HY IS NOU 2

Die tyd vlieg vin­nig, en Ben be­gin be­lang­stel­lings­voor­keu­re toon. Gaan hy dit een­dag as groot­mens ver­der kan voer?

Baba & Kleuter - - PA SE STEM - BA­BA & KLEU­TER

Ons het van­dag Ben se ver­jaar­dag ge­vier. Dit was om­trent ’n jo­li­ge af­fê­re. Die skoon­ou­ers en my ma het saam met ons ’n gla­sie von­kel­wyn kom ge­niet, Car­la se tuis­ge­bak­te koek (in die vorm van ’n ki­taar … heel skaf­lik vir ’n eer­ste po­ging!) help ver­slind en hul klein­kind met pre­sen­te be­derf. Toe is hul­le huis toe. Hy is nou twee, sê ek vir Car­la kort ná die koe­baais. As­of sy nie reeds weet nie. Sy knik haar kop, sê nie ’n woord nie. T­wéé, her­haal ek dan, met klem op die klin­kers. Om die ge­wig­tig­heid van die si­tu­a­sie te pro­beer tuis­bring. Sy kyk na my en ek kan sien die tra­ne lê vlák.

Hoe het dit ge­beur? Hoe vin­nig het die tyd nie ge­vlieg nie! En waar is dit heen? Dit voel soos nou-die-dag-gis­ter toe ek die twee die mid­dag by die hos­pi­taal gaan haal het: ’n ma-hen en haar piep­klein kui­ken, weer­loos en toe­ge­draai in sy blou pluis­wol­nes­sie.

En kyk, hier is hy nou: ’n uit­bun­di­ge, lief­de­vol­le, sin­gen­de, be­koor­li­ke, ge­sel­sen­de, bal­skop­pen­de, nuus­kie­ri­ge, ki­taar­spe­len­de, grap­ma­ke­ri­ge, die­re­lief­heb­ben­de, ge­hoor­sa­me seun­tjie.

Mee­ge­sleur deur die goue oom­blik van ’n ver­jaar­dag­par­ty­tjie waar­by Ben vir die eer­ste keer in sy kort le­we ak­tief be­trok­ke was, staan hier­die ei­en­skap­pe vir ons skie­lik uit, soos ba­kens van lig. Hy is al dié din­ge. Hy is! Wel, meest­al. Hy is ook ’n nuk­ke­ri­ge, ei­e­sin­ni­ge, on­re­de­li­ke, vloer­moer­gooi­en­de, veel­ei­sen­de, boek­skeu­ren­de, ma­ni­pu­le­ren­de, mors­jor­se­ri­ge, hard­kop­pi­ge, kos­gooi­en­de, uit­da­gen­de seun­tjie. Hy is al dié din­ge ook. Hy is!

Die reis tot dus­ver, die 24 maan­de se­dert hy ons le­we hand­om­keer ver­an­der het, was niks an­ders nie as ’n dol­le wip­wa­en­tjie­rit ge­vul met oom­blik­ke van ab­so­lu­te af­gry­se en ver­bluf­fen­de vreug­de. Nooit voor­spel­baar nie. Daar was ’n ver­ras­sing – aan­ge­naam en on­aan­ge­naam – om el­ke hoek en draai. Nou kyk ek so na hom: ge­sond, ge­luk­kig en op koers wat be­tref wat die ken­ners sê ’n twee­ja­ri­ge moet wees. En ek won­der wat die vol­gen­de twee, drie jaar vir ons in­hou.

Hoe gaan ek en Car­la hier­die saai­ling van ons ge­wor­tel hou, sy groei sti­mu­leer, hom be­skerm teen wind, weer en wee­luis? Hoe gaan ons hier­die jong spons se dors na ken­nis les, nou­dat hy daag­liks aan nu­wig­he­de bloot­ge­stel word? Bo- we­nal, hoe gaan ons dit ver­mag son­der om (on­be­wus­te­lik) ons eie voor­keu­re, fik­sa­sies en vre­se (sub­tiel) aan hom op te dwing?

