BANG EK SKEEP KIN­DERS AF

Baba & Kleuter - - OP VRAE -

Ek is ’n wer­ken­de ma van twee kin­ders van een en vyf jaar oud. Ek is so bang ek skeep een af of trek een voor. Wat kan ek doen om te ver­se­ker al­bei my kin­ders voel ge­lief en vei­lig?

LENMARIE STANTON ANT­WOORD:

Jul si­tu­a­sie is baie al­ge­meen en ou­ers won­der dik­wels of al hul kin­ders hul reg­ver­di­ge deel van mam­ma en pap­pa se tyd kry.

Ba­bas en kleu­ters wat vei­lig ge­bind voel, sal dit dui­de­lik wys. As jy op pad werk toe is, sal ’n ge­bor­ge kind sig­baar om­ge­krap wees en groot vreug­de toon wan­neer jy te­rug­keer.

Wan­neer ’n nu­we ba­ba­tjie op­daag, is dit on­re­a­lis­ties om te ver­wag dat jy die­self­de hoe­veel­heid tyd saam met al­bei kin­ders moet deur­bring. Ba­bas verg baie aan­dag: Jy moet hul­le bad, voed en vei­lig laat voel. Jou ou­er kind kan dan af­ge­skeep voel.

Nooi haar om met die nu­we­ling te help, maar vra eers of sy wil. Moet haar lie­wer nie dwing as sy nie be­lang­stel nie, dit kan net ver­oor­saak dat sy jou ver­wyt.

As jou ou­er kind nie be­lang­stel in jou voor­stel­le nie, kan jy vra hoe hy graag sou wou help. Ho­pe­lik maak hy voor­stel­le wat al­mal ge­luk­kig sal hou.

Sit een-tot-een-tyd saam met el­ke kind op­sy. Of jy nou twee, drie of meer kin­ders het, bly tyd al­tyd ’n uit­da­ging. As jy nie pre­sies die­self­de hoe­veel­heid tyd saam met elk­een kan deur­bring nie, kan jy dan eer­der vir ge­hal­te­tyd sorg. Jou kin­ders vra in elk ge­val nie veel nie, net jou aan­dag. Kleur saam ’n prent­jie in, lees ’n sto­rie of sing ’n paar ver­sies van “Bob­be­jaan klim die berg”. Dis al­tyd lek­ker as kin­ders te­ge­ly­ker­tyd hul sla­pies ge­niet, maar jy kan ook aan die een aan­dag gee ter­wyl die an­der een in droom­land is. As jy hulp het, kan jy uit­stap­pies saam met net een kind op ’n slag aan­pak.

Skep on­af­hank­li­ke tyd vir jou kin­ders. Ou­ers hoef nie heel­tyd daar te wees en hul­le te ver­maak nie. Ons moet na­tuur­lik weet wat hul­le aan­vang, maar soms is dit goed as kin­ders hul­self kan ver­maak. Bin­ne­kort kan hul­le dalk ook saam­speel en -leer. On­af­hank­li­ke spel help kin­ders om vaar­dig­he­de te leer en kre­a­tief te wees. Dit help ook as kin­ders speel­goed het wat hul­le nie met me­kaar hoef te deel nie.

Maak se­ker dat jul­le niks sê wat die kin­ders me­kaar kan laat bla­meer nie. Dit klink lo­gies, maar iets so een­vou­dig soos “Ek kan nie nou speel nie, want ek moet jou boe­tie voer,” kan groot on­ge­luk­kig­heid ver­oor­saak. Sê lie­wer: “Gaan soek so­lank vir ons ’n boek om la­ter te lees”. Ves­tig dus die i­dee dat jy bin­ne­kort ook tyd saam met hom gaan be­stee. Moet nooit die in­druk skep dat die ver­tra­ging deur boe­tie of sus­sie ver­oor­saak word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.