E-pos uit die bui­te­land

Sy bly al 10 jaar in Dar-es- Sa­laam, en steeds weet sy nie al­dag of sy wil kom of wil gaan nie, ver­tel Ma­ri­aan van Zyl.

Baba & Kleuter - - INHOUND -

Die eer­ste keer dat ek Tanzanië toe ge­kom het, was ek net vir ’n na­week hier. Die re­de vir die be­soek was om te be­paal of ek ge­noeg van die plek hou om ’n pos hier te aan­vaar. Om eer­lik te wees kon ek nie wag om te­rug te gaan lug­ha­we toe nie. Ek het dit ge­haat. Dit was on­houd­baar warm, die krag was die he­le tyd af en maak nie saak hoe baie Ta­bard ek aan­ge­smeer het nie – die mus­kie­te wou my een­vou­dig nie uit­los nie!

Maar op die vlieg­tuig te­rug het ek ge­won­der of daar nie dalk ge­noeg sil­wer rand­jies was om die don­ker wolk tog ’n kans te gun nie. Am­per ’n de­ka­de la­ter won­der ek nog steeds par­ty­keer! Ek het uit­ein­de­lik my trou­man, Co­bus, hier ont­moet en ons het ’n prag­ti­ge seun­tjie, Ni­co – en ’n twee­ling wat oor ses maan­de op­daag.

In Dar-es-Sa­laam bly die mees­te van ons bui­te­lan­ders op die M­sa­sa­ni-skier­ei­land. Dis om­trent so groot soos ’n dorp in Suid A­fri­ka, dus is al­les en al­mal vyf mi­nu­te van me­kaar af weg. Die mees­te mam­mas werk nie en daar is dus nooit ’n te­kort aan spee­len kof­fie­af­spra­ke nie. Om­dat al­mal meer tyd het en al­les so na­by is, is so­si­a­le by­een­koms­te baie im­pul­sief en kom uit­no­di­gings op die laas­te oom­blik!

El­ke kind het ’n da­da (dit be­te­ken “sus­ter” in S­wa­hi­li, maar is eint­lik sleng vir op­pas­ser) – een van die re­des waar­om kleu­ter­sko­le kin­ders eers van 18 maan­de af aan­vaar. Selfs dan is die skool­dag kort, net van 8:30 tot 11:30. In­for­me­le struk­tu­re soos speel­groe­pies en swem­les­se is eg­ter vol­op en mak­lik om by in te val met die hulp van ver­skeie W­hat­sApp-groe­pe. Ak­ti­wi­tei­te vind ge­woon­lik plaas by men­se se hui­se of by die seil­jag­klub, waar daar ’n baie lek­ker strand, swem­bad en gras­perk is.

Zan­zi­bar is ’n i­de­a­le na­week-weg­breek­be­stem­ming. Daar is ook heel­wat an­der ei­lan­de wat met ’n boot ver­ken kan word. Uit die aard van die saak is dit fan­tas­tie­se af­lei­ding vir die kin­ders, so­lank jy ont­hou om die son­brandroom dik aan te smeer!

Om Ni­co te ver­sorg (die daag­lik­se goed­jies) is ’n bie­tjie meer werk as in Suid-A­fri­ka. Daar is by­voor­beeld baie min klaar­be­rei­de kos be­skik­baar, dus word al Ni­co se kos gaar­ge­maak en in pak­kies ge­vries. Al is dit har­de werk, dink ek tog hy eet baie meer ge­sond in Tanzanië as wan­neer ons reis.

Nog ’n voor­beeld is kraan­wa­ter, wat on­drink­baar is. Toe Ni­co klein was het ons hom in bot­tel­wa­ter ge­bad, en steeds moet ons maar raas as hy sy bad­wa­ter wil drink. Van wa­ter drink ge­praat, dis iets wat ons el­ke dag aan­moe­dig om se­ker te maak dat Ni­co in die hit­te ge­hi­dreer bly.

Ma­la­ria is nog ’n werk­lik­heid. ’n Deel van die daag­lik­se roe­ti­ne is om hom van kop tot toon met mus­kiet­af­weer­mid­del in te smeer.

Dis ook ’n uit­da­ging om ba­ba­pro­duk­te op te spoor. Doe­ke, vog­doe­kies en poei­er­melk is ge­woon­lik nie be­skik­baar nie – of dis pe­per­duur of C­hi­ne­se na­maak­sels. Dus laai ons ge­woon­lik ons tas­se vol ba­ba­be­no­dig­he­de wan­neer ons in SuidA­fri­ka kui­er.

Die in­ter­na­si­o­na­le ge­meen­skap wat my aan die be­gin so ge­fas­si­neer het, het my nuwe “nor­maal” ge­word. Daar was in my ba­ba­groep meer as 10 ver­skil­len­de na­si­o­na­li­tei­te. Om­dat nie­mand fa­mi­lie hier het nie, voel al hier­die men­se na­der­hand soos fa­mi­lie. Die di­ver­se groep het na­tuur­lik me­nings en ge­brui­ke uit baie ver­skil­len­de oor­de. Ons was een dag by ’n kin­der­par­ty­tjie van ’n In­die­se maat­jie. Hier­die ba­ba eet al van haar eer­ste maal­tyd af ker­rie en skerp kos is glad nie on­ge­woon by so ’n par­ty­tjie nie. Ek en Ni­co het al­bei te laat be­sef wat hy eet en toe is die ar­me man­ne­tjie se mond aan die brand al die pad huis toe en sy boud­jies nog die vol­gen­de og­gend!

Dar-es-Sa­laam is ’n be­to­we­ren­de plek, maar ek weet dit is nie ge­skik vir al­mal nie. Jy moet goed ge­or­ga­ni­seerd wees en be­reid wees om plan B, C of selfs D te aan­vaar. My een vrien­din sê al­tyd “re­lax, no­thin­gisun­der­con­t­rol”, en ek kon nog nooit be­sluit of dit is wat my soms te­rug huis toe wil laat gaan of wat my al­tyd weer laat te­rug­kom nie. Mis­kien moet ek be­sluit as die twee­ling eers hier is!

Kind groot­maak is ’n bie­tjie meer moei­te, want ’n mens moet al­tyd die wa­ter en ma­la­ria in ge­dag­te hou.

Ma­ri­aan (32) en Co­bus (38) een­ja­ri­ge Ni­co, van Zyl met die wat eers­daags ou­boet-van-twee word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.