GROOT trek

Om jou peu­ter van sy kot na sy eer­ste bed te skuif, kan ’n trot­se oom­blik vir jul­le al twee wees, mits jy dit reg aan­pak.

Baba & Kleuter - - PEUTER - DEUR SAN­DRA COET­ZEE

Daar is ’n paar din­ge wat eers in plek moet wees voor jul­le die groot trek van kot na bed aan­durf. Daar is nie ’n pre­sie­se af­sny­da­tum vir hier­die myl­paal nie en ook niks daar­mee ver­keerd as ’n kind op drie steeds in sy kot slaap nie. Jy kan die skuif selfs heel­te­mal aan jou kind oor­laat – troos jou daar­aan dat hy be­slis nie nog in die kot sal slaap teen die tyd dat hy op die skool­ban­ke sit nie!

EERS MOET JY MOOI BE­SIN OOR JOU RE­DES…

GOEIE RE­DES OM DIE SKUIF TE OOR­WEEG • Sy kot is te klein. • Hy be­gin self uit sy kot uit klim en dis

ge­vaar­lik. • Jul nu­we ba­ba kom oor ’n paar maan­de en

gaan die kot no­dig hê. • Jul­le vor­der goed met pot­jie­les­se en jy wil

hom snags badkamer toe vat om te pieps. • Jou kind het al ge­vra of hy ’n reg­te bed

kan kry. MIN­DER GOEIE RE­DES OM TE SKUIF • Jou kind slaap sleg en jy dink die skuif

gaan help. • Jul ba­ba is pas ge­bo­re en wil die kot nou

be­gin ge­bruik. • Jy hoop die groot bed sal jou help om ’n

nu­we slaap­roe­ti­ne in te stel. • Jul­le het ver­huis en jy wil die kot weg­gee

of ver­koop. • Jy’s lus om die ka­mer oor te ver­sier.

JY’S REG, MAAR IS JOU KIND REG?

Selfs as die ly­sies hier­bo jou laat dink dat die tyd ryp is, moet jy ook ’n bie­tjie oor­we­ging skenk aan hoe jou kind moont­lik oor die saak gaan voel. Ver­an­de­ring kan som­mi­ge kin­ders meer om­krap as an­der. Teen dié tyd be­hoort jy te weet in wat­ter kamp jou kind val – gaan dit vir hom ’n a­von­tuur of ’n nag­mer­rie wees? As jou kind sen­si­tief is vir ver­an­de­ring, wag so lank as wat jy kan voor jul­le die groot stap neem. Oor­haas­tig­heid gaan jul­le niks baat nie. Ho­pe­lik is jou kot groot ge­noeg dat jou klein­ding som­mer tot lank ná sy der­de ver­jaar­dag daar­in kan slaap. ’n Sen­si­tie­we kind gaan die skuif be­ter han­teer hoe ou­er hy is. As daar dus geen an­der drin­gen­de re­de vir die skuif is nie, hou hom in sy kot waar hy mos dood­ge­luk­kig is.

Moet ook nie daar­aan dink om ’n sleg­te sla­per­tjie vroe­ër as no­dig te skuif nie. ’n Kind wat meer as twee keer snags wak­ker word en dan lan­ger as ’n half­uur neem om weer in te dom­mel, is nie ge­reed vir die skuif nie. Werk dan eers aan jul slaap­pro­ble­me en kyk of din­ge oor ’n paar maan­de ver­be­ter het voor jul­le pro­beer.

KRY ’N PAAR DIN­GE EERS IN PLEK

’N LEK­KER ROE­TI­NE. Maak in die maand voor die skuif se­ker dat jul­le el­ke lie­we aand baie streng by jul slaap­tyd­roe­ti­ne hou: geen uit­son­de­rings nie. Die roe­ti­ne en her­ha­ling gaan help dat die ver­an­de­ring en die vreemd­heid van die nu­we slaap­om­ge­wing jou kind so min as moont­lik be­ïn­vloed. PRET­TI­GE VOOR­BE­REI­DING. Ge­sels in die maand voor die skuif rus­ting met jou kind daar­oor en gaan op ’n lek­ker uit­stap­pie om mooi bed­de­goed te kies. ’N RUS­TI­GE TYD. Moe­nie jou peu­ter na die groot bed skuif as daar e­ni­ge op­roer in die huis­le­we is nie, soos wan­neer ’n nu­we ba­ba op­ge­daag het. Maak die ver­an­de­ring ’n paar maan­de voor of ná die ba­ba se koms. Moet jou peu­ter ook nie te­ge­lyk na ’n an­der ka­mer én ’n bed skuif nie. Laat slaap hom lie­wer eers ’n paar we­ke lank in sy kot in die nu­we ka­mer voor jy die bed be­kend­stel. Na­tuur­lik moet hy ook nie siek wees, pas by ’n nu­we skool­tjie be­gin het of on­langs met pot­jie­les­se weg­ge­spring het nie. Elk­een van dié din­ge is vir eers ge­noeg ver­an­de­ring om te han­teer. BE­KEN­DE OM­GE­WING. As dit moont­lik is, laat staan die bed­jie op die­self­de plek in die ka­mer as waar die kot was, met die­self­de o­ri­ën­te­ring. Dit sal jou kind in sy slaap ’n ge­voel van be­kend­heid gee as al­les steeds op die­self­de plek is. Maak se­ker hy kan nie uit­val nie. As hy al­tyd met ’n toe deur ge­slaap het, hou dit so. As sy deur al­tyd oop was, hou dit ook so.

EN AS HY UIT­KLIM?

Jou peu­ter kan aan­vank­lik ’n bie­tjie on­se­ker voel. Selfs vol­was­se­nes voel deur die wind as hul­le in ’n vreem­de bed wak­ker word. Jy kan ver­wag dat jou peu­ter uit die bed gaan klim.

Tel hom son­der ’n bo­haai te­rug. Hy sal dalk kla en huil, maar as hy ge­woond daar­aan was om self rus­tig te raak, moet jy hom ’n kans gee om dit nou ook te doen. As hy nie be­daar nie, bly eer­der by hom.

As hy aan­hou huil, kan jy op ’n stoel langs die bed gaan sit en dan ge­lei­de­lik na­der en na­der aan die deur skuif na­ma­te hy in die loop van ’n paar nag­te rus­ti­ger word. Dit kan tot 10 nag­te duur.

Van twee jaar af sal jy met hom kan on­der­han­del. Jy kan by­voor­beeld sê: “Ek sal bly as jy jou o­gies en mond­jie toe hou. Dit is nou slaaptyd.” As hy lan­ger as drie dae skree en he­wig op die skuif re­a­geer, is dit dalk be­ter om hom weer in die kot te laat slaap.

Par­ty ou­ers kom ag­ter hul­le het hul klein­ding te vroeg bed toe ge­skuif. Ver­trou jou in­stink. As jou kind ge­luk­kig in sy kot was en nie goed in die bed aan­pas nie, moet jy hom lie­wer laat te­rug­trek. Maak net se­ker dat jy dit voor­stel as nog ’n op­win­den­de ver­an­de­ring en nie as straf of ’n stap­pie te­rug­waarts in ont­wik­ke­ling nie.

Baie ou­ers skuif hul kind teen die ou­der­dom van twee, wan­neer nag­mer­ries en vre­se al­ge­meen is. Hul­le is dan be­kom­merd dat die skuif die nag­mer­ries ver­oor­saak, maar eint­lik is dit net toe­val­lig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.