le al die sla­pies tot jul­le in die mo­tor gaan klim see toe? Of kou jy jou na­els oor die son wat la­ter sak en jou klein­ding se roe­ti­ne wat saam met die gol­we weg­spoel?

Dis ’n feit dat va­kan­sies saam met klein kin­der­tjies nie heel­te­mal so sor­ge­loos vir ma en pa is soos toe dit net jul­le twee was nie, maar met ’n bie­tjie be­plan­ning en die reg­te hou­ding kan jul­le tog al­mal lek­ker uit­rus.

“Dit is be­lang­rik om re­a­lis­tie­se ver­wag­tin­ge van jul va­kan­sie te hê,” sê Pe­tro T­hamm, ’n slaap­kon­sul­tant by Good Nig­ht Ba­by, ’n land­wye or­ga­ni­sa­sie.

“Ons wil va­kan­sie hou mét ons kin­ders soos ons va­kan­sie ge­hou het són­der kin­ders, maar ons moet ont­hou hul­le is klein men­sies wat roe­ti­ne en die­self­de slaaptyd no­dig het.”

Jou kind se per­soon­lik­heid be­paal in ’n ma­te hoe aan­pas­baar hy in die va­kan­sie sal wees. ’n Vreem­de bed is piek­fyn vir som­mi­ge kin­ders, ter­wyl dit an­der ont­stel.

“Hou jou kind se per­soon­lik­heid in ge­dag­te en pro­beer waar moont­lik by jul roe­ti­ne hou,” stel Pe­tro voor.

’n Roe­ti­ne is voor­spel­baar en laat klein kin­der­tjies vei­lig voel, be­aam Wiet­ske Boon, ’n kin­der­siel­kun­di­ge van P­re­to­ria.

“Dit sorg ook vir min­der ver­ras­sings. Ver­al kin­ders wat ge­neig is tot angs­tig­heid en span­ning flo­reer as hul­le struk­tuur het. Dié kin­ders sal oor­wel­dig voel deur on­be­ken­de si­tu­a­sies en on­voor­spel­ba­re ge­beu­re.

“Ver­al as die om­ge­wing on­be­kend is, is dit dus ’n goeie plan om die ou roe­ti­ne so goed as moont­lik te volg.”

Wees tog daar­op voor­be­reid dat din­ge nie heel­te­mal soos tuis gaan ver­loop nie – en dis nie die ein­de van die wê­reld nie.

PAK DAAI BERSIE

As jou kleu­ter al ver­staan waar­oor dit gaan, kan jy ty­dens jou va­kan­sie­be­plan­ning fo­to’s by­me­kaar­maak van plek­ke waar jul­le gaan oor­nag en be­siens­waar­dig­he­de wat jul­le gaan be­soek, stel Wiet­ske voor.

“Ge­sels ’n kort ruk­kie voor die va­kan­sie met die kin­ders daar­oor – ont­hou, klein kin­ders se be­grip van tyd het meest­al nog nie ont­wik­kel nie.

“Kin­ders wat moei­lik by ver­an­de­ring aan­pas, kan ge­du­ren­de die va­kan­sie selfs el­ke dag op die dag se ge­beu­re voor­be­rei word deur na fo­to’s te kyk of te ge­sels oor die dag wat voor­lê.”

Be­trek jou kleu­ter by va­kan­sie-voor­be­rei­dings, al ver­staan hy dalk nie heel­te­mal wat gaan ge­beur nie.

“Help hom om self te kies wat­ter speel­goed hy wil saam­neem. Dit bring ’n ma­te van kalm­te in ’n on­be­ken­de om­ge­wing.”

Pak sy guns­te­ling-bersie in en som­mer sy be­ken­de nag­lig­gie ook, sê Pe­tro. Sy en haar man is nie reg­tig roe­ti­ne­men­se nie, sê Na­de­ne Marx Pie­naar (37) van P­re­to­ria.

Tog het haar kin­ders, Lu­ca (4) en My­ra (1), hul eie roe­ti­ne gou aan haar uit­ge­wys en sy volg dit so, ook met va­kan­sies.

“Die twee se roe­ti­ne is sterk aan die son ge­kop­pel – son is ge­lyk aan speel en maan aan slaap. Dus kan va­kan­sies by die see in­te­res­sant wees om­dat die son so laat on­der­gaan.

