“H

Baba & Kleuter - - PEUTER - BA­BA & KLEU­TER

oe skryf ’n mens oor ’n dag waar­op jou le­we on­her­roep­lik ver­an­der het?” So be­gin R­ho­nel van Log­ge­ren­berg van Cen­tu­ri­on haar blog oor daar­die vrees­li­ke Son­dag op 13 Ja­nu­a­rie 2013, toe Ju­nel­dè, hul prag­ti­ge drie­ja­ri­ge blon­de­kop­pie, in die swem­bad ge­val het ter­wyl haar ou­ers en vrien­de ge­sel­lig saam­ge­braai en -ge­kui­er het.

Soos ve­le an­der ou­ers het R­ho­nel en haar man, Ju­li­us, ge­dink so iets sal nooit met hul­le ge­beur nie. Hul­le was im­mers toe­ge­wy­de ou­ers, dol­ver­lief op hul prin­ses­sie en boon­op pa­ra­no­ïes oor wa­ter­vei­lig­heid. Maar hier­die op­vat­ting het in ’n oog­wink ver­an­der ...

“Dis nie soos in die flieks nie. Baie men­se het ’n Hol­ly­wood-prent­jie van ’n kind wat in­val en dan op­kom en spar­tel. Maar daar is nie ’n ge­spar­tel nie. Hul­le val by­na ge­luid­loos in en sak tot on­der. As jy nie sien hoe jou kind in­val nie, sien jy dit glad nie.

“Ons was ses vol­was­se­nes en vyf kin­ders langs die swem­bad. Ons het om die ta­fel ge­sit en eet, maar ek kon die swem­bad dop­hou en het in my on­kun­de ge­dink dit is ge­noeg. Maar in daar­die oom­blik wat ek slaai in­ge­skep en vir my vrien­din ge­kyk het, het Ju­nel­dè in­ge­val. Dis hoe vin­nig dit ge­beur.”

R­ho­nel ver­tel dat toe e­tens­tyd aan­breek, ’n stem­me­tjie vir haar ge­sê het sy moet die swem­bad vir eers toe­maak met die so­lie­de seil wat hul­le ge­woon­lik daar­oor span. Maar hul­le wou ná ete weer swem, die klein­span het nog hul swem­vler­kies aan­ge­had – en sy sou tog ’n o­gie hou.

“Ek sal al­tyd te­rug­dink aan daar­die oom­blik met die op­reg­te wens dat ek die seil te­rug­ge­sit het, maar dit verg heel­wat man­ne­krag. Ek was ook taam­lik ge­rus, want in die De­sem­ber­va­kan­sie het Ju­nel­dè ge­leer om al heel ou­lik in die swem­bad te spring en haar met vin­ni­ge voet­jies na bo te skop tot haar kop­pie by die wa­ter uit­steek. In my mens­li­ke ar­ro­gan­sie het ek ge­dink dat ons nou meer ge­rus kon voel om­dat sy am­per kon swem.”

Hoog­stens twee mi­nu­te het ver­loop se­dert sy Ju­nel­dè die laas­te keer ge­sien het en hul­le haar on­derin die swem­bad ge­kry het, maar dit was lank ge­noeg om hul le­we vir al­tyd te ver­an­der.

Men­se dink ge­woon­lik aan ver­drin­king as ’n kwes­sie van dood of oor­le­wing – as jou kind net oor­leef, is al­les in die haak. Maar die Van Log­ge­ren­bergs moes uit­vind dis nie so een­vou­dig nie.

In die hos­pi­taal kon die dok­ters Ju­nel­dè se hart weer aan die klop kry, maar dit was die be­gin van ’n baie lang pad.

“Dr. Mi­les Bart­lett, ’n dok­ter wat in am­per-ver­drin­kings spe­si­a­li­seer, het met ons ge­praat oor die fei­te, die werk­lik­he­de wat ’n mens se ver­stand nie wil be­gryp nie. Ju­nel­dè het ’n kans van 50 per­sent ge­had om te sterf, en ’n kans van 50 per­sent om te oor­leef maar met so­veel brein­ska­de dat sy in ’n ve­ge­ta­tie­we staat sou wees. Die voor­uit­sig was nie goed nie. Wou ons voort­gaan om haar le­we te pro­beer red? Na­tuur­lik! Hoe sê e­ni­ge ou­er nee? Waar daar le­we is, is daar hoop.

