DIE WAAR­DE VAN KUNS

Baba & Kleuter - - PEUTER -

“’n Kuns­ak­ti­wi­teit hoef nie duur of moei­te te wees nie; ge­bruik wat jy in die huis het,” sê A­ne­lia Prins­loo, een van die stig­ters van die ba­ba- en kin­der­sti­mu­la­sie­pro­gram Pienk­voet-Pret.

“Dis ’n mor­si­ge af­fê­re, maar moet die ge­mors nie keer nie! Laat jou kind toe om kre­a­tie­we vaar­dig­he­de speel-speel aan te leer.”

Kunsaktiwiteite is be­lang­rik vir brein­ont­wik­ke­ling in die vroeë kin­der­ja­re, voeg Sa­man­tha Da­vis, ’n Kaap­stad­se kuns­te­ra­peut, by.

“Sen­so­rie­se ont­wik­ke­ling is be­lang­rik, en kre­a­ti­wi­teit is die bes­te ma­nier om dit aan te moe­dig,” sê Sa­man­tha.

Die eind­pro­duk is op dié ou­der­dom ’n by­saak, is A­ne­lia se raad. Dit gaan oor pret.

“Prys el­ke po­ging en stal dit uit.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.