Be­ne­wens siek­te en be­se­rings is dít die groot­ste vrees wat ek vir Ben koe­s­ter: dat ek as pa té veel in­meng met sy na­tuur­li­ke ont­wik­ke­ling in hier­die ja­re. Want kom ons wees eer­lik, wie wil nie heim­lik ’n Mi­ni-Me groot­maak nie, ’n aar­tjie na sy vaar­tjie, ’n kind wat jou be­lang­stel­lings en voor­lief­des ver­per­soon­lik? Veel er­ger is as die kind op ’n baie be­re­ken­de wy­se aan­ge­moe­dig word om iets te doen wat jy – nou as ou­er – nooit as kind ge­doen het of des­tyds erns­tig op­ge­neem het nie. Jy is spyt daar­oor. Jy wil die saak reg­stel. Hier is jou ge­leent­heid.

So Ben toon be­lang­stel­ling in mu­siek. Car­la se kant van die fa­mi­lie is be­hoor­lik mu­si­kaal en ek en sy is al­bei gek oor mu­siek. Dit word ge­reeld in ons huis ge­hoor, het­sy met lang­speel­pla­te (ja, dis nou weer ’n ding), YouTu­be-vi­deo’s of as hy vra “pap­pa sing lied­jie”.

Ek het nie ’n g­re­at stem nie, maar ek kan da­rem soort­van noot hou. So kry hy ’n ver­skei­den­heid van die deur­ge­trap­te, stock­stan­dard volks­lied­jies, op­ge­maak­te non­sies wat ek op die in­ge­wing van die oom­blik uit­dink en ’n paar guns­te­lin­ge wat ek oor en oor en oor vir hom moet sing: Johannes Ker­kor­rel se Hil­l­brow, by­voor­beeld, of John Len­non se Je­a­lous Guy, Simon & Gar­fun­kel se Kathy’s Song en die Be­at­les se A­cross the U­ni­ver­se.

Hy be­sit ook vier ki­ta­re. Wel, drie is speel­goed­ki­ta­re. Maar die sna­re is daar, so i­dee is daar. Ek is skul­dig aan die nuut­ste een, my ge­skenk aan hom op sy twee­de ver­jaar­dag. Dis ’n in­stru­ment wat ek as groot mu­siek­lief­heb­ber nog al­tyd wou leer speel. Nooit so ver ge­kom nie. Nou het Ben vier. Sy pa speel vir hom ki­taar­mu­siek en wys (met streng be­per­kings van twee voor bad­tyd) vir hom mu­siek­vi­deo’s en sing vir hom. Sy ou­pa (ook be­kend as Ou­pa Ta … vir ki­TAar, sien?) doen die­self­de en laat hom boon­op sy in­stru­men­te speel – e­lek­trie­se ki­ta­re en ’n kla­wer­bord.

Dis als goed en wel. Maar soms won­der ek tog: Voer ek heel on­skul­dig sy vuur van be­lang­stel­ling in mu­siek of pro­beer ek in my on­der­be­wus­te ’n lief­de vir mu­siek, spe­si­fiek die skep­pings­pro­ses daar­van, kweek? Moei­lik om te sê.

In dié sta­di­um is hy in ’n kits ge­luk­kig as hy spe­si­fie­ke tu­nes hoor en lomp­weg een van sy ki­ta­re (of ’n be­sem, vurk, hark of e­ni­ge soort­ge­ly­ke voor­werp wat die in­stru­ment kan ver­teen­woor­dig) op sy heup vas­knyp en die “sna­re” kan pluk.

Die tyd sal leer of sy lief­de vir mu­siek ont­wik­kel en of hier­die net ’n fa­se is. Tot die op­win­den­de raai­sel ge­stal­te kry, is ons ver­heug dat Ben vreug­de put uit iets wat vir ons ook so­veel ge­not ver­skaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.