DRA JOU BA­BA TEEN JOU HART

Baba & Kleuter - - PASGEBORENE -

Vroeg­ge­bo­re ba­bas word nood­wen­dig van hul mam­ma ge­skei om die no­di­ge me­die­se ver­sor­ging en aan­dag te kry. Dit is be­wys dat vel-tot-vel-aan­ra­king die e­mo­si­o­ne­le s­tres wat hier­die ge­dwon­ge skei­ding mee­bring, kan ver­min­der. Daar­om is dit be­lang­rik dat ma en ba­ba so dik­wels moont­lik die na­bye kon­tak van ’n swan­ger­skap wat on­der­breek is, na­boots.

Die i­de­a­le ma­nier is om jou ba­ba kan­ga­roes­tyl te dra en ’n spe­si­a­le kan­ga­roe­dra­doek is vir dié doel ont­werp. Dit bring jou ba­ba di­rek met jou lyf en vel in aan­ra­king en word op ’n spe­si­a­le, maar een­vou­di­ge ma­nier ge­vou om ba­ba baie knus en vei­lig teen jou bors te hou.

Na­vor­sing wys dat ba­bas wat vir lang ure deur hul ma in kan­ga­roes­tyl ge­koes­ter word, min­der in­fek­sies op­doen, vin­ni­ger her­stel en be­ter met hul ma bind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.