“Vir ’n lang ruk het ek bly hoop dat sy daar in die hos­pi­taal sou wak­ker word en weer Ju­nel­dè sou wees. Dan, na­ma­te die tyd aan­stap en hul­le met jou be­gin praat oor keel­py­pies vir a­sem­ha­ling en maag­bui­se vir voe­ding, be­gin jy be­sef dis iets an­ders dié.

“My kind het so seer­ge­kry dat sy aan­vank­lik nie eens kon wak­ker word nie. Sy was drie maan­de lank in ’n ko­ma en agt maan­de in ’n ve­ge­ta­tie­we staat waar haar o­gies oop was, maar sy nie reg­tig wak­ker was nie. Dis moei­lik om te be­skryf: Jou kind is nie daar nie; daar is nie ’n kon­nek­sie nie.

“En na­ma­te sy uit die ve­ge­ta­tie­we staat wak­ker ge­word het, het dit dui­de­lik ge­word dat sy kwa­dru­ple­gies en blind is. Sy kon wel hoor, maar sy kon nie sluk nie en moes met ’n maag­bui­sie ge­voed word. Haar ka­ke was aan­vank­lik so styf ge­klem dat ons nie eens haar tan­de kon bor­sel nie. Weens die brein­be­se­rings het haar spie­re styf­ge­trek.

“Dit breek jou hart as die kin­der­lyf in jou arms nie slap is nie, maar stok­styf.”

R­ho­nel ont­hou ’n dog­ter­tjie wat van die pyn ge­skree het, wat nie haar eie tem­pe­ra- Op par­ty dor­pe word die be­vei­li­ging van pri­vaat swem­bad­dens deur mu­ni­si­pa­le re­gu­la­sies be­heer, maar daar is nie ’n lands­wet wat die be­vei­li­ging van pri­vaat swem­bad­dens met hei­nings of be­dek­kings ver­plig­tend maak nie.

Men­se in die swem­bad­bou- en swem­vei­lig­heids­be­dryf, as ook dié wat met kin­der­vei­lig­heid ge­moeid is, be­y­wer hul­le eg­ter al ja­re lank vir so ’n wet.

Ek het die swem­bad heel­tyd dop­ge­hou, maar toe net vir ’n oom­blik weg­ge­kyk om slaai in te skep ...

tuur of bi­o­rit­mes kon re­gu­leer nie, aan wie ge­reeld suur­stof toe­ge­dien moes word, en wat stuip­trek­kings en le­wer­ver­sa­king ge­kry en am­per heel­tyd op­ge­gooi het.

“Ek was se­we maan­de lank by die hos­pi­taal. Ek is daar­die dag kaal­voet uit my huis uit met hier­die kind wat KPR kry, en ek is eers se­we maan­de la­ter te­rug huis toe. Dit is iets wat ’n mens nie vir an­der kan be­skryf nie.”

Nou, by­na vier jaar la­ter, gaan dit baie be­ter met Ju­nel­dè. Al is sy kwa­dru­ple­gies, kan sy self a­sem­haal, is sy nie meer aan mo­ni­tors ge­kop­pel nie, het sy ’n dag-en-nag-si­klus en is sy op en wak­ker.

Sy kan sien, haar eie spoe­gies sluk en sag­te kos eet, al kry sy steeds voe­ding deur ’n maag­buis. Sy kan nie praat nie, maar kan met oog­knip­pe met haar ge­sin kom­mu­ni­keer.

“As men­se nie weet hoe dit met haar ge­gaan het nie, sal hul­le nie ver­staan as ek sê sy is nou baie be­ter nie, maar my hart ju­bel en juig, want sy vaar so­veel be­ter as wat haar dok­ters ooit ge­hoop het,” ver­tel R­ho­nel. Die ge­sin het boon­op ver­le­de jaar ’n boe­tie vir Ju­nel­dè ry­ker ge­word.

R­ho­nel sê dit is vir haar baie be­lang­rik dat men­se moet weet ver­drin­king is nie iets wat net kin­ders van ag­te­lo­si­ge ou­ers oor­kom nie. Daar is ve­ral twee vei­lig­heids­maat­re­ëls wat sy nou be­sef ’n mens ál­tyd by jou swem­bad of na­by wa­ter moet toe­pas, sê sy.

“Ons het ’n so­lie­de seil op ons swem­bad ge­had en ek het ge­dink dis ge­noeg, maar toe hou ons ’n swem­par­ty­tjie en kon ons dit nie span nie. My aan­be­ve­ling is ’n hei­ning met ’n hek­kie wat kan sluit, en dat dit toe bly ter­wyl jul­le ty­dens ’n swem­par­ty­tjie nie be­sig is om te swem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.