“Maar nou ja, al­les ge­beur mos maar la­ter by die see en dis ook goed so – va­kan­sie is die tyd wan­neer roe­ti­nes ’n bie­tjie kan rus.

“Meer son­tyd is goed vir die twee en hul­le speel lek­ker lank. Dit is heer­lik om hul­le dop te hou ter­wyl hul­le die son, sand en see ge­niet. Meer speel be­te­ken ook hul­le gaan goed slaap!”

Wan­neer Lu­ca eers die dae be­gin af­tel voor hul­le na ’n be­stem­ming ver­trek, is die at­mos­feer e­lek­tries en sy op­ge­won­den­heid aan­steek­lik.

“Lu­ca mag ge­woon­lik ’n deel van sy tas vol speel­goed pak en hy kies ge­woon­lik sy guns­te­lin­ge soos die Paw Pa­trol-span. As deel van die va­kan­sie­be­derf mag hy in die va­kan­sie een ek­stra speel­ding kry en dié koop ons daar.

“Vir My­ra neem ek haar eie bed­de­goed en een of twee speel­din­ge­tjies om slaaptyd soos by die huis te laat voel.”

Na­di­ne sê hul­le skryf roe­ti­ne maar op hul maag wan­neer hul­le by ’n be­stem­ming aan­kom.

“Soos al­mal daag hul­le ook nuus­kie­rig by nu­we plek­ke op. Ons pro­beer in sul­ke ge­val­le nie te laat aan­kom nie, juis met die i­dee dat hul­le die om­ge­wing kan ver­ken en hul­self poe­gaai speel.”

Die kin­ders doen steeds waar­van hul­le hou wan­neer hul­le weg­gaan.

“Ek dink die groot­ste uit­da­ging vir e­nig­ie­mand wat met kin­ders va­kan­sie gaan hou, is om te ont­span. As óns nie ont­span nie, gaan die kin­ders se wie­le af­kom.

“Moet dus nie ver­blyf re­ël waar jy jou gaan be­kom­mer dat die kin­ders die Wey­landts- bank en die E­gip­tie­se ka­toen­lin­ne met hul­le kry­te gaan in­kleur of wit­te­broods­paar­tjies op die s­trand gaan pla nie.

“Aan­vaar dat ro­man­tie­se va­kan­sies en su­per­luuk­se woon­stel­le vir eers on­re­a­lis­ties is.

“Maar ont­hou dat hier­die tyd kos­baar is en dat jul­le dit as ge­sin moet koes­ter, want dis in ’n oog­wink ver­by.

“Re­ël va­kan­sies waar jy en jou man ook kan ont­span, soos saam met ou­ma en ou­pa so­dat hul­le ook kan help kin­ders op­pas en jul­le ’n bie­tjie kan ‘wit­te­brood’ met ’n ete of ’n hoof­stuk of twee van ’n boek.”

Haar raad aan ge­sin­ne wat vir die eer­ste keer ’n va­kan­sie saam met kin­ders aan­pak, is om te ont­span en me­kaar en hul kin­ders te ge­niet.

“Va­kan­sies is so min en die le­we so kort. Dit is sleg om te sien hoe men­se só voor die va­kan­sie stres dat die he­le doel daar­van daar­mee heen is.

“Pak wat jy kan, ry wan­neer jy uit­ge­rus is, ge­niet die reis en kom vei­lig by jou be­stem­ming aan, al moes jy Va­der Ja­kob 1 000 keer sing!” Pak ge­noeg spe­le­tjies en an­der ver­maak om die kroos op die lang­pad be­sig te hou, stel Wiet­ske voor.

CD’s met kin­der­mu­siek, ou­der­doms­ge­pas­te DVD’s en lig- en- loer- boe­kies oor te­mas waar­van jou kind hou werk goed. K­leu­ters hou van boe­ke met plak­kers.

“Speel spe­le­tjies soos om te kyk wie eer­ste ’n rooi mo­tor kan raak­sien en hou ge­reeld stil om be­ne te rek.”

As jou ba­ba nog klein is, kan jy hom ver­maak deur lin­te van ver­skil­len­de teks­tu­re en speel­goed met klok­kies of an­der klan­ke bo sy karstoel­tjie te hang. Wis­sel die speel­goed af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.