GROOT­STE GE­SKENK

Baba & Kleuter - - SAAM - ANÉ MOORE,

Za­ra het na my toe ge­kom toe sy net drie maan­de oud was en sy is so­waar die bes­te ge­skenk ooit. Ek het lank vir haar ge­wag en het ’n moei­li­ke tyd deur­ge­maak voor ek uit­ein­de­lik die vreug­de van ma wees kon er­vaar. Ek is ge­di­ag­no­seer met graad 3-en­do­me­tri­o­se. Ek het fer­ti­li­teits­be­han­de­ling on­der­gaan, son­der e­ni­ge suk­ses. Dit was ’n ver­skrik­li­ke stres­vol­le tyd in my le­we en boon­op het my hu­we­lik die­self­de tyd tot ’n ein­de ge­kom. Ek was de­pres­sief en het am­per al­le moed ver­loor. Dis toe dat ek be­sluit het om as ’n en­kel­lo­per aan­soek te doen om aan­ne­ming. En min­der as ses maan­de la­ter was ek ’n prag­ti­ge en ge­son­de dog­ter­tjie ry­ker. Dit was die bes­te en groot­ste ge­skenk nog. Die aan­ne­ming is op 18 Ju­lie ge­fi­na­li­seer, op Man­de­la­dag. Ek is so bly dat ek nie moed ver­loor het nie en be­sluit het om aan te neem. Dit was die bes­te be­sluit vir my. Ek hoop dat an­der paar­tjies wat suk­kel met in­fer­ti­li­teit of selfs al­leen­mam­mas dit sal oor­weeg om ’n ba­ba aan te neem. Ek weet in my hart dat klein Za­ra vir my be­doel was en ek vir haar. Ek sou on­moont­lik meer lief vir haar kon wees, selfs al het ons die­self­de DNS ge­had.

En­kel­ma Ané Moore spog met haar mooie Za­ra (9 maan­de).

Lia S­han­non (9 maan­de) het haar ma met lief­de kom om­vou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.