LEES is pret!

Nuut op die boek­rak vir een­ja­ri­ges tot elf­ja­ri­ges!

Baba & Kleuter - - INKOPIES - BA­BA & KLEU­TER

DIE NEKHARE SAL RYS!

Die Mon­ster­maan-reeks is weer in druk! Mon­ster­maan #1: Wat bor­rel in die pot? en #2: Klou van die nin­ja is nie vir sis­sies nie en sal jou kind som­mer lek­ker laat ril van die span­ning. Ni­ël is ’n ou­tjie in gr. 7 wat hou van s­pe­le­tjies, boeke wat bang maak en sy hond, Dra­cu­la. Ni­ël merk iets vreemds op oor die buur­man en in die twee­de boek oor die nu­we in­trek­ker … Gaan hy kan uit­vind wat aan die gang is? Pen­guin Rand­om House, R90 elk. Lu­lu Bell en die ver­jaars­dag­po­nie en Lu­lu Bell en die pik­ke­wyn­fee­tjie is twee van ’n reeks boeke wat ge­skik is vir ses­ja­ri­ges en ou­er. Dis prop­vol a­von­tu­re wat Lu­lu, ’n baas­spe­le­ri­ge agt­ja­ri­ge, met haar fa­mi­lie, vrien­de en die­re deel. Pen­guin Rand­om House, R70 elk.

’N BROEKIE-BOE­KIE PRET SAAM MET LU­LU

Tant Bet­tie se broekie waai van die was­goed­draad af en be­leef al­ler­han­de snaak­se a­von­tu­re. Die sto­rie is vol kin­kels en i­de­aal vir voor­lees. Die ou­li­ke il­lus­tra­sies werk saam met die teks om die sto­rie te vol­tooi en dit is juis wat die boek in­te­res­sant maak en wat jou kleu­ter sal ge­niet. Pro­tea Boek­huis, R130.

SAG & SLIM

Su­per­s­ag­te spons­boe­kies: Ek kan sien!, Ek kan speel!, Ek kan sê!, Ek kan ry! is sag­te en lig­te boe­kies wat jou ba­ba mak­lik kan op­tel om mee te speel. Die kort, slim teks is lek­ker groot vir voor­lees en pas by die hel­der­kleu­ri­ge il­lus­tra­sies in die boeke. Hier­die boeke word aan­be­veel vir ba­bas van­af een jaar en ou­er. Hu­man & Rous­seau, R125.

HASIE & SKIL­PAD

In Maak gou en sta­dig nou is Hasie al­tyd op ’n draf­stap ter­wyl Skil­pad sy bes pro­beer om by te bly. Jou kind sal mak­lik i­den­ti­fi­seer met die ou­li­ke ka­rak­ters wat ti­pie­se groot­word­pro­ble­me deur­maak. Die hel­der, prag­ti­ge il­lus­tra­sies sal sorg dat jou kind el­ke aand vir dié boe­kie vra. Pen­guin Rand­om House, R80.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.