Praat e­be­o­r­or­te-

Daar is geen mooi­er oom­blik of geen gro­ter won­der­werk as die ge­boor­te van ’n ba­ba nie. Maar wan­neer din­ge nie vol­gens plan ver­loop nie, kan dit baie trau­ma­ties wees.

Baba & Kleuter - - SWANGERSKAP - DEUR KA­REN VAN DER BERG

WAT BE­HELS DIE TE­RA­PIE, IS DIT NO­DIG EN WAAR KLOP JY AAN?

Ni­co­le­ne Con­ra­die (33) van Bloem­fon­tein se dog­ter­tjie, And­rea, is drie jaar ge­le­de in die Paarl ge­bo­re.

“Ek het van dag een van my swan­ger­skap ge­weet ek wil die le­we op ’n na­tuur­li­ke ma­nier skenk. Na­ma­te my swan­ger­skap ge­vor­der het, het ek meer daar­oor na­ge­lees. Ek was vas­be­ra­de en het al die na­vor­sing ge­doen. Soos my ver­wag­te da­tum na­der­ge­kom het, het ek pi­la­tes-oe­fe­nin­ge be­gin doen, ge­reeld gaan stap en selfs ’n mu­siek­lys saamgestel van waar­na ek ten ty­de van die be­val­ling wou luis­ter.”

Ni­co­le­ne se swan­ger­skap het son­der kom­pli­ka­sies ver­loop. Haar gi­ne­ko­loog, dr. G­reg Gro­bler, het dit ge­reeld as ’n “hand­boeks­wan­ger­skap” be­skryf waar al­les pre­sies ge­beur soos dit moet.

“Met my 40 we­ke-on­der­soek het And­rea nog knus in my moe­der­skoot ge­lê met geen plan om ge­bo­re te word nie. Dr. Gro­bler het ver­dui­de­lik dat hy nog ’n paar dae sou wag dat ek van­self be­gin kraam, maar ge­waar­sku dat die om­stan­dig­he­de in die baar­moe­der ál meer on­guns­tig vir haar word. My ba­ba­tjie het die laas­te twee we­ke nie meer noe­mens­waar­di­ge ge­wig aan­ge­sit nie. Sy was on­rus­tig.”

Op 1 No­vem­ber 2013, op by­na 41 we­ke van swan­ger­skap, het Ni­co­le­ne ’n in­duk­sie ge­kry.

“My ba­ba­tjie het nie meer flo­reer nie en ons moes haar uit­kry.”

Die in­duk­sie is na 06:00 die og­gend ge­doen. Ni­co­le­ne se kraam­py­ne het ná mid­dag­e­te toe­ge­neem, maar teen 17:00 het din­ge be­gin skeef­loop.

“Haar hart­jie het on­re­ël­ma­tig be­gin klop. Die ver­pleeg­ster aan diens het dr. Gro­bler laat weet en hy was gou daar. Daar is da­de­lik op ’n nood­kei­ser­snee be­sluit. Ek het be­gin huil en ge­vra of daar nie e­ni­ge an­der moont­lik­he­de was nie. My man, De­wald, en die dok­ter het my oor­tuig dit is nie die moei­te werd om my kind se le­we in ge­vaar te stel nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.