WAN­NEER BE­GIN BA­BA ROL?

Baba & Kleuter - - OP VRAE -

Ek is ’n nu­we ma. My ba­ba is nou twee maan­de oud. Ek plaas hom reeds vir kort ruk­kies op sy ma­gie. Op wat­ter ou­der­dom moet hy be­gin om­rol? Kan ek hom help om dit te leer doen?

ANRO-MA­RI CO­HEN ANT­WOORD:

Rol is jou ba­ba se eer­ste groot myl­paal op sy reis na rond­be­weeg. Wan­neer hy kop­be­heer het en be­gin om met on­der­steu­ning te sit, is om­rol die vol­gen­de stap.

Dit vind nor­maal­weg teen vier maan­de oud plaas, maar dis ook nor­maal as dit ’n bie­tjie vroe­ër of la­ter ge­beur. Jou ba­ba sal aan­vank­lik per on­ge­luk van sy ma­gie na sy rug­gie rol, ve­ral deur te strek.

Dis mak­li­ker om van die ma­gie af te rol om­dat hy sy arm­pies kan ge­bruik om sy kop en bo­lyf van die grond af te lig.

Dit help weer om sy rug- en nek­spie­re te ver­sterk, wat vir om­rol no­dig is.

Ba­bas rol dus eers van hul ma­gie na hul rug voor hul­le dit an­ders­om doen. Vir laas­ge­noem­de ge­bruik hul­le flek­sie. Dit ge­beur ge­woon­lik teen om­trent vyf tot ses maan­de oud, of so­wat ’n maand na­dat hul­le die eer­ste keer be­gin rol het.

Jy kan jou ba­ba aan­moe­dig om te rol deur hom dik­wels op sy ma­gie te laat lê. Moe­dig dit ook met s­pe­le­tjies aan. Plaas speel­goed bui­te sy be­reik ter­wyl hy op sy ma­gie lê en kyk of hy nie daar­na toe wil rol nie.

Jy kan self ook langs hom gaan lê en kyk of hy nie na­der aan jou wil rol nie. Maak ook se­ker dat jy vir hom glim­lag en hom prys as hy dit reg­kry.

Om van die rug af te rol, moet jou ba­ba sy mid­del­lyn kan oor­steek. Wan­neer hy dus op sy rug­gie lê, kan jy ’n in­te­res­san­te speel­ding aan sy reg­ter­kant hou en hom aan­moe­dig om sy lin­ker­arm daar­na uit te strek. Doen die­self­de aan die an­der kant.

Ont­hou om ’n hand na­by jou ba­ba te hou as jy doe­ke ruil of as hy op ’n hoë op­per­vlak lê. Jy wil nie hê sy eer­ste rol-er­va­ring moet in ’n be­se­ring ont­aard nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.