VOL DOEK? Kom draf klas

Doe­ke ruil is nie­mand se guns­te­ling-ou­er­skaps­taak nie. Ons deel ’n paar wen­ke om dit tjoef-tjaf ag­ter die rug te kry.

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE - DEUR SAN­DRA COET­ZEE BA­BA & KLEU­TER

Jou ba­ba sal waar­skyn­lik ge­mid­deld so­wat ses doe­ke in 24 uur no­dig hê. Maak gou ’n som­me­tjie: Dis 6 570 doek­ruil­ses­sies oor drie jaar. As jul­le ’n twee­de kind kry, kyk jy na oor die 13 000 keer. Dis hoe­kom jy gou ons blits­gids tot doe­ke ruil moet lees ... net dalk is hier ’n wenk wat jou le­we ’n bie­tjie mak­li­ker kan maak.

STAP 2

Maak se­ker die doek­ruil­sta­sie is in­ge­rig so­dat al­les wat jy no­dig het, by­der­hand is. Jou ba­ba mag nooit al­leen daar lê nie, want net­nou val sy af. Doe­ke, vog­doe­kies, wat­te en wa­ter, poei­er, boud­jie­salf, ’n ek­stra stel kle­re, ’n hand­doe­kie, ’n an­ti­bak­te­rie­se spuit ... Be­plan só dat jy selfs die mees eks­plo­sie­we poef of tan­de­doek met ’n ma­te van gra­sie sal kan han­teer. Be­lê in ’n goeie doek­drom wat reu­ke weg­sluit, of neem jou voor om el­ke keer die doek el­ders te gaan weg­gooi. ’n Ba­ba­ka­mer moet da­rem nie na poef ruik nie.

STAP 3

Lê jou ba­ba op sy rug­gie neer, maak sy kleer­tjies oop en skuif dit uit die pad uit. Maak die doek voor los en ge­bruik som­mer die voor­kant van die doek om die erg­ste poef van voor na ag­ter weg te vee. Vou die poef in ’n ste­wi­ge bon­del­tjie bin­ne-in die doek toe. Sit dit een­kant neer.

Hou een hand op jou ba­ba ter­wyl jy met die an­der hand die vog­doe­kie of wat­te beet­kry. (Al­les staan mos reg!) Vee ba­ba van voor na ag­ter skoon. Jy kan ’n dog­ter­tjie se ge­slag­deel sag­kens oop­trek om se­ker te maak jy kry al die poef uit. Seun­tjies is lief vir pie­pie wan­neer hul­le die vars lug voel. Moe­nie uit­ge­vang word nie – nie­mand kan gou ge­noeg koes vir so ’n straal nie. Sit ’n sne­sies of was­lap­pie oor sy pe­nis wan­neer jy die doek af­haal om ’n nat ge­mors te voor­kom.

Druk die ge­bruik­te vog­doe­kies of wat­te ook by die toe doek in en gooi al­les weg.

Ou­er ba­bas: Hul­le kan nog­al wrie­mel. Maak se­ker daar hang ’n in­te­res­san­te be­wer­­tjie bo die doek­ruil­ta­fel, of gee hul­le ’n sag­te speel­ding om mee te speel. Ge­sels deu­ren­tyd met jou ba­ba. Doekruil­tyd kan ook lek­ker bin­dings­tyd wees.

Pas­ge­bo­re­nes: Wees ge­waar­sku – wan­neer jy die been­tjies lig en in die rig­ting van die ma­gie druk, kan dit tot ’n poef­ont­plof­fing lei.

Maak al­tyd van voor na ag­ter skoon. Dit help om blaas­ont­ste­king te voor­kom.

STAP 4

Vou ’n skoon doek oop, lig jou ba­ba se boud­jies en skuif die doek in plek. Smeer boud­jie­room aan in­dien no­dig. Maak die doek dan weers­kan­te toe. Dit moet ferm pas, maar nie on­ge­mak­lik styf nie. Maak se­ker die stuk­kie ma­te­ri­aal bui­te om die been­rek­kies is nie na bin­ne ge­vou nie. As die rek­kies na bin­ne ge­vou is, gaan die doek lek. Trek hul­le met jou vin­ger na bui­te. Maak weer jou ba­ba se kle­re toe.

STAP 5

Tel jou ba­ba op jou heup en kyk of die doek­ruil­sta­sie nog skoon is. In­dien nie, sit ba­ba vei­lig op die vloer neer en maak gou skoon. Jy sal vol­gen­de keer bly wees. As jy iets op­ge­bruik het, maak se­ker jy ver­vang dit da­de­lik.

Hug­gies se Na­tu­ral Ca­re-vog­doe­kies kos R28,99 per pak van 64.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.