GAAN OP DI­EET

VER­TEL ONS VAN JOU Sluit aan by Me­dia24 Tyd­skrif­te se Ek Sê-ge­meen­skap waar jy ons meer ver­tel van jou­self, so­dat ons vir jou ’n be­ter pro­duk kan skep. Daar is met el­ke me­nings­pei­ling wat jy in­vul groot pry­se op die spel. Re­gis­treer by www.me­di­a24my­say.co

Baba & Kleuter - - REDAKTEURSBRIEF -

Was ver­le­de jaar vir jou ook so rof? Ek ont­hou dat dit ‘n paar keer, ve­ral hier na die ein­de toe, vir my ge­voel het of die wê­reld sta­pel­gek ge­raak het. Ek dink die ge­voel spruit deels uit my nuus­bron­ne, wat ek dees­dae al hoe meer op so­si­a­le me­dia vind. Een his­te­rie­se op­skrif trek jou in en voor jy jou kom kry het jy jou­self in ‘n don­ker maal­kolk in ge­lees. As die ar­ti­kel self nie ont­stel­lend is nie, is die kom­men­ta­re on­der­aan ge­woon­lik ge­noeg om mens na drank te laat gryp. Die kom­men­ta­tors suk­kel om met in­sig te lees, en wan­neer twee ver­skil oor iets is die vol­gen­de stap om be­le­di­gings uit te ruil. Hoe per­soon­li­ker, hoe be­ter. Maar so­si­a­le me­dia is da­rem nie nét sleg nie. Ek kry daar ook baie inspirasie, i­dees en on­der­steu­ning. Net ‘n paar mi­nu­te ge­le­de lees ek op ‘n vriend se muur ‘n prag­ti­ge aan­ha­ling wat per­fek is vir die dag, die week, die jaar. Dit was die vol­gen­de woor­de: “Wat werk­lik saak maak, is nie die ge­brul van die wê­reld nie, maar die lief­de van jou fa­mi­lie en die toe­ge­neent­heid van jou vrien­de.” Ek gaan daar­die woor­de vas­hou in 2017. Wan­neer die wê­reld brul, hoef ‘n mens nie te luis­ter of te ant­woord nie. Jy het ‘n keu­se. Een van my re­so­lu­sies is dus om ‘n bie­tjie skoon te maak op so­si­a­le me­dia. Ek gaan die ne­ga­tie­we brul­lers “un­friend” of op­hou volg of hul­le blok. Som­mer die ver­ve­li­ges ook. Uit die oog, uit die hart! Daar’s ‘n paar w­hat­sapp­groe­pies wat ek ook gaan ver­laat. Ons gaan ver­der as ge­sin weer stren­ger reëls moet neer­lê oor ons in­ter­net ge­bruik. Wi­fi het ons le­we by die huis ver­an­der, maar ek gaan nie toe­laat dat dit my vre­de be­dui­wel nie. Wie sluit by my aan hier­mee? Ver­geet van die ge­wo­ne ou di­eet waar­op al­mal in Ja­nu­a­rie gaan – kom ons pak eer­der ‘n di­gi­ta­le di­eet aan. As ‘n groe­pie of ‘n blad nie jou siel voed nie, hou op om daar­aan aan­dag te gee. Skrap dit een­vou­dig. Dis baie mak­li­ker as om kool­hi­dra­te op te of­fer! Ek voor­spel ons gaan al­mal on­mid­del­lik be­ter be­gin voel en meer tyd hê vir die din­ge wat werk­lik saak maak. Ons gaan me­kaar meer in die oë kyk, rus­ti­ger ge­sels, me­kaar min­der on­der­breek en aan­jaag, lan­ger in die bad lê, dik­ker boeke lees, sta­di­ger eet, bal skop in die tuin en som­mer net na die wol­ke lê en staar. En weet jul­le wat? Die wê­reld gaan nie ver­gaan nie. Tot vol­gen­de maand,

Vro­li­ke so­mer­rok­kies van ka­toen vir 1- tot 8-ja­ri­ges. Pry­se van­af R230 per i­tem, posgeld uit­ge­sluit. Vir meer in­lig­ting, bel Christine by 082-732-9467, of volg Lil & Jo Clo­thing op Fa­ce­book.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.