Mer­ke, ge­reed, KRUIP!

As jou ba­ba kruip, het sy ’n gro­ter kans om een­dag flink te stap, lees, leer en skryf. Ons ver­tel jou hoe jy jou ba­ba aan die gang kan kry.

Baba & Kleuter - - BABA - BA­BA & KLEU­TER DEUR SAN­DRA COET­ZEE

Jo­han du Toit* van Kaap­stad was ’n droom­ba­ba wat al sy myl­pa­le be­tyds en selfs vroeg ge­haal het – be­hal­we een. “Op agt maan­de het Jo­han nog nie ge­kruip nie,” ver­tel sy ma, Ma­ra­jah. “Ek was eg­ter glad nie be­kom­merd nie en om dit vir my­self mak­lik te maak, het ek ’n loop­ring ge­koop en ons kind dik­wels daar­in ge­sit. Hy was dol oor die loop­ring en ek sien nou nog die prent­jie van die lag­gen­de seun­tjie wat op sy toon­tjies met die gang af­hol in sy nu­we rooi ge­vaar­te.”

Hul­le het wel dik­wels vir Jo­han op die grond neer­ge­sit en ge­won­der wan­neer hy sou be­gin kruip, maar om­dat hy goed ge­sit het en ’n ge­son­de knaap was, het hul­le hul nie te veel oor die saak ge­kwel nie.

Op 11 maan­de het hy ui­t­ein­de­lik aan die kruip ge­kom, maar net vir twee we­ke – toe spring hy som­mer op en be­gin loop.

“Ek was baie trots daar­op dat hy so vroeg be­gin loop het, maar sy pe­di­a­ter het glad nie my in­ge­no­men­heid ge­deel nie. Hy het ge­waar­sku dat Jo­han la­ter pro­ble­me kon ont­wik­kel om­dat hy vir net so ’n kort ruk­kie ge­kruip het,” ver­tel Ma­ra­jah.

Dit was toe ook so. Toe Jo­han vyf jaar oud word en k­leu­ter­skool toe gaan, het die juf­frou ag­ter­ge­kom dat hy lae spier­to­nus het en groot­mo­to­ries nie so vaar­dig was nie. Ma­ra­jah was baie ont­steld, maar het da­de­lik hulp in­ge­roep. Dit het ses maan­de van in­ten­sie­we fi­si­o­te­ra­pie ge­kos om Jo­han se groot en fyn mo­to­rie­se ont­wik­ke­ling op stan­daard te kry.

Van­dag vaar hy a­ka­de­mies goed en blink hy uit in ten­nis – maar dit was am­per nie so nie.

“Ek weet nou dat ons meer aan­dag aan sy kruip­ag­ter­stand moes ge­gee het en dat daar­die loop­ring glad nie ’n goeie ding was nie,” sê Ma­ra­jah. “Ge­luk­kig kon ons met te­ra­pie die ge­vol­ge be­tyds be­perk.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.