GE­SE­ËN­DE

KERS­FEES!

Baba & Kleuter - - REDAKTEURSBRIEF -

Twee bud­jies en ’n hok! Dis die Kersgeskenk wat ek die bes­te ont­hou. My ma-hul­le het daar­die jaar ge­sê hul­le gee vir ons elk­een geld en dan gaan ons a­mal saam win­kel­sen­trum toe en ons kan koop nét wat ons wil. Ek dink ek was in sub A of B en dit was oor ’n na­week toe ons van die plat­te­land af spe­si­aal s­tad toe ge­ry het vir die groot in­ko­pie­tog. Ons het my­le ge­loop. Ek het al wat ’n speel­ding is op­ge­tel. En toe maar weer neer­ge­sit. Die be­sluit was net te groot. Ek was iet­wat van ’n per­fek­si­o­nis en ek wou dood­se­ker maak dat ek die per­fek­te ge­skenk vir my­self koop. Ek kan nie ont­hou hoe­veel geld dit was nie, maar dit was be­slis die groot­ste be­drag waar­oor ek in my klein le­we ooit be­heer ge­had het. Ek wou nie die ge­leent­heid op­mors nie. Die win­kels het al be­gin toe­maak en my fa­mi­lie was goed keel­vol vir my wat nog steeds nie ’n en­ke­le ding ge­koop het nie. Ons het toe maar par­keer­a­rea toe be­gin aan­stap. My ma was moe­de­loos. My tra­ne het vlak ge­lê, want hoe gaan my Kers­fees dan nou wees son­der ’n groot pre­sent? En dis my eie skuld, want ek kan nie kies nie!

Net daar bui­te die sen­trum se in­gang sien ons toe een win­kel waar ons nog nie in was nie – die troe­tel­dier­win­kel! Dit was as­of die son deur die wol­ke ge­breek het, want my ma-hul­le het mos ge­sê ek kan e­nig­iets koop met die geld. Skaars tien mi­nu­te la­ter is ons daar uit, met een blou en een groen bud­jie. Die hok was eint­lik die duur­ste. Ek kon sien my sib­be is lek­ker ja­loers oor hul jong­ste sus­sie se fan­tas­tie­se keu­se en spyt dat hul­le nie ook daar hul Kers­in­ko­pies ge­doen het nie. My ou­ers was maar net ver­lig dat ek nie ’n hond­jie of ’n slang ge­kies het nie.

Ek hoop hier­die Kers­sei­soen is vol heer­li­ke keu­ses vir jou en jou ge­sin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.