KLEIN, MAAR LEK­KER!

Li­zann Du­rant en haar ge­sin bly al ses jaar lank op die be­koor­li­ke S­wa­kop­mund, 380 km van Wind­hoek af aan die kus van Na­mi­bië. Sy ver­tel wat daar al­les te doen is.

Baba & Kleuter - - UIT DIE BUITELAND - BA­BA & KLEU­TER

S­wa­kop­mund. Een van die ge­wild­ste dor­pies langs die kus van Na­mi­bië. Dui­sen­de men­se stroom hier­heen oor Paas­na­week en in De­sem­ber­va­kan­sies. Dié van ons wat per­ma­nent hier woon, moet ons maan­de­lik­se in­ko­pies in dié tyd maar voor­uit doen. Par­keer­plek en in­ko­pies is dan ’n stryd en ’n groot ver­trap­ping!

An­der­sins is die dorp ge­woon­lik baie stil. Daar’s nie ’n te­kort aan win­kels nie, hoe­wel kle­re- en skoen­win­kels be­perk is. Dit kan nog­al ’n kop­seer wees, ve­ral as dit by kin­ders kom!

Met my eer­ste swan­ger­skap het ek ag­ter­ge­kom hier is nie ba­ba­win­kels waar ’n mens al­les kan kry wat jy no­dig het nie. Ons is toe Wind­hoek en Suid-A­fri­ka toe om ba­ba-in­ko­pies te gaan doen. Win­ter­kle­re is ook so skaars soos ’n twee­de­hand­se doods­kis. My s­koon­ma stuur ge­luk­kig nou en dan iets uit Suid-A­fri­ka.

Ons ge­niet Na­mi­bië. Dit is rus­tig en hier is geen ver­keer nie – wat won­der­lik is! Daar’s ’n uit­ste­ken­de Me­di-Cli­nic met goeie dok­ters. Daar is on­ge­luk­kig net een pe­di­a­ter op die dorp wat dit moei­lik maak om ’n af­spraak te kry, want hy is ’n maand voor­uit al vol be­spreek.

Die weer speel nie al­tyd saam nie – die mees­te van die tyd is dit koud en mis­tig. My kind bly aan­hou­dend siek.

S­wa­kop­mund kry soms “oos­weer”, ge­woon­lik in Ju­lie en Au­gus­tus. Dit be­te­ken row­we sand- en wind­storms, en dan leef al­mal soos klui­se­naars! In hier­die tyd waai die wind ge­woon­lik ’n paar uur per dag en hou twee of drie dae lank aan. So­dra dit wind­stil is, kies ons koers see toe met die kin­ders, want dit is ge­woon­lik die lek­ker­ste dag vir langs die see wees.

As die weer saam­speel, gaan ons som­mer die he­le dag lank see toe. Ons pak ’n pot­jie op die s­trand, of braai iets saam met vrien­de. Die kin­ders bal­jaar dan te heer­lik! Hier is ook ’n groot bin­nens­hui­se speel­park wat hul­le ga­te uit kan ge­niet en waar hul­le hul­le moeg speel.

Die see en die woes­tyn kom by Na­mi­bië se kus­lyn by­me­kaar en dus is hier baie dui­ne wat ge­klim en ge­klou­ter kan word. Ons pak vier­wiel-mo­tor­fiets­rit­te en ka­meel­rit­te op die dui­ne aan, ry knor­tjor­re en gaan vaar op ’n ka­ta­ma­ran in die ha­we ter­wyl dol­fy­ne langs die boot bal­jaar.

Soms kom groet die rob­be ons som­mer op die boot.

Ons woon nou ses jaar hier en het hier­heen ver­huis weens my man se werk­ver­plig­tin­ge. Aan­ge­sien die dorp maar klein is, het dit ’n ruk ge­duur voor ek ook werk kon kry.

In 2013 is ons prag­ti­ge dog­ter­tjie, Megan, ge­bo­re, en nog ’n pienk­voet is tans op pad.

Ons het vir Megan by ’n dag­s­org­sen­trum ge­laat van­dat sy drie maan­de oud was, want ek moes te­rug­keer werk toe.

Tans gaan Megan kleu­ter­skool toe ter­wyl ek werk. Ons was ge­luk­kig om ’n plek­kie vir haar te kry, want S­wa­kop­mund het net ’n hand­jie­vol dag­s­org­sen­trums en kleu­ter­sko­le.

Die le­wen­styl hier is nie veel an­ders as in Suid-A­fri­ka nie. Ons braai ge­reeld: Na­mi­bië het mos die lek­ker­ste skaap­tjop­pies en bief­stuk wat jy kan kry!

Hier is tot ’n Food Lo­ver’s Mar­ket wat ons van vars vrug­te en groen­te voor­sien.

Die klein dor­pie is be­sig om vin­nig uit te brei as ge­volg van die u­raan­myn en al die werk­ge­leent­he­de wat dit skep.

Ons hart kry swaar dat die ou­mas en ou­pas so ver weg bly en nie die ge­leent­heid kry om Megan ge­reeld te sien of na­by te wees vir kui­er­tjies nie. Ons stuur ge­reeld fo­to’s, doen vi­deo-op­roe­pe of Sky­pe oor en weer.

Op die ke­per be­skou het S­wa­kop­mund se­ker sy kwo­ta te­kort­ko­­min­ge, maar vir ons is dit op die oom­blik die bes­te, lek­ker­ste plek om te bly!

Daar is net een pe­di­a­ter op die dorp en hy is ’n maand voor­uit al vol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.