GOUE REËLS VAN WA­TER­VEI­LIG­HEID

Baba & Kleuter - - PEUTER -

• Moet nooit jou kind AL­LEEN NA­BY E­NI­GE WA­TER laat nie, on­ge­ag hoe vlak dit is. Net om­dat hy daar­in kan staan of dit en­kel­diep­te is, be­te­ken nie hy kan nie daar­in ver­drink nie. • Moet nooit jou kin­ders SON­DER TOE­SIG laat speel in die om­ge­wing van dam­me, ka­na­le of ri­vie­re nie, al is dit ’n ent­jie weg. Peu­ter­tjies kan on­ge­loof­lik vin­nig by ver­bo­de plek­ke uit­kom. • Moet nooit jou peu­ter AL­LEEN IN DIE BAD los nie, al lui die te­le­foon of het jy ’n hand­doek in die ka­mer ver­geet. Vat hom lie­wer saam en maak die bad­ka­mer­deur toe. • Maak em­mers, bad­dens en an­der hou­ers ON­MID­DEL­LIK LEEG na­dat jy dit klaar ge­bruik het. • Maak se­ker jou kin­ders kan op GEEN MA­NIER BY JUL SWEM­BAD UIT­KOM son­der ou­er­li­ke toe­sig nie. ’n Hoë hei­ning met ’n deur­tjie wat self sluit, swem­bad­be­dek­kings soos sei­le of net­te en swem­bad­a­larms is nood­saak­li­ke be­leg­gings, ve­ral as jy voor­skool­se kin­ders in die huis het. • Maak se­ker jou kind het GOED­GE­KEUR­DE DRYFMIDDELS soos op­blaas­vler­kies of -baad­jies as hy nog nie kan swem nie. • Selfs al kan jou kind swem, maak se­ker daar is AL­TYD VOL­WAS­SE TOE­SIG wat ge­fo­kus is net op die kin­ders se vei­lig­heid son­der af­lei­dings soos sel­fo­ne. • As jul­le in ’n groep saam­kui­er, moet jul­le ’n doel­be­wus­te be­sluit neem dat een mens op ’n slag amp­te­lik op­pas­ser speel en die kin­ders na­by die wa­ter deu­ren­tyd dop­hou. Jul­le kan beur­te maak om op­pas­ser te wees. • As jul­le by an­der men­se gaan kui­er, stel vas of daar wa­ter is wat dalk ’n ri­si­ko kan in­hou soos ’n vis­dam of swem­bad. In­dien wel, maak se­ker jou kind is heel­tyd by jou en in jou sig­veld. Die­self­de geld as jul­le in ’n ho­tel of gas­te­huis oor­bly. • Leer jou peu­ter­tjie hoe om op sy RUG TE DRYF en wa­ter te trap, maar moe­nie daar­op staat­maak en dink dit sal keer dat hy ver­drink nie. Laat hom ook oe­fen om met kle­re aan bo die wa­ter te bly. • Leer jou kind om SLEGS TE SWEM AS DAAR VOL­WAS­SE­NES BY IS, maar moe­nie daar­op staat­maak dat hy jou sal ge­hoor­saam nie. • Leer jou kind om NIE HARDLOOPSPELETJIES OM DIE SWEM­BAD TE SPEEL NIE – hy kan gly, sy kop stamp en in­val. • Maak se­ker jou SWEM­BAD HET AL­TYD GE­NOEG WA­TER IN. As jou swem­bad tot bo vol is, is dit mak­li­ker vir jou klein­ding om aan die kan­te vas te gryp as hy per on­ge­luk in­val. • Trek al­tyd vir jou kind ’n REDDINGSBAADJIE aan as jul­le op ’n boot vaar, selfs al is dit net ’n vin­ni­ge uit­stap­pie op ’n roei­boot. Trek ook ’n reddingsbaadjie aan as hy saam met pa van die rot­se af vis­vang, in­ge­val ’n groot bran­der hul­le on­kant be­trap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.