BORS­VOE­DING Wat het jy no­dig?

Bors­voe­ding is ’n na­tuur­li­ke pro­ses en die nood­saak­li­ke toe­rus­ting is reeds deel van jou lyf. Moet jy e­ni­ge by­ko­men­de hulp­mid­dels aan­skaf?

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE - BA­BA & KLEU­TER DEUR MARIE-LOUISE S­TEYN, BORSVOEDKONSULTANT

Bors­voe­ding is die ge­son­de, e­ko­no­mie­se keu­se. Dis so te sê gra­tis, en sal jul­le der­dui­sen­de ran­de aan blik­melk (en waar­skyn­lik me­die­se on­kos­te) spaar.

Vroue bors­voed al mil­len­nia lank son­der e­ni­ge spe­si­aal ont­werp­te pro­duk­te. Dees­dae spog ba­ba­win­kels eg­ter met ’n ver­by­ste­ren­de ver­skei­den­heid toe­be­ho­re wat be­loof om bors­voe­ding te ver­ge­mak­lik. Wat­is nut­ti­ge hulp­mid­dels, en wat wit o­li­fan­te?

Dit sal af­hang van jou be­gro­ting en om­stan­dig­he­de. El­ke ma en ba­ba is u­niek; daar is geen inkopielys wat al­mal pas nie.

BORSVOEDINGBRA’S

WORD GE­BRUIK OM … jou ty­de­lik ver­gro­te ba­tes be­hoor­lik te on­der­steun en ba­ba mak­li­ke toe­gang tot sy kos te gee. NUT­TI­GE WEN­KE • Jy sal waar­skyn­lik in die der­de tri­mes­ter gro­ter bra’s no­dig hê en kan som­mer by voor­baat voe­dings­bra’s koop. Voor­lo­pig kan jy net een of twee aan­skaf, want mis­kien ver­groot jou bor­ste ver­der of werk die be­trok­ke styl nie so goed as wat jy ge­hoop het nie.

RAAKGEKOOP

• Maak voor­sie­ning vir bors­groei en/of stu­wing: Koop bra’s met ek­stra ke­ël­spa­sie en nog ’n ry ha­kies. • S­tyf­pas­sen­de bra’s kan jou melk­bui­se laat ver­stop. Die­self­de geld vir die soort met draad­be­lyn­de ke­ëls. • Som­mi­ge ma’s ver­kies rek­stof­bra’s wat op­ge­lig kan word, an­der dié met oop­klap­ke­ëls. Kyk in die aan­pas­ka­mer wat­ter soort die mak­lik­ste met een hand oop­maak. • Koop ka­toen, dit ver­se­ker op­ti­ma­le lug

vloei om jou te­pels.

Pi­ge­on se E­lec­tric Pro­bors­pomp (R2 199,99) is by ba­ba­win­kels, ap­te­ke, klein­han­de­laars en ta­ke­a­lot. com te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.