Van kinds­been kre­a­tief

Om iets uit niks te maak en boon­op geld daar­mee te ver­dien, is ’n kuns wat Sam S­car­borough van Kaap­stad – en­kel­ma, de­k­or­kon­sul­tant en skrywer van de­kor- en kos­boe­ke – goed on­der die knie het.

Baba & Kleuter - - ENTREPRENEUR - DEUR SHANDA LUYT BA­BA & KLEU­TER

HOE HET JOU KRE­A­TI­WI­TEIT TOT ’N WINSGEWENDE BE­SIG­HEID ONT­WIK­KEL? Ek was op ’n Wal­dorf-la­er­skool en dit het my kre­a­tief ge­ïn­spi­reer. My baie kre­a­tie­we en be­trok­ke ma het my ge­leer hoe om naald­werk te doen, te brei en al­ler­han­de din­ge te skep. Ek het ná skool gra­fie­se ont­werp by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch stu­deer en daar­na 20 jaar lank in die be­dryf ge­werk, on­der meer in Lon­den by die uit­ge­wer Dor­ling Kin­ders­ley en daar­na in Suid-A­fri­ka by die tyd­skrif­te Cos­mo­po­li­tan en El­le De­co­ra­ti­on.

Uit­ein­de­lik het ek my eie kon­sul­ta­sie­on­der­ne­ming, Kids Decor, be­gin.

Ná my dog­ter, Ge­or­gia (14), se ge­boor­te is ek ge­ïn­spi­reer deur kin­der­ka­mers en het ek boeke daar­oor be­gin skryf. My eer­ste boek, Kre­a­tie­we kin­der­ka­mers, was ’n groot hoog­te­punt. My twee­de boek, Cool S­pa­ces for Kids, is in B­rit­tan­je uit­ge­gee en het in­ter­na­si­o­naal goed ver­koop, wat ’n reu­se­pluim­pie

was. FI­NAN­SI­Ë­LE UIT­DA­GINGS AS EN­KEL­MA EN SAKEVROU? Om vir jou­self te werk is ’n uit­da­ging. Om nie ’n sa­la­ris­stro­kie te hê nie, be­te­ken dat ban­ke jou nie erns­tig op­neem of jou aan­soek vir ’n oor­trok­ke ge­rief wil oor­weeg nie. Dit is werk­lik moei­lik vir klein on­der­ne­mings. Na­tuur­lik sou dit mak­li­ker ge­wees het om ’n maat te hê vir fi­nan­si­ë­le sta­bi­li­teit, maar ek kan eer­lik sê dat wat ek ook al in my le­we ge­skep het, die ge­volg is van my har­de werk en toe­wy­ding en dat nie­mand my fi­nan­si­eel ge­help het nie. Daar was tye wat ek ge­spot het oor ’n Mar­mi­te­brood­jie vir aand­e­te, maar din­ge het op die ou end al­tyd uit­ge­werk. Ek glo nie daar­aan om op skuld te le­we nie en het dus nog al­tyd ’n ge­son­de in­ge­steld­heid oor geldsake ge­had. Ek is baie goed daar­mee om bin­ne my ver­moë te leef. Om ’n en­kel­ma te wees maak die uit­da­ging gro­ter, maar ek het din­ge een­vou­dig ge­hou en my geld op reis en er­va­rings uit­ge­gee eer­der as be­sit­tings. Om dit al­les op my eie aan te pak was maar net hoe dit was: Ek het dit nie as s­waar­kry be­skou nie. Ek skat my in­kom­ste-ka­pa­si­teit is die helf­te van voor ek ’n ou­er was, maar dit was my keu­se om my werk­tyd te mas­seer soos dit my pas eer­der as om ’n heel­tyd­se werk te aan­vaar. Ge­luk­kig was my ma nog al­tyd ’n reu­se-hulp met Ge­or­gia en my on­der­ne­ming. Sy tree in die mees­te van my werk­ses­sies as my assistent op, en ook in my le­we!

BE­STAND­DE­LE VIR SUK­SES? Ek dink ’n goeie kon­sep is die sleu­tel tot e­ni­ge on­der­ne­ming. Dit moet ’n spe­si­fie­ke be­hoef­te van die ver­brui­ker of be­sig­he­de be­vre­dig. Ek dink ook jy moet ’n ko­per of ver­brui­ker vind vóór jy jou be­sig­heid be­gin. Kre­a­ti­wi­teit is een ding, maar om te oor­leef en ’n sa­la­ris uit so ’n on­der­ne­ming te ver­dien is iets heel­te­mal an­ders. Kre­a­ti­wi­teit is baie moei­lik om te ver­koop en dik­wels werk kre­a­tie­we men­se vir ’n baie klein wins. My boeke ver­dien by­voor­beeld nie vir my geld nie (baie min boeke doen dit), maar dit was ’n won­der­li­ke er­va­ring en die fo­to­ses­sies het tot an­der werk en in­kom­ste aan­lei­ding ge­gee.

WAT­TER IN­VLOED HET JOU WERK OP GE­OR­GIA? Ek dink sy word ge­ïn­spi­reer deur die werk wat ek doen en die ma­nier waar­op ek die le­we be­na­der. Sy het ge­help met al my boeke en was ook be­trok­ke by die maak en toets van al die de­ko­ri­tems. In een sta­di­um het sy my wel ge­soe­bat om net nie weer haar ka­mer te ver­an­der vir ’n fo­to­ses­sie nie; sy wou net hê dit moet vir ’n ruk­kie die­self­de bly!

JY HET ’N KINDERMARKDAG AS DEEL VAN DECOR KIDS BE­KEND­GE­STEL. HOE­KOM? Ek het die mark­dag vir Ge­or­gia be­gin, want sy wou li­mo­na­de by ons tuin­hek­kie ver­koop. Ons het ’n he­le paar mark­te ge­had en sy het dit reg­tig ge­niet om i­tems te maak en ál meer self­ver­troue ge­kry om dit te ver­koop. Ek dink dis be­lang­rik dat kin­ders ver­staan hoe om iets uit niks te skep. Om kre­a­tief te wees met ’n paar ma­te­ri­a­le en ’n prag­ti­ge hand­ge­maak­te ar­ti­kel te skep, is ’n les van on­skat­ba­re waar­de. Te veel kin­ders kry net goed, wat hul­le niks oor die le­we leer of hul self­waar­de ver­sterk nie. Kre­a­tie­we spel is nood­saak­lik om la­ter op­los­sings in die le­we te kan vind. Dit is die een­vou­di­ge din­ge in die le­we wat saak maak.

DEKORRAAD VIR OU­ERS? Bring tyd saam met jou kind deur en moe­nie die ka­mer oor­ver­sier so­dat dit soos ’n Pin­te­rest-bord lyk nie. Kin­ders het ruim­te no­dig om te speel; hou dit dus een­vou­dig, or­ga­ni­seer hul speel­goed so­dat hul­le dit mak­lik kan by­kom en moe­nie al­les per­fek maak nie. Die le­we is nie per­fek nie. Kin­ders moet vuil word, hul ka­mers moet deur­me­kaar raak en op­rui­ming ná speel­tyd is ’n be­lang­ri­ke les. Hou din­ge een­vou­dig so­dat dit mak­lik en be­kos­tig­baar is om hul ka­mers aan te pas na­ma­te hul­le ou­er word. Kre­a­tie­we de­kor is nie duur nie, oor­ver­sie­ring is.

Sam se nuut­ste boek, (R170, www. pen­guin­rand­om­hou­se.co.za) is ’n skat­kis van i­dees vir ge­son­de, in­spi­re­ren­de e­tes vir kin­ders. Wen een van twee ek­sem­pla­re deur jou naam, fi­sie­ke a­dres en e-pos­a­dres na 37176 te stuur voor 31 Ja­nu­a­rie, as­ook die ko­de BK210SS.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.