Baba & Kleuter

Towerhande

Dit is nooit te vroeg om jou baba te begin masseer nie en dit hou boonop talle voordele vir jou kleinding in. Ons wys jou hoe.

- DEUR TINA OTTE , GESERTIFIS­EERDE BABAMASSER­INGSINSTRU­KTEUR

Van al die sintuie is die aanrakings­intuig die een wat met geboorte die beste ontwikkel is. Babas het baie tasstimula­sie nodig om oor die wêreld om hulle te leer. Aanraking word beskou as die hoof-integreerd­er van sintuie. Dit kan kommunikas­ie tussen die binneste en buitenste terugvoers­telsels tot stand bring en onderhou. Wanneer jy aan jou baba raak, help jy nie net haar algemene gesonde ontwikkeli­ng aan nie, maar ook haar breinontwi­kkeling.

Diep, stadige streling oor jou baba se lyfie laat haar ontspan en bedaar, terwyl ligte, vinnige aanraking haar weer stimuleer. Raak met ’n verskeiden­heid teksture aan jou baba: vee saggies met wollerige handskoene, streel met ’n veer, of gebruik ’n sagte nuwe verfkwas om haar lyfie te borsel. Vryf oor jou baba se hande en voete terwyl jy speletjies speel wat pret en laggies sal aanmoedig, soos “Dié klein varkie…”. Dis ’n goeie idee om saam met jou baba na oefen- en masseerkla­sse te gaan. Babaoefeni­nge versterk nie net jou baba se liggaam nie, maar leer haar ook hoe haar lyfie in ruimte beweeg.

LANG BENE

Ondersteun jou baba se bene deur hulle met een hand aan die enkel vas te hou met die been in ’n effens gestrekte posisie. Hou met die ander hand jou baba se been stewig by die heup vas en beweeg daardie hand dan stadig maar ferm tot by die enkel. Ruil hande en doen dieselfde met baba se binnebeen. Herhaal die bewegings drie keer met elke been. Dié oefening sorg dat die ledemate warm word en verskuif spanning weg van die liggaam. Dit versterk die spiere en ligamente, wat jou baba later sal help om gewig te dra.

 ??  ??
 ??  ?? Hou jou baba se velletjie vogtig met Baby Dove se nuwe babaproduk­te wat by kleinhande­laars en babawinkel­s te kry is. Baby Dove Rich Moisture Lotion R48,99 (200 ml), Baby Dove Sensitive Lotion R48,99 (200 ml), Baby Dove Head to Toe Wash R64,99 (400 ml)...
Hou jou baba se velletjie vogtig met Baby Dove se nuwe babaproduk­te wat by kleinhande­laars en babawinkel­s te kry is. Baby Dove Rich Moisture Lotion R48,99 (200 ml), Baby Dove Sensitive Lotion R48,99 (200 ml), Baby Dove Head to Toe Wash R64,99 (400 ml)...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa