ROOI, GEEL & BLOU

Baba & Kleuter - - PEUTER - BA­BA & KLEU­TER

Jou kind be­hoort van om­trent 18 maan­de af tus­sen kleu­re te kan on­der­skei, sê dr. Me­lo­die de Ja­ger van die Ba­baGim-in­sti­tuut. “As jy voor­wer­pe in die drie pri­mê­re kleu­re by­me­kaar­gooi, sal hy die ver­skil­len­de kleu­re in ho­pies kan ver­deel as jy hom help en met hom daar­oor praat. Hy sal by­voor­beeld rooi­es in die rooi bord of bak­kie kan sit; ge­les by­me­kaar en in die blou­es in ’n a­par­te hou­er,” sê sy. As ou­er moet jy in­ter­ak­tief aan dié spe­le­tjie deel­neem – jou kind sal dit nie al­leen kan doen nie. “Sê by­voor­beeld: ‘Kom ons soek al die rooi­es; is dit nou al­mal en waar kruip die res weg?’” Kin­ders be­noem kleu­re eers la­ter, ge­woon­lik teen drie jaar. Hoe vroe­ër jou kind eg­ter aan kleu­re bloot­ge­stel word, hoe gou­er sal hy dit kan be­noem. “Be­noem el­ke kleur om sy re­sep­tie­we taal (taal wat hy ver­staan) te ont­wik­kel. Sy eks­pres­sie­we taal (taal waar­in hy hom kan uit­druk) en self-sê van kleu­re volg la­ter.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.