Ple­sie­ri­ge pret vir triet­si­ge dae

As sleg­te weer jul­le bin­ne hou is dit tyd om ’n kat uit ’n hoed te pluk en on­op­hou­de­li­ke pret te hê!

Baba & Kleuter - - JOUPEUTER - DEUR SHANDA LUYT

Teen die ruit met ons neu­se Sit ek en sus San­nie. Ons wens ons kan uit, Maar ons weet mos ons kan nie. Die fiets staan ver­la­te, Die bal­le lê rond, want nat is die bo­me en pap­nat die grond. “Wat kan ons tog doen?” Vra ek vir my sus. “Ek ver­veel my nog dood Van die heel­dag se rus.” “Ek kan aan niks dink nie,” sê San­nie vir my. “As dit so aan­hou re­ën, Sal ons nóú be­gin stry.”

In Die Kat kom Kui­er van Dr. Seuss word San­nie en haar boet se ver­veeld­heid op­ge­los deur ’n vro­li­ke hoed­dra­en­de kat vol stre­ke, maar in die werk­li­ke le­we is dit mam­ma wat ge­woon­lik hier­die rol moet speel! Wat doen jy dus as die win­ter­weer te koud en dalk nat ook is om jou peu­ter bui­ten­toe te stuur? Hier’s ons i­dees.

BE­SI­GE LY­FIES

Ná ’n ruk sal jou kind na meer be­we­ging smag. Moe­nie dit on­der­druk nie, maar laat hom dit uit­leef met on­skul­di­ge spe­le­tjies soos tei­ken­gooi met op­ge­from­mel­de koe­rant­bal­le, ballon­ten­nis of ke­gel­bal waar hy toi­letrol­le moet om­gooi met sy koe­rant­bal­le. Bou ’n bin­nens­hui­se hin­der­nis­baan of gee hom ’n groot kar­ton­doos wat hy kan in­span vir al­les van ’n v­lieg­tuig tot ’n huis.

In sleg­te weer is mas­keer­band ’n ma se bes­te vriend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.