TWEE­LING IN BAK­KIE GE­BO­RE

Die rit hos­pi­taal toe sou lan­ger as drie uur duur, maar sy was nie be­kom­merd nie. Tot ’n ge­wel­di­ge steek­pyn haar tref . . . Li­zél Kru­ger ver­tel van hul trau­ma­tie­se er­va­ring toe haar twee­ling al­bei voe­te eer­ste in die mo­tor ge­bo­re is.

Baba & Kleuter - - VERHAAL - BA­BA & KLEU­TER DEUR YOLANDI JOR­DAAN

Die Kru­ger-ge­sin woon op Vry­heid in K­waZu­lu-Na­tal, maar om­dat hul­le vrug­baar­heids­be­han­de­ling en swan­ger­skap­sorg op Beth­le­hem ge­kry het, was die be­plan­ning dat hul twee­ling ook op Beth­le­hem ge­bo­re sou word. Hul­le het selfs ge­re­ël dat ou­sus He­la­ni (13) haar ek­sa­men by ’n la­er­skool op Beth­le­hem af­lê so­dat el­ke lid van die ge­sin met die nu­we ba­bas kon bind.

Die kei­ser­snee was ge­ske­du­leer vir wan­neer ma Li­zél so­wat 37 we­ke s­wan­ger sou wees.

“Hoe­wel ek baie oor die o­pe­ra­sie ge­lees het, was ek nog steeds dood­bang. In my hart dink ek die twee­tjies het dit aan­ge­voel, want hul­le het toe be­sluit om hul op­wag­ting vroe­ër te maak,” ver­tel Li­zél (37).

Teen haar se­wen­de maand het sy vrees­lik on­ge­mak­lik be­gin voel en haar be­ne was styf ge­swel en seer. “Selfs om a­sem te haal was pyn­lik,” ver­tel sy.

Al die te­kens was daar dat haar lig­gaam be­sig was om vir die kraam­slag reg te maak, maar sy het dit nie be­sef nie.

Op die eer­ste dag van haar kraam­ver­lof, toe sy 34 we­ke s­wan­ger was, wou Li­zél aan­vank­lik in die ba­ba­ka­mer wer­skaf, maar be­sluit toe om eer­der vir He­la­ni dans­klas toe te neem, iets waar­voor sy as wer­ken­de ma nie baie die ge­leent­heid kry nie.

By die dans­klas het dit moei­te ge­verg om van die stoel af op te staan en het sy steek­py­ne in haar rug ge­voel.

Te­rug by die huis was man­lief Pie­ter (40) be­sig met aand­ete toe Li­zél drin­gend moes bad­ka­mer toe.

“Ek het nog ge­hoor hoe die nuus­uit­sen­ding be­gin, en toe breek my wa­ter.

“Pie­ter het nog ewe ge­vra of ek se­ker is voor hy in­der­haas al die tas­se in die bak­kie be­gin pak het,” ver­tel Li­zél lag­gend.

Sy het in daar­die sta­di­um nog nie kon­trak­sies ge­voel nie en het die hos­pi­taal laat weet dat hul­le op pad is.

“Ek was ge­rus dat ons Beth­le­hem drie en ’n half uur ver sou haal. Ek was lank in kraam met He­la­ni en het dus ge­dink daar is nog baie tyd.”

Die Kru­gers moes eers brand­stof in­gooi voor hul­le die lang pad Beth­le­hem toe kon aan­durf.

Kort na­dat hul­le weg­ge­trek het, het Li­zél weer ’n steek­pyn in haar rug ge­voel. En toe weer twee keer daar­na, maar niks wat haar be­kom­merd laat voel het nie.

“Dit het nie reg­tig soos kon­trak­sies ge­voel nie,” ver­tel sy.

Sy het lek­ker op W­hat­sApp ge­klets met haar vrien­din­ne en skoon­sus, wat al­mal ge­skok was om te hoor hul­le is op pad hos­pi­taal toe.

“Ek dink dit was te­le­pa­tie of dalk net die He­re se han­de­werk dat so­veel men­se ge­lyk­ty­dig vir ons ge­bid het,” sê Li­zél.

“Maar toe ons Dun­dee bin­ne­ry, het my vre­de vir pa­niek plek ge­maak. Daar het so ’n he­wi­ge pyn deur my lyf ge­trek dat my fo­kus skoon weg van al­les om my ge­neem is. Ek het ook toe seer steek­py­ne be­gin voel.”

Dis toe dat sy be­sef het hul­le is in die moei­lik­heid. Sy het Pie­ter ge­vra om eer­der na ’n hos­pi­taal in La­dy­smith te ry om­dat sy be­sef het hul­le sou Beth­le­hem nie be­tyds haal nie.

In­tus­sen het He­la­ni kop­ge­hou en haar ouma ge­bel om die am­bu­lans na hul­le te ont­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.