Ma’s wat skryf ...

Baba & Kleuter - - NUUS -

MARAJA BA­DEN­HORST BUR­GER

http:// blogs.lit­net.co.za/ ma­ra­ja­ba­den­horst­bur­ger/ Maraja het haar man op 1 Ju­nie 2016 be­gra­we toe hul kin­ders Pe­tro­nel­la en Kit­ty 3 en 2 jaar oud was. Maraja woon op Mon­ta­gu, haar ge­boor­te­dorp. Sy het kuns as vak op skool ge­vat by Oranje Mei­sie­skool en is toe R­ho­des- u­ni­ver­si­teit toe om te leer En­gels praat, en om ver­der te verf. Dees­dae doen sy kuns­te­ra­pie met tie­ners by ’n Wal­dorf­skool op M­cG­re­gor, skil­der en skryf haar blog. Ver­der maak sy haar twee mens­li­ke kuns­wer­kies groot.

SUNÉ COET­ZEE

hart­sto­ries-su­ne.blogspot.com Suné is ’n trot­se Boes­man­lan­der wie se kin­ders 2 en 4 jaar oud is. Suné hou van kof­fie met va­niel­je­melk en aan­ge­bran­de kos. Sy hou van ver stap en diep dink, en ook van o­ri­ga­num, An­ne­lie Bo­tes en son­ge­droog­te ta­ma­ties. Sy ken al die F­riends- e­pi­so­des uit haar kop. As dié ma breek­punt na­der, gaan drink sy ‘n Ho­ney Nut Lat­té by Wool­wort­hs. Al­leen met ‘n koe­rant.

CATHY DE LAN­GE

https://cathy­de­lan­ge.word­press.com/ Cathy sê self haar blog is nie nood­wen­dig diep, lang, grond­ver­skui­wen­de stuk­ke po­ë­tie­se pê­rels nie. Dit gaan eer­der oor die al­le­daag­se din­ge wat haar laat lag, rus­tig maak, ont­stel, laat won­der of som­mer net haar hart bly of seer maak. Cathy is nou al 14 jaar ’n Bloem­fon­tei­ner en sou haar nê­rens an­ders wou be­vind nie. Sy is ge­troud met Su­per­man (in haar o­pi­nie na­tuur­lik) en het drie prag­ti­ge dog­ter­tjies wat haar meer ge­leer het van die le­we in 8 jaar as wat sy sou kon droom. Cathy is mal oor pienk, die win­ter, kan nie ver­by ’n mooi paar oor­bel­le loop nie en is pas­sie­vol oor vrou- en mam­ma wees.

CHANTELLE DE WET

https://die­woor­de­naar.word­press.com/ Chantelle is ’n Wis­kun­de-juf­frou in die E­mi­ra­te en die ma en vrou ag­ter die blog Slaai son­der bla­re. Chantelle sê haar twee kin­ders (Le­hja en Petrus, 6 en 4 jaar oud) ver­be­ter daag­liks haar hu­mor­sin, kre­a­ti­wi­teit en waag­moed. Son­der hul­le, en Pie­ter, haar man, sou die le­we rus­ti­ger ge­wees het, ja, maar ook ver­ve­li­ger. Chantelle flo­reer op uit­da­gings en op­win­ding. Dié jaar lê ’n M- graad, ’n de­ka­de van ge­troud wees en baie reis­er­va­rings voor. En ver­le­de jaar het haar boek, Su­per­ma (en an­der mi­tes), die lig ge­sien. Chantelle glo as die blink kant nie bo is nie, vryf jy die kant wat bo is, blink.

HE­LE­NE O­LI­VIER

http://pret­ty­bel­le.co.za He­le­ne is verslaaf aan in­ko­pies en het haar blog met die een hand ge­stig ter­wyl sy met die an­der hand be­sig was om haar dog­ter­tjie, Min­ki, te bors­voed. As sti­lis weet He­le­ne dat ma’s be­slis mooi wil aan­trek en dis waar­oor haar blog gaan. Sy en Min­ki speel mo­del en gee daag­liks mo­de­raad, stylad­vies en wen­ke oor waar om wat te koop. El­ke week word ’n nu­we te­ma aan­ge­pak, en daar is selfs blits­vin­ni­ge gri­meer­raad vir be­si­ge ma’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.