7ggoee­wie­oon­tes

Hier­die rig­ly­ne gaan jou kind in die toe­koms nog baie baat – be­gin som­mer van­dag!

Baba & Kleuter - - PEUTER - DEUR LIBBIE JOU­BERT

Daar is net se­ke­re din­ge wat nooit gaan ver­an­der nie. Vloer­stui­pe is on­ver­my­de­lik, en die kind wat jou nooit gaan uit­daag nie moet nog ge­bo­re word. Tog is daar ’n he­le paar goeie ge­woon­tes waar­aan jy nou al kan be­gin werk.

“Maak van al hier­die al­le­daag­se ta­kies pret,” is die raad van Ga­el Lin­den­field, ’n

WAS VUIL HAND­JIES

’n Kind wat van vroegs af ge­leer het om sy hand­jies te was, se aan­ra­king met kie­me is uit­ein­de­lik baie min­der.

So­dra boe­ta be­gin kruip, kan jy dié goeie ge­woon­te be­gin kweek. Leer hom om han­de te was voor ete, na­dat hy met die kat ge­speel het en selfs na­dat hy bui­te in die sand­put was.

Sit ’n trap­pie by die was­bak, maak die bak vol lou­e­ri­ge wa­ter en wys hom el­ke keer hoe om sy hand­jies 20 se­kon­des lank te vryf. Maak dit pret: Sit ’n spe­si­a­le se­pie by die was­bak en los selfs vir hom sy eie hand­doe­kie met ka­rak­ters op daar na­by.

En pas dié goeie ge­woon­te in jou eie le­we toe! Sê ook vir hom waar­om jy jou han­de was el­ke keer wan­neer jy dit doen. B­rit­se psi­go­te­ra­peut en skrywer van die boek Con­fi­den­tC­hild­ren.

En ont­hou, jou peu­ter­tjie is el­ke oom­blik van die dag be­sig om jou fyn dop te hou. Daar is nie ’n be­ter leer­skool as jou eie ge­drag nie! Peu­ters leer deur na­boot­sing; maak dus se­ker hy sien dat jý han­de was, wa­ter drink en tan­de bor­sel ...

DRINK WA­TER

’n Kind wat baie wa­ter drink, het be­ter kon­sen­tra­sie en dit help die he­le lig­gaam om be­ter te werk.

Jou peu­ter­tjie kan leer om van wa­ter te hou, ve­ral as jy van vroeg af vir hom leer dat hy el­ke dag wa­ter moet drink.

Maak se­ker dat daar al­tyd wa­ter in ’n be­ker­tjie by­der­hand is en vra ge­reeld deur die dag of hy nie dors is nie. Hy’s dalk nog te klein om sy dors te ver­woord en hy kan prik­kel­baar voel, maar nie weet hoe­kom nie.

Kry pret­ti­ge be­ker­tjies, strooi­tjies en wa­ter­bot­tels met spui­te wat jul­le kan af­wis­sel. Laat hom selfs toe om on­der jou toe­sig wa­ter uit ’n “groot­mens”-glas te drink as dit al is wat hom so­ver gaan kry. Dis glad nie die ein­de van die wê­reld as klein­man ’n bie­tjie nat word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.