Baba & Kleuter

V& A gesondheid

-

My vierjarige dogtertjie aanvaar geen hulp van haar pa nie. Hulle is baie na aan mekaar en sy is baie lief vir hom, maar sy wil nie hê hy moet haar met enigiets help nie; ek moet dit doen. Hy mag haar nie help tande borsel nie, hy mag nie vir haar ’n slaaptydst­orie lees nie en hy mag nie eens ’n bietjie by haar lê voor slaaptyd nie. Hoekom doen sy dit?

LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Dit lyk of kinders spanning abosrbeer en dan onbewustel­ik daaraan uitdrukkin­g gee met veeleisend­e gedrag wat grense toets. Hulle raak dikwels met slaaptyd emosioneel en ontlont so die spanning van die dag.

Kleuters deurloop fases waartydens een ouer bo die ander gestel word. Hulle doen dit om verskeie redes, byvoorbeel­d wanneer ouers se grense onduidelik is. Duidelike, empatiese grense oor voorkeure kan die gety laat draai. Om kinders toe te laat om van ons te verskil en dit uit te druk, gee versekerin­g en versterk binding.

Ek wil voorstel dat pappa, as die verwerpte ouer, deelneem in intieme versorging­saktiwitei­te soos bad- en slaaptydri­tuele. Onthou ook die volgende: • Jou dogtertjie se bewonderin­g is ’n gegewe en haar gedrag is nie teen haar pa persoonlik gemik nie. • Kleuters leef in die oomblik. Jou kind se

verwerping is oppervlakk­ig en tydelik. Sy voel veilig om haar pa te verwerp omdat sy seker is van sy liefde. As verwerpte ouer moet hy nie wys hy voel beledig nie en sy sin vir humor behou. Hy kan iets sê soos: “Ek weet jy wil hê mamma moet jou bad, maar sy is so besig dat jy ongelukkig met my opgeskeep is.” As jul dogtertjie huil, is dit die veiligste om stil te bly en empaties kop te skud om te erken hoe sy voel.

As hy verwerping soos ’n superheld kan hanteer, modelleer hy emosionele volwassenh­eid.

Die voorkeur-ouerrol vereis moed. Stel grense met volkome vertroue in jou keuses en in die verwerpte ouer sodat jou kind dit sal aanvaar. Nes die verwerpte ouer moet die voorkeurou­er die kind se meningsver­skil erken.

Sê iets soos: “Ek hoor jy wil regtig hê ek moet jou vanaand bad, maar ek is nie beskikbaar om dit te doen nie. Pappa is die een wat jou vanaand gaan bad.”

’n Kleuter se verwerping is tydelik. Sy voel veilig om haar pa te verwerp omdat sy verseker is van sy liefde.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa