BEMEESTER SPRAAK

Baba & Kleuter - - JOUPEUTER -

Spraak­klank­vor­ming ont­wik­kel van ge­boor­te tot agt­ja­ri­ge ou­der­dom. ’n Kind wat leer praat, se uit­spraak gaan ver­skil van ’n kind wat skool toe gaan – dis ’n ont­wik­ke­lings­pro­ses wat stel­sel­ma­tig plaas­vind.

Om­dat kin­ders so ver­skil, is die tyd­perk waar­bin­ne hul­le hier­die vaar­dig­heid ont­wik­kel baie breed en al­le kin­ders bemeester dus nie klan­ke op die­self­de tyd nie. As jou kind bin­ne hier­die breë gren­se nog nie klan­ke kor­rek ont­wik­kel het nie, moet jy daar­aan aan­dag gee.

ARTIKULASIE

Klan­ke moet uit­ein­de­lik be­hoor­lik deur die spraak­or­ga­ne ge­vorm word. Wan­neer klan­ke on­ge­woon uit­ge­spreek word, word dit ’n artikulasie-af­wy­king ge­noem. Hier is ’n paar ti­pie­se voor­beel­de van artikulasie-af­wy­kings: • Jou kind ver­vang een klank deur ’n

an­der, soos “rooi” deur “rooi”. • ’n Klank word weg­ge­laat, soos “loo”

pleks van “loop”. • ’n Klank word ver­draai, soos wan­neer

’n kind lis­pel. • ’n Klank word by­ge­voeg. Dit ge­beur dik­wels wan­neer ’n kind ’n nuut ge­leer­de klank by baie woor­de voeg, soos “rloop” pleks van “loop”.

ORAALMO­TO­RIE­SE VAAR­DIG­HEID

Om klan­ke be­hoor­lik te kan uit­spreek, moet jou kind se tong, lip­pe, tan­de, wan­ge en ka­ke be­hoor­lik werk. Dit word ’n oraal-mo­to­rie­se vaar­dig­heid ge­noem en dit kan deur ’n paar toe­stan­de ont­wrig word: • ’n Af­wy­king in e­ni­ge van die mond­de­le soos ’n ver­kor­te tong­band of ge­sple­te lip en/of ver­he­mel­te. • ’n Af­wy­king in sen­si­ti­wi­teit. Jou kind se mond kan dalk hi­per­sen­si­tief wees, wat kan ver­oor­saak dat hy se­ke­re teks­tu­re of stuk­kies in kos nie wil eet nie. Dit kan ook on­der­sen­si­tief wees – sul­ke kin­ders eet dik­wels mor­sig om­dat hul­le nie be­wus is van die kos of vloei­stof in hul mond nie. • ’n Oor­ma­ti­ge ge­kwyl op ’n ou­der­dom

waar dit nie meer ver­wag word nie. • Die s­terk­te, spoed, ak­ku­raat­heid en ko­ör­di­na­sie van mond­be­we­gings is nie ge­noeg om klan­ke be­hoor­lik uit te spreek nie (soos ’n se­we­ja­ri­ge wat nog nie ’n r-klank kan uit­spreek nie of ’n kind wie se uit­spraak on­dui­de­lik is).

KLANKPROSESSE

Kin­ders leer se­ke­re klankprosesse ter­wyl hul­le spraak ont­wik­kel. “Ver­keer­de” uit- spraak en woord- en sins­bou ver­min­der en ver­dwyn stel­sel­ma­tig teen spe­si­fie­ke ou­der­dom­me na­ma­te hul taal­ge­bruik ont­wik­kel. Die spoed waar­teen dit ge­beur wis­sel van kind tot kind, maar teen die tyd dat ’n kind skool toe gaan be­hoort hy uit­ge­brei­de en goed ge­or­den­de sin­ne te kan ge­bruik.

Daar kan dalk ’n pro­bleem wees as die vol­gen­de teen dié ou­der­dom nog aan­we­sig is: • KLANKPROBLEME Kin­ders moet klan­ke leer her­ken, on­der­skei en kor­rek leer uit­spreek. Dik­wels kan hul­le die reg­te klank op hul eie na­boots, maar sukkel hul­le om dit aan­een­lo­pend in ’n woord reg uit spreek, soos wan­neer hul­le “koen” vir “skoen” en “tat” pleks van “kat” sê. • WOORDBOUPROBLEME Kin­ders moet leer om woor­de kor­rek te bou deur by­voor­beeld meer­voud, ver­klei­ning en die ver­le­de tyd reg te ge­bruik. Pro­ble­me wat kan voor­kom, sluit in die weg­laat of die ver­keer­de by­voe­ging van mor­fe­me soos “ek het dit e­sien” pleks van “ek het dit ge­sien”. • SINSBOUPROBLEME Hul­le moet leer om lan­ger en meer in­ge­wik­kel­de sin­ne te maak. Pro­ble­me sluit in woord­weg­la­tings, om­rui­ling van woor­de in ’n sin of as die kind se sin­ne te kort vir sy ou­der­dom is, soos wan­neer hy sê “ek wa­ter hê” pleks van “ek wil wa­ter hê”, of “ek het ge­sien die kat” pleks van “ek het die kat ge­sien”.

STEM EN VLOTHEID

’n Kind se stem moet die vol­gen­de ei­en­skap­pe hê om ver­staan­baar te wees: • Hy moet weet wan­neer om hard of sag

te praat en dit kan doen. • Hy moet die toe­pas­li­ke stem­toon vir sy ou­der­dom en ge­slag kan ge­bruik en nie net op een noot praat nie. • Sy stem­ge­hal­te moet nor­maal wees en nie te hees, grof of a­sem­rig nie. Die mees­te kin­ders deur­loop tus­sen twee en vyf jaar ’n sta­di­um van nor­ma­le on­vlot­heid wat soms met hak­kel ver­war word. Nor­ma­le on­vlot­heid be­te­ken dat jou kind woor­de of let­ter­gre­pe ’n paar keer her­haal, maar dit ge­beur son­der dat hy ge­span­ne is en dit pla hom glad nie – hy is trou­ens nie eens be­wus daar­van dat hy “hak­kel” nie. Die vol­gen­de simp­to­me kan wel ’n vroeë aan­dui­ding van hak­kel wees: • Jou kind her­haal woor­de of let­ter­gre­pe

baie keer en toon te­kens van span­ning. • Hy er­vaar ’n “spraak­blok” waar­ty­dens

hy geen klank uit­kry nie. • Hy ver­leng klan­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.