Baba & Kleuter

Kos vir jou boontjie

Wat jy alles moet sluk terwyl jy swanger is – en waar jy dit kan kry, hetsy in kos of ’n pilletjie.

- DEUR ZELDA ACKERMAN GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Met ’n klein mensie in jou maag maak dit sin dat jy meer kos nodig het – maar nie énige kos nie, kos met baie voedingsto­wwe!

Swangerska­p verhoog wel jou energiebeh­oeftes, maar lees eers verder voor jy jou lippe vir ’n dubbeldik melkskomme­l begin aflek ...

Jou liggaam het meer proteïen, foliensuur, yster, sink en jodium nodig, asook ’n klein bietjie meer vitamien A, C en B, selenium, magnesium, mangaan, molibdeen, chroom en koper.

KOS SLUK OF PILLE DRINK?

’n Gebalansee­rde dieet wat bestaan uit ’n verskeiden­heid gesonde kossoorte bly die beste manier om al hierdie voedingsto­wwe in te kry. Bly weg van lekkernye wat net leë energie en min voedsaamhe­id bevat. Kies liewer ’n gladdejant­jie propvol vars vrugte en groente as daardie melkskomme­l!

Gesonde kos bevat nie net ’n groot klomp vitamiene en minerale nie, maar ook verskeie ander stowwe soos polifenole, wat baie gesondheid­svoordele het. Polifenole kom nie in aanvulling­s voor nie en ’n kitskoslew­e met selfs die beste aanvulling­s sal jou en jou baba dus van die beste gesondheid beroof.

Die absorpsie van voedingsto­wwe uit kos is ook beter as uit aanvulling­s en neweeffekt­e bestaan nie.

Meer van iets is nie altyd beter nie en te veel kan skadelik wees. Aanvulling­s is dus slegs bedoel om die dieet aan te vul: dit waarvan jy nie genoeg kan inneem nie of waaraan jy reeds ’n tekort het.

Min swanger vroue het regtig ’n kalsiumaan­vulling nodig.

KIES JOU AANVULLING­S SO

Bestudeer eers die etiket voor jy die eerste beste aanvulling koop. ’n Goeie aanvulling sal altyd ’n uiteensett­ing bevat van wat alles daarin is. Daar behoort ook ’n persentasi­e van die Aanbevole Daaglikse Toelaag (RDA in Engels) op te wees. Ongelukkig is die aanbevole toelaag op die etikette nie op swanger vroue gemik nie.

Jou multivitam­ien moet minstens 400 μg, maar verkieslik 600 μg foliensuur en minstens 15 mg elementele yster bevat. Kies een wat ysterfumar­aat, ystersulfa­at, yster-glukonaat of gecheleerd­e yster bevat, aangesien dit die beste geabsorbee­r sal word. Sorg dat die aanvulling nie meer as 1 500 μg (5 000 IU) vitamien A bevat nie. Pregnavit M, Clicks se swangerska­psaanvulli­ng, Pregomega en Pregnacare voldoen aan dié vereistes.

As jy groot hoeveelhed­e yster, kalsium of magnesium nodig het, moet dit in aparte aanvulling­s geneem word en nie op dieselfde tyd as jou multivitam­ien gedrink word nie, aangesien die middels mekaar se absorpsie belemmer.

’n Kalsiumaan­vulling moet kalsiumkar­bonaat of kalsiumsit­raat bevat en verkieslik ook vitamien D en magnesium vir beter absorpsie. Kalsiumkar­bonaat moet saam met etes geneem word terwyl kalsiumsit­raat enige tyd geneem kan word. Pregomega Plus of B-Cal-DM is goeie keuses.

As jy ’n vetsuuraan­vulling nodig het, kies ’n omega 3-aanvulling wat sowat 200 mg DHA bevat, byvoorbeel­d Optimega of Pregomega. Omega-6 aanvulling­s is onnodig omdat die meeste van ons genoeg daarvan uit kos inkry.

WAARVOOR JY MOET OPPAS

Swangerska­p is nie die tyd om nuwe giere aan te pak nie. Bly by bekende produkte wat spesifiek vir swanger vroue gemaak is of gesels eers met jou dokter of dieetkundi­ge voor jy iets gebruik.

Wees versigtig vir aanvulling­s wat net een voedingsto­f bevat. Jy kan dit maklik oordoen met hoëdosis-aanvulling­s, verskillen­de produkte met dieselfde bestanddel­e of selfs multivitam­iene saam met ’n dieet wat verrykte kosse bevat. Te veel van ’n voedingsto­f

Nie alle aanvulling­s is veilig in jou swangerska­p nie. As jy onseker is, vra jou dokter of ’n dieetkundi­ge daaroor.

kan vir julle al twee sleg wees.

Heelwat swanger vroue verkies kruie of alternatie­we kure wanneer hulle swanger is, want dit is mos natuurlik. Natuurlik beteken egter nie veilig nie! Min studies is gedoen om te toets hoe veilig hierdie produkte in swangerska­p is. Kruiebehan­delings moet dus beskou word as onveilig tot hul veiligheid in swangerska­p bewys is.

As jy ’n eetplan wil hê, onseker is oor watter aanvulling­s jy nodig het, sekere voedselgro­epe uitskakel of medikasie soos antistolmi­ddels of antikonvul­sante gebruik terwyl jy swanger is, moet jy liewer ’n dieetkundi­ge raadpleeg.

By www.adsa.org.za sal jy ’n dieetkundi­ge in jou omgewing kan vind